Author Topic: Wat nog?  (Read 9042 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wat nog?
« on: September 01, 2012, 08:05:32 PM »
Vanoggend toe ons wakker word lê daar 'n groot gat voor die agterdeur en gaap vir ons.  Goeiste, wat nog?
Ons het inderhaas 'n loodgieter bymekaar geskraap en by nadere ondersoek het die pype van die kombuis na die drein "ingegee".  Dit het die hele dag geneem om oop te grou en te herstel. 
Ek wonder nou net wat is volgende?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #1 on: September 01, 2012, 11:17:10 PM »
Oeeeee aarde mater. Hou kop!! Ek hoop en bid niks loop nog verder skeef of val inmekaar nie. Sowaar is dit nou genoeg man.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #2 on: September 02, 2012, 01:53:33 AM »
Die oumense het  mos gesê dit kom in drie's.  Dit kan nou net klaar wees. 
Ons is regtig nou baie sterk en baie geduldig.   :notworthy:    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #3 on: September 02, 2012, 01:55:07 AM »
Sien ek nog my ouma as iets skeefloop, gryp sy naaste twee bottels en gaan gooi dit stukkend. Dan seg sy kry jou ry duiwel! Daar's nou drie ongelukke verby. Skoert!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #4 on: September 02, 2012, 02:21:20 AM »
Eish, nie my se bottels nie!   :angel7:   
Ek het ook darem iets gehad om oor te lag.  Die manne wat toe kom help het (al die blankes het seker rugby gekyk) se "besigheid" se naam is Kafferboeties.  Die een, Samuel, praat die mooiste Afrikaans.  Ek vra vir sy kolega of hy 'n "measuring tape soek", sal die klein klits nie vir my sê:  U bedoel seker "'n maatband benodig".  Ek dag ek val agteroor. 
Toe doen ek dit weer:  Ek sal jou bel.  "Skakel     bedoel mevrou."
Die werk is uitstekend gedoen teen 'n fraksie van die prys. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #5 on: September 02, 2012, 02:24:02 AM »
Kan jy dit nou oorvertel!!  :hello2: :love7: Wens ek kon jou gesig sien  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #6 on: September 02, 2012, 02:36:10 AM »
Eerstens is dit 'n goeie les en tweedens geniet ek dit terdeë om my taal so suiwer te hoor. 

Dit laat my so dink aan die vrou wat die buurman se tuinjong gevra het om haar te help om die plantjies wat sy die middag gekoop het, te plant.  Sy bied hom toe 'n blikbeker koffie en 'n paar lekker dik snye bruinbrood aan.
Op die vraag, hoekom is jy nog so laat hier langsaan besig, waar kry jy nog 'n bus hierdie tyd van die middag - antwoord hy dat hy die nuwe buurman is, dokter so-en-so.   :color:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #7 on: September 02, 2012, 02:37:49 AM »
 :icon_bigsmurf: Eina pyn!!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #8 on: September 02, 2012, 05:41:05 PM »
Jitty, PM, wat kan nou nog verkeerd gaan?
Jy kan bly wees jy het daardie Kafferboetie-ouens op 'n Saterdag gekry om te help.
Hoop alle pype en vloere en mure en dakke is nou splinternuut oorgedoen.  O ja, ook die teels.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #9 on: September 03, 2012, 07:13:55 AM »
Ja, ons het die ou "potgietpype" met plastiese pype vervang. 

Toe ons die huis besigtig het, het daar 'n skottelgoedwasser voor 'n aaklige oop drein gestaan. Dit was eers toe ons ingetrek het dat ons dit gesien het.  Langs die wasbak, in die hoek, 60 x60cm vierkant en seker so 80cm diep.
Daarin was 'n "kontrepsie" wat minstens een maal 'n week leeggemaak moes word.  Ek moes op my knieë staan, laag afbuk om dit by te kom en dan al die afval in 'n emmer gooi om dit in 'n buite drein leeg te maak.  Dit was 'n aaklike gemors. 
Nou het ons sommer van die geleentheid gebruik gemaak om 'n steekoog daar in te sit en daardie gat opgevul met sement.  Sien u nou, elke nadeel het 'n voordeel.   :hello2:

Voorlaasweek se lekkende pyp is reggemaak en die dreinpype is herstel, vir die res wag ons nog.  Dinsdagmiddag kom die konstruksie-ingeneur om 'n verslag te skryf oor die huis se fondasies.  Van die vloere en mure het gekraak. Die sitkamer se dakbalk het skeure in en die muur bokant die voordeur het gebars.  Hy moet eers vir ons 'n oplossing vir die probleem gee, dan sal ons hoor wat seg die versekering.  Dit gaan nog 'n rukkie neem hoor!  As die geveg verby is en ek het nog tanne in my mond en hare op my kop,  :icon_biggrin: sal ons begin om plek reg te maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wat nog?
« Reply #10 on: September 03, 2012, 07:56:59 PM »
as dit 'n motor was het hulle hom afgeskryf   :dontknow: 
gaan julle plek nog veilig wees na 'n paar jaar? as die fondasies ge-skade het...
    [soek 'n drukkie-gesiggie] sterkte vriendin    :love7:   

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #11 on: September 04, 2012, 07:21:46 AM »
Glimlag ek vir jou "ge-skade het".   :toothy4:

As die fondasies gesak het, in so 'n mate dat dit nie meer veilig is nie, sal daar op die hoeke van die huis, gate gegrou moet word, onder die bestaande fondasie in.  Daar word dan sement ingepomp om die fondasie te stut. 
Ek hoop van harte dat dit nie nodig sal wees nie, want dan gaan jy 'n groot gemors sien. 
Die huis is darem al 'n hele paar jaar oud en daardie tyd was nog goeie fondasies gegrou en met goeie sement opgevul. 
Drieuur vanmiddag.  Dit voel soos 'n ewigheid wat ons gewag het vir die konstuksie-ingeneur.  Vandag is die dag.

Gister seg iemand vir my, as dit sy huis was het hy dit verkoop.  My antwoord:  Is jy nou verspot? Ons moet net nog die fondasies, dakbalke en die krag uitsorteer dan is die huis so goed soos nuut.  As ons dan nuwe kaste en teels ingesit het, alles mooi geverf het, dan is huisie die mooiste huisie in die buurt.   :icon_biggrin:

Dankie vir die bemoediging Adéle.  Elke drukkie help.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #12 on: September 04, 2012, 07:31:42 AM »
Jy laat my wyd grinnik mater, net dit ... en dat....dan is dit splinternuut  :love7: ((((((( :bootyshake:))))))

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #13 on: September 04, 2012, 07:48:29 AM »
Ja wat Raaitjie.  As ek nie fokus op positief wees nie sal ek mal word.  Ek bedoel maller!  :icon_biggrin:

Ek het gister weer my speelgoed uit die kot gegooi toe dieselfde mannetjie vir my sê:  Die Here sal jou nie meer beproef as wat jy kan verduur nie. 
Ek het vir hom gevra wat het die Here nou hiermee te doen.  Dit was die swaap teen die berg wat die pype verkeerd gelas het, dit was 'n menslike fout, nie die Here wat ons kom beproef het nie.  Eish!

Daar lê nog 'n paar maande se harde werk en baie ongerief voor, maar intussen het ons geweldig baie om voor dankbaar te wees.  Dit help om die las ligter te maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wat nog?
« Reply #14 on: September 04, 2012, 11:33:12 AM »
 :toothy4:   hie hie,   [soek 'n toon inni sand-gatsiggie], ek moes 'n woord maak want ek wou nie se' kraak of bars of skeeftrek of wat-ook-al nie want ek weet mos nie wat alles met fondasies kan foutgaan nie.

ag, vriendin, als reg, ons Vader gee krag, ek vra nie hoekom dinge verkeerd loop nie want ek weet ons bly nie naby die Hemel nie, maar ek weet wat ek al alles deurgemaak het en dat ek altyd genade gekry het om die sleg daarby te verwerk.
en ek giggel    :icon_biggrin:    ook sommer oor julle nuwe huis, dink net hoe sou julle nou 'n ander huis weer regmaak, ja, maar ai, die tyd en frustrasie hierby is ook sleg.     :crybaby2:     tog, dit gaan ook verby.    :love7:   

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #15 on: September 04, 2012, 12:51:42 PM »
Dit is baie vreemd.  Nadat die vloed deur die huis is, was ek die volgende oggend baie jammer vir die huis.  (Eintlik was dit maar net bedekte selfbejammering.)  Toe ons in die plek instap, nadat ons gaan "gum boots" koop het, het die druppels van die plafon af gedrup en straaltjies teen die mure en vensters gemaak.  Ek het in trane uitgebars en vir Hannes gesê: "Ons huis huil". 
Na nog 'n paar dae was ek "vies" vir die plek.  Dit is 'n gevoel wat ek nie kan beskryf nie.  Al hierdie emosies wat ek beleef het, wat irrassioneel is.  My brein was in 'n maalkolk, (en ek dink dit is dalk waar ek die skade opgedoen het  :icon_biggrin: ) Jy sien maar jy begryp dit nie.  Die elektriese- en elektroniese toerusting het die een na die ander ingegee.  Bo teen die mure waar dit by die dak bymekaar kom het swart alge begin vorm.  Alles het net gelyk asof daar niks meer te red is nie. 

Adelé, ek het ook vir Hannes gesê dat daar weer ander verbeterings is wat 'n mens aan 'n ander huis moet maak.  Ek het nou die meeste van die sleg verwerk en sal maar stelselmatig begin om alles weer reg te kry.  Dalk voor Kersfees?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #16 on: September 04, 2012, 11:54:29 PM »
Geniet ek met simpatie in oorvloed, jou beelde woorde PM! Adele jou 'ge-skade' is geskaai hoor  :notworthy: :book1:
Hmmm ek moet net gou vir Willa eers in die hande kry om te reel dat ons die skypeskoeters aan die brand skop sodat ek die woordeboek se program kan baasraak voor ek verder steel!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #17 on: September 05, 2012, 06:29:07 AM »
As die program te moeilik is dan moet ons 'n ander een kry Raaitjie.  Ek wonder of Willa weet wat die vorige woordeboek se formaat was.  Dalk is dit moontlik dat sy dit kan implimenteer. 

Gister was die versekering se ingeneur hier.  Groot was my verbasing toe ek vra of ek 'n afskrif van sy verslag kan kry en hy antwoord nee.  Hoekom nie?  Want hulle betaal hom en hy maak net aanbevelings, dit is vir hulle om te besluit wat gedoen sal word en wat nie.  Nou moet ons ons eie ingeneur aanstel.  Is dit nou nie die grootste klug nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #18 on: September 05, 2012, 06:38:36 AM »
Ek probeer my bes met die huidige program maar het die gevoel dit is nie baie prakties soos ons vorige woordskuur nie. Sal sien as sy vir my bietjie meer beduie het.

PM dalkies kan jy ietsie probeer plaas asb en kyk of jy nie beter regkom as ek nie alles wat ons wil bewaar is hier op die forum en die afdelings is daar in die skuur wat ek geskep het. As ek langerige posts maak word dit vanself opgebreek in paragrawe waar dit slegs ondermekaar plasings moet wees. Voel ek nes pampoen hoor  :icon_biggrin:

Ek het nie pyne gehad met vorige boekie van woorde se program. Oorle mac het vir my stap vir stap uiteengesit en verder was dit slegs vir opraap en gaan bewaar. Hoe ouer mens word hoe moeiliker leer jy  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 05, 2012, 06:44:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #19 on: September 05, 2012, 06:48:11 AM »
Ek sal 'n briefie vir Willa gooi.  Dalk kan sy dit vervang. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat nog?
« Reply #20 on: September 05, 2012, 06:55:13 AM »
Dalk moet jy net eers byvoorbeeld Naas se werksoek dinge probeer plaas en kyk hoe dit vir jou lyk/werk. Ek wil haar nie onnodig pla oor ek stadig is met nuwe program se leer  :icon_bigsmurf: as jy dan ook voel dit werk nie lekker nie kan ons probeer om dit meer vriendelike manier vir ons te skep?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #21 on: September 05, 2012, 07:02:41 AM »
Ek het reeds die briefie gestuur en vir jou 'n afskrif.  Ons sal hoor wat seg sy.  Ek skrik ook vir nuwe programme.  Intussen sal ek weer gaan kyk of ek kan regkom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #22 on: September 06, 2012, 10:43:30 AM »
Toe hael dit vanoggen so tweeuur se kant dan die biesies bewe.  Gelukkig was dit fyn hael maar dit lê opgedam in en voor die geute.  Vanoggend lyk dit of dit gesneeu het.   :icon_scratch: 
Mense het vir ons vertel dit hael nie in hierdie area nie.  Hoe nou?  Lyk my moeder natuur het PMS.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #23 on: September 07, 2012, 06:45:59 AM »
Gistermiddag tweeuur toe word dit donker.  Half drie toe is dit donker.  Dit reën en dit hael vir 'n vale.  Die geute pak op van die hael en alles oorstroom weer 'n keer.  Ons hoor oor die radio (die GPF radio) hoe mense se huise vol water is, die karre stilstaan, die water by die deure inkom.  Die wind het bome omgewaai en die rivier loop oor die brug.  Die krag is af en die robotte is dooi.  Choas!
Wie van julle het ook probleme ondervind met die reën en die hael?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat nog?
« Reply #24 on: September 07, 2012, 06:07:40 PM »
 :hello:

Ek is jammer oor die nuwe by die ou skade.

Ons het net lieflike, lieflike reën gehad, maar die vorige dag se reën het ook saam met 'n kragonderbreking gegaan. Gelukkig hou ek van kerse. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #25 on: September 07, 2012, 09:02:34 PM »
Gelukkig het ons geen nuwe skade nie Fransi.  Niks is nog herstel nie.  Ons het maar net weer gewens die eerste water was so mooi skoon soos die reënwater, want dit was die modder en die klippe en takke in die bergwater wat die meeste skade aangerig het. 
Ons is nou net baie jammer vir die ouens wat waterskade gekry het.  Ons besef tog terdeë waardeur hulle gaan.
Om te weet is om te verstaan.