Author Topic: Bouery by skool vir dowes  (Read 11338 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Bouery by skool vir dowes
« on: September 01, 2012, 07:59:48 PM »
'n Vriend van my is 'n bouer.
Seg hy ander dag vir my ek moet kom kyk hy bou by die skool vir dowes woon kwartiere en hy gebruik bou blokke.
Dis 'n nuwe ontwerp boublokke wat so lyk:



spaar baie arbeid en sement maar die een in bevel se oog moet heeltyd daar wees want sodra daar effens skeef gebou word raak dit al erger skeef soos die werk vorder.



die raampies word ingesit waar die aliminuim rame gaan inkom.





die vloere vir die 2 de gebou



uit België het 'n span studente gekom om te help bou. Hulle gaan in hulle vakansie tyd bou werk doen vir behoeftige plekke enige plek in die wêreld. Hulle gaan op eie koste en  word nie geborg nie. hulle werk met 'n smile op die gesig.



word ook nie betaal vir hulle werk nie



toe ek i week later weer daar kom was die 2 de gebou waar nou die dag vloer gegooi is al so ver.



en die 3 de gebou lyk toe so



hier het hulle gekyk wat se verf sal werk







die vensters word vas gebou



sy dra sement aan vir die vensters se toebou







krag drade word deur getrek



eerste keer wat die 2 dames pleister


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #1 on: September 01, 2012, 08:09:30 PM »
Nou toe nou.  Kyk nou net wat gedoen kan word.  As almal in die land so fluks kan wees kan ons mos net vorentoe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #2 on: September 01, 2012, 08:19:47 PM »
ek stam saam PM

( lyk my is net ek en jy wat normaal of is dit abnormaal is wat nie rugby kyk nie, die res van die forums is stil )

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #3 on: September 01, 2012, 11:15:42 PM »
WOW! Wat 'n pragtige voorbeeld. Ek sien gereeld hier by ons hoe vroue meer as hulle deel doen en dit is so inspirerend. Nou wil ek ook handig raak ... gaan gou vir ons ietsie b(r)ou in die kombuis. Moerkoffie vir iemand?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #4 on: September 02, 2012, 02:05:37 AM »
Dankie Raaitjie, dit sal vorentoe smaak.   :hello2:

Raggas is nou nie juis my ding nie AB en dit is sekerlik abnormaal, maar ek het so in die verbygaan gesien dat Potch nie toeskouers gehad het om van oor huistoe te skryf nie. 
Nee wat, hier in my omgewing is soveel "rusbank-kenners", hulle weet alles en skryf gereeld vir die spelers voor wat om te doen en wat nie om te doen nie.  So asof die ouens hulle kan hoor! Dit gaan met erge emosie gepaard ook nog.   :icon_biggrin:  Ek sit liewers op 'n afstand, waar die "lawaai" 'n bietjie gedemp is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #5 on: September 02, 2012, 08:44:53 AM »
ja PM oor rugby kan ek dlak 'n paar opmerkings maak wat baie ander mense warm onder die kraag sal maak, soos rugby is nie egte sport ne dis 'n speletjie want jy speel rugby en krieket en sokker, wat almal speletjies is soos kennetjie speel.

fietsry is regte sport.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #6 on: September 02, 2012, 08:49:58 AM »
Sport in Engels is "sports".   :icon_biggrin:  Soos in: Jy gaan nog "sports" sien. Vir baie mense is dit alles behalwe speletjies.  Die kompetisie is verbete. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #7 on: September 02, 2012, 11:31:39 AM »
Hoekom ek seg dis speletjies is oorlat mens speletjies speel soos

 kaart speel
 skaak speel
kennetjie speel
rugby speel
wegkruipertjie speel
krieket speel
donkerkamertjie speel

 en so meer

dis net (ongelukkig so)  dat sommige mense hulle so vreeslik kan opwerk oor sommige speletjies dat mens sal dink dat die speletjie ( veral rugby, sokker en krieket in SA) 'n godsdiens is en op klomp plekke in ons land ( en die wêreld) tempels het met name soos Loftus Versveld, Nuweland, Kingspark ens. Op sommige dae kom klomp mense dan daar bymekaar en "aanbid" die afgode met verskillende name soos "pirates" "sharks" "bulle" "liverpool"  en die hoofafgod se naam is iets wat hulle dink is "sport" ipv speletjie.

Pm Jyt geseg: " maar ek het so in die verbygaan gesien dat Potch nie toeskouers gehad het om van oor huistoe te skryf nie." Wat het dan nou waneer by Potch moes gebeur het?

Jy praat van "rusbank - kenners" ek praat weer van rusbank sportmanne. Is vir my eintlik ironies, die manne wat so vertel hoe hulle in sport belangstel en so praat asof hy self 'n sportman is ( tel vir sommige vroue ook) en so praat asof hy deel van die span is, maar eintlik is hy so onfiks en oorgweig in sy lewe soos nog nooit tevore nie en al wat hy eintlik doen is om te kyk hoe ander mense speletjies speel. Ja ek stry nie die speletjies ( as jy fisiek deelneem) maak darem die wat speel lekker fiks.
Ja dis nogal ironies hoe die mense skree en raas op die TV wanneer hulle sport ( rugby) kyk en dan weet elkeen beter as die spelers en afrigters hoe daar gespeel moet word. Gepraat van dit klink of een deel is van die span wat speel. ek hoor gereeld die een ou seg vir die ander ou wat 'n ander span ondersteun: as ons julle saterdag wen is ons voor op die "log"met punte of as ons net kan uithou vir die volle tyd en julle het 'n besering van "wie ook al"

Nou die dag seg ek vir 2 manne toe ons juis oor rugby kyk op TV praat: ek seg hulle: julle kyk so rugby maar eintlik geniet julle dit glad nie. Hoe so vra die een en ek sê ek kan mos sien en hoof almal wat so rugby kyk geniet dit glad nie want tydens die wedstryd raak julle kwaad en skree op die spelers en skeidsregter en is vies vir die afrigter oor hy verkeerde mense gekies het. Na die tyd kla julle oor hulle moes liewer so of so gemaak het, byna nooit iets positief nie altyd net negatief en as mens negatief is oor iets dan geniet jy dit nie rerig nie. Ek kan nie glo dat mense hulle self so emosioneel kan opwerk oor iets waaraan hulle geen deel het nie. die span wat hulle ondersteun weet nie eers van hom nie en sy ondersteuning gaan nie maak dat hulle wen of verloor of beter speel nie. Nee wat dit gens vir my aan belaglikheid.


Aan die ander kant vat vir my, ek is al entjie oor die 50, ek doen sport al word dit nie as sport ge erken nie. ek gaan see toe, ek stap 2,5 km langs die see tot waar ek duik en dan swem ek 90 na 120 minute op soek na kreef en ek bring kreef uit kant toe. ek speel nie duik nie, ek duik en ek doen oefening, kyk nie op 'n rusbank hoe ander iets doen of speel nie, en na die tyd is ek vrek moeg. 'n ou duik  vriend van my, Nikie Smit, (seker so 33 jr oud nou) wat profesionele rugby ( 8 ste man en flank) in Frankryk speel duik soms saam met my wanneer hy vir sy ouers kom kuier. Hy sê na so 'n duik sessie dat die duikery is meer uitputtend as 'n rugby wedstryd.


hoekom ek seg dis net 'n speletjie het ek hier bo geskryf en hoekom ek seg die ander is sport

jy kan nie fietsry speel nie jy ry fiets
jy kan nie duik speel nie jy duik
jy kan nie swem speel nie jy swem
jy kan nie piesgooi speel nie jy gooi daai spies.

as jy luister hoe kinders praat ( ons het so gepraat)
as ek my pa gevra het of ek by Niel kan gaan speel ( bure se klong) dan het ek en hy rugby of krieket gespeel.
as ek wou gaan swem dan het ek gesê kan ek gaan ek wil gaan swem ( nie swem speel nie)

of as ek en hy 'n draai met die fietse wil gaan ry het ek gevra ek en niel wil gaan fietsry eni ons wil fietsry speel nie.
maar as ek daar wou gaan kaart speel of rugby of krieket of rolbal of wat ook al het ek gevra ek wil gaan speel by hom.

jammer as ek op tone getrap het maar dis maar my siening en jammer vir die lang relaas....dlak hoort dit onder 'n nader onderwerp?
lekker dag tot weer siens






Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #8 on: September 03, 2012, 06:47:33 AM »
Gelukkig is ons almal volwasse deelnemers AB.  Elkeen is geregtig op sy eie opinie en niemand word vir niemand kwaad hier nie. 
Die onderwerp is net reg hier.

My een oom was so verslaaf aan sportkyk.  Sy seuns was almal uitblinkers op die sportveld en toe hy begin siek word, (het nou so twee jaar gelede gegroet) was die sportkanale vir hom 'n uitkoms. 

'n Ander oom, (nie my oom nie  :icon_biggrin: ) verkoop hout van sy huis af, maar vergeet dit, hy kyk Saterdae rugby.  Gaan vroeg of gaan iewers anders heen vir hout.

Ek geniet dit as mense om my mal is oor 'n sport en daarna kyk terwyl ons as gaste daar kuier of hulle hier kuier.  Dan het ek 'n goeie verskoning om gou weg te loop na my rekenaar toe.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #9 on: September 03, 2012, 07:35:14 PM »
my lekkerste midaag of vroeg aan uilyjie knip is waneer ander rugby kyk en ja ook ek voel nie skuldig as ek op die forums karring terwyl ander rugby kyk nie.....dis seker ewe onbeskof?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #10 on: September 04, 2012, 08:01:58 AM »
Ek hou daarvan    ewe onbeskof  hê-hê! 
Jy lees of blaai ook nie deur 'n tydskrif in 'n geselskap nie.  Slegs as jy iets vir almal in die geselskap voorlees.

Ek sal nooit vergeet hoe my pa vir ons "voorgelees" het nie.  Ek praat nou nie van boekevat nie.
Hy het 'n tydskrif geneem en 'n artikel begin lees:  "Die saak staan so, in Ouma se broek, die raadslid van Bronkhorstspruit, in Oupa se broek, het die volgende aankondigings gemaak, in Ouma se broek" ens.
Ons as kinders het gekruip soos ons lag.  Dit was kostelik.  Hoe meer ons gelag het hoe meer het ons ouers vir ons gelag en ek mis daardie saamlagdae. 

Baie van vandag se mense verstaan nie mooi van goeie maniere nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #11 on: September 04, 2012, 11:56:42 PM »
Heheheh. Goeie maniere. Ek gaan vir ons koffie maak, wie ook al veselrige peuselding het moet seblief saambring. Wil bietjie my speelgoed uit die kot gooi oor goeie maniere maar ek wil nie ewe onbeskof, alleen beswaard raak nie  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 05, 2012, 12:04:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #12 on: September 05, 2012, 06:21:49 AM »
Hier is gesondheids beskuit.  (As 'n mens so iets kry.  :icon_biggrin: )

Dalk is dit net omdat ons heelwat anders grootgemaak is.  Daar was nie genade nie.  Die gemeenskap het kinders opgevoed.  Enige grootmens het die reg gehad om jou sommer 'n oorveeg te gee as jy jou nie goed gedra het nie.  As jou ouers daarvan gehoor het, het jy nog 'n goeie drag slae gekry.
Vandag se kinders vertel gou vir jou dat jy hulle respek moet verdien anders word jy net nie gerespekteer nie. 
Mense ken nie meer hulle tyd nie.  Dit is nie snaaks om 'n vergadering by te woon en dit begin 45 minute later as wat die bepaalde tyd is nie. 
Mense moet 'n sekere tyd begin werk en kom altoos laat. 
Daar is nie meer dissepline nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #13 on: September 05, 2012, 07:10:45 AM »
As kinders nog betrokke raak by gemeenskapsdiens soos hierdie jongmeisies op AB se fotos sal dinge dalkies ook verbeter maar ons kinders het lui geword. Speletjies wat net hulle duime oefen en meester se lat wat weggepak is, was glad nie goeie dinge nie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bouery by skool vir dowes
« Reply #14 on: September 05, 2012, 07:59:59 AM »
Op die platteland is daar nog lewe buite die kassie.  Of dit nou 'n selfoonkassie of 'n tv-kassie of 'n rekenaarkassie is, dit bly 'n kassie.   :icon_biggrin:
Hier in die stede gaan dit net kassie-kassie.  'n Mens sien ook hoe die kinders soos kassies begin lyk omdat daar nie aktiwiteit is nie. 
Om te weet is om te verstaan.