Author Topic: Musikale gene oorheers  (Read 15298 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Musikale gene oorheers
« on: September 06, 2012, 05:08:39 AM »
As ons klein prinsie kom kuier (amper drie) is hierdie sy groot tydverdryf. Skuif hy voor die klavier in en dan hang ouma en sussie se monde oop terwyl die mannetjie agter die klawers vergeet van alles om hom :love7: :hello2: hy skep sy eie deuntjie, asof vanuit die bladmusiek voor hom. Kyk die houding van die kleine handjies en sy sussie se uitdrukkings!!







« Last Edit: September 06, 2012, 05:13:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #1 on: September 06, 2012, 05:51:53 AM »
Daardie  wakker ogies spreek van inteligensie en entosiasme.  Werklike seëninge Raaitjie.  Die kleingoed word so vinnig groot. 
Baie dankie dat jy dit deel met ons.  Dit is 'n voorreg. 

Dit is sulke tye wat 'n mens 'n bandopnemer byderhand moet hê.  Dan skryf jy sommer prinsie se komposisies neer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #2 on: September 06, 2012, 02:52:24 PM »
Kostelik. :-)

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #3 on: September 06, 2012, 10:50:27 PM »
Hy word hierdie maand drie volle jare oud  :toothy4: en het 'n vreeslike verbeelding. Dit is so belewenis om hom voor die klavier te sien. Soms is die handjies se aanraking op die klawers so lig soos 'n vlinder wat land op 'n blaar en dan dawer die klanke weer en buig die skouertjies vooroor terwyl konsentrasie daai wakker ogies nog groter laat rek. Hy verloor homself in sy komposisies. Outop een foto gekry waar hy na sy 'opvoering' so vooroor buig na sy pappa toe: Now THAT is music hehehe en vir my: wanna hear more of my music ouma?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #4 on: September 07, 2012, 06:31:37 AM »
Kyk nou net hoe glip die tyd verby. 

Vir my kinders is hierdie foto's en opnames 'n kleinnoot.  As hulle bymekaar is hoor jy hulle lag.  Hulle sit behoorlik "koppe bymekaar" oor al die albums en opnames.  Ek is so dankbaar dat ek 'n rukkie gelede al hul albums vir hulle gegee het, anders was dit nou saam met myne onder in die "fish pond". 

Dit is wonderlik dat kleinman in so 'n atmosfeer van "jy doen goed" groot word.  Julle sal nog die vrugte daarvan pluk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #5 on: September 09, 2012, 12:17:03 AM »
Kosbaar verby! Ek sien jou kinders in die gees  :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #6 on: September 13, 2015, 10:57:52 AM »
Filang hierdie ouma darem vanaand dukstukke. Die kabouters sit nou in Amerika en die eens dawerende klawers swyg doods....  :crybaby2:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #7 on: September 13, 2015, 05:24:29 PM »
Aitsa. Ek sou baie graag musiek talent wou hê. St 8 was ek uit die skoolkoor geskors, ek sing altyd vals, en ek sukkel om te dans, ( kan so effens wals) want ek het nie eers ritme om ordentlik aan 'n deur te klop nie. Ek bewonder mense wat instrumente kan speel en die mooiste klanke daaruit optower,  veral die wat hulle self leer op gehoor.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #8 on: September 14, 2015, 11:42:23 AM »
Giggel ek vir jou 'ek het nie eers ritme om aan 'n deur te klop nie...'  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #9 on: September 15, 2015, 01:19:17 PM »
Kyk nou hoeveel jare later!  Die erfie is kosbaar nê!

Weet ek nie presies hoe jy voel nie?   :crybaby2:  (((((DRUKKIE)))))
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #10 on: September 15, 2015, 11:12:44 PM »
Ai mater, dankie vir drukkie en ek weet jy ken hierdie filange in mens se hart. Dit is hoeka mos verby verlang. Mens moet staatmaak op die kierietjie 'f' om jouself te troos die kinders gaan vooruit. Die laaste aand wat die niggies en nefies saamgekuier het voor die groot uittog, was dit dan ook ynste symste. Ons prinsessie het 'n regte klein aktrise geword - haar gesigsuitdrukkings laat my gewoonlik proes agter die kamera en net een van die hordes klikbekbewyse (lief daardie woord van jou nog allie pad) is nie uit fokus nie lol.




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #11 on: September 18, 2015, 01:45:48 PM »
Dit is ongelooflik kosbaar Raaitjie.   :love7:

Ons sal nou ons jongste seun en skoondoggie met die twee dogtertjies oor Desembermaand sien.  Ons sien so uit daarna.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #12 on: September 18, 2015, 09:27:38 PM »
Ek glo julle tel al die slapies opgewonde af  :love7: :hello2:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #13 on: May 09, 2019, 10:26:13 AM »
Ons klein Amerikaansie prinsie het sy eerste viool uitvoering. Die ouma se hart wil bars.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Musikale gene oorheers
« Reply #14 on: May 09, 2019, 05:09:09 PM »
Ag ptagtig!  Jy is 'n trotse ouma met die reg daartoe.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.