Author Topic: Wat nog?  (Read 9040 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #15 on: September 04, 2012, 12:51:42 PM »
Dit is baie vreemd.  Nadat die vloed deur die huis is, was ek die volgende oggend baie jammer vir die huis.  (Eintlik was dit maar net bedekte selfbejammering.)  Toe ons in die plek instap, nadat ons gaan "gum boots" koop het, het die druppels van die plafon af gedrup en straaltjies teen die mure en vensters gemaak.  Ek het in trane uitgebars en vir Hannes gesê: "Ons huis huil". 
Na nog 'n paar dae was ek "vies" vir die plek.  Dit is 'n gevoel wat ek nie kan beskryf nie.  Al hierdie emosies wat ek beleef het, wat irrassioneel is.  My brein was in 'n maalkolk, (en ek dink dit is dalk waar ek die skade opgedoen het  :icon_biggrin: ) Jy sien maar jy begryp dit nie.  Die elektriese- en elektroniese toerusting het die een na die ander ingegee.  Bo teen die mure waar dit by die dak bymekaar kom het swart alge begin vorm.  Alles het net gelyk asof daar niks meer te red is nie. 

Adelé, ek het ook vir Hannes gesê dat daar weer ander verbeterings is wat 'n mens aan 'n ander huis moet maak.  Ek het nou die meeste van die sleg verwerk en sal maar stelselmatig begin om alles weer reg te kry.  Dalk voor Kersfees?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #16 on: September 04, 2012, 11:54:29 PM »
Geniet ek met simpatie in oorvloed, jou beelde woorde PM! Adele jou 'ge-skade' is geskaai hoor  :notworthy: :book1:
Hmmm ek moet net gou vir Willa eers in die hande kry om te reel dat ons die skypeskoeters aan die brand skop sodat ek die woordeboek se program kan baasraak voor ek verder steel!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #17 on: September 05, 2012, 06:29:07 AM »
As die program te moeilik is dan moet ons 'n ander een kry Raaitjie.  Ek wonder of Willa weet wat die vorige woordeboek se formaat was.  Dalk is dit moontlik dat sy dit kan implimenteer. 

Gister was die versekering se ingeneur hier.  Groot was my verbasing toe ek vra of ek 'n afskrif van sy verslag kan kry en hy antwoord nee.  Hoekom nie?  Want hulle betaal hom en hy maak net aanbevelings, dit is vir hulle om te besluit wat gedoen sal word en wat nie.  Nou moet ons ons eie ingeneur aanstel.  Is dit nou nie die grootste klug nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #18 on: September 05, 2012, 06:38:36 AM »
Ek probeer my bes met die huidige program maar het die gevoel dit is nie baie prakties soos ons vorige woordskuur nie. Sal sien as sy vir my bietjie meer beduie het.

PM dalkies kan jy ietsie probeer plaas asb en kyk of jy nie beter regkom as ek nie alles wat ons wil bewaar is hier op die forum en die afdelings is daar in die skuur wat ek geskep het. As ek langerige posts maak word dit vanself opgebreek in paragrawe waar dit slegs ondermekaar plasings moet wees. Voel ek nes pampoen hoor  :icon_biggrin:

Ek het nie pyne gehad met vorige boekie van woorde se program. Oorle mac het vir my stap vir stap uiteengesit en verder was dit slegs vir opraap en gaan bewaar. Hoe ouer mens word hoe moeiliker leer jy  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 05, 2012, 06:44:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #19 on: September 05, 2012, 06:48:11 AM »
Ek sal 'n briefie vir Willa gooi.  Dalk kan sy dit vervang. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #20 on: September 05, 2012, 06:55:13 AM »
Dalk moet jy net eers byvoorbeeld Naas se werksoek dinge probeer plaas en kyk hoe dit vir jou lyk/werk. Ek wil haar nie onnodig pla oor ek stadig is met nuwe program se leer  :icon_bigsmurf: as jy dan ook voel dit werk nie lekker nie kan ons probeer om dit meer vriendelike manier vir ons te skep?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #21 on: September 05, 2012, 07:02:41 AM »
Ek het reeds die briefie gestuur en vir jou 'n afskrif.  Ons sal hoor wat seg sy.  Ek skrik ook vir nuwe programme.  Intussen sal ek weer gaan kyk of ek kan regkom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #22 on: September 06, 2012, 10:43:30 AM »
Toe hael dit vanoggen so tweeuur se kant dan die biesies bewe.  Gelukkig was dit fyn hael maar dit lê opgedam in en voor die geute.  Vanoggend lyk dit of dit gesneeu het.   :icon_scratch: 
Mense het vir ons vertel dit hael nie in hierdie area nie.  Hoe nou?  Lyk my moeder natuur het PMS.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #23 on: September 07, 2012, 06:45:59 AM »
Gistermiddag tweeuur toe word dit donker.  Half drie toe is dit donker.  Dit reën en dit hael vir 'n vale.  Die geute pak op van die hael en alles oorstroom weer 'n keer.  Ons hoor oor die radio (die GPF radio) hoe mense se huise vol water is, die karre stilstaan, die water by die deure inkom.  Die wind het bome omgewaai en die rivier loop oor die brug.  Die krag is af en die robotte is dooi.  Choas!
Wie van julle het ook probleme ondervind met die reën en die hael?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat nog?
« Reply #24 on: September 07, 2012, 06:07:40 PM »
 :hello:

Ek is jammer oor die nuwe by die ou skade.

Ons het net lieflike, lieflike reën gehad, maar die vorige dag se reën het ook saam met 'n kragonderbreking gegaan. Gelukkig hou ek van kerse. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #25 on: September 07, 2012, 09:02:34 PM »
Gelukkig het ons geen nuwe skade nie Fransi.  Niks is nog herstel nie.  Ons het maar net weer gewens die eerste water was so mooi skoon soos die reënwater, want dit was die modder en die klippe en takke in die bergwater wat die meeste skade aangerig het. 
Ons is nou net baie jammer vir die ouens wat waterskade gekry het.  Ons besef tog terdeë waardeur hulle gaan.
Om te weet is om te verstaan.