Author Topic: Juffrou se Engeltjie!  (Read 2918 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Juffrou se Engeltjie!
« on: May 18, 2011, 08:21:11 PM »
Vanoggend, toe die nag verdwyn
het mammie jou kom wakker maak.
Toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn.

Jou oggend gebedjie, uit jou hartjie so rein,
Was vir jou ‘n belangrike saak,
vanoggend, toe die nag verdwyn

Nou staan jy hier voor my, broos en klein.
My hart versag en jy sien dit raak,
toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn

Jou laggie borrel in my ore soos vonkelwyn
en ek weet ek moet oor jou waak,
vanoggend, toe die nag verdwyn

vandag het ons dalk vreugde, hartseer, pyn,
maar vanoggend toe jy my deur oopmaak,
toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn

Jy, my bondeltjie liefde, teer en rein.
Dit is jy wat my lewe belangrik maak,
Vanoggend, toe die nag verdwyn,
toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #1 on: May 19, 2011, 02:15:46 AM »
Ai man. Dit is pragtig.
Hoop al die kindertjies in jou klas is engeltjies.
 :angel8:
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #2 on: May 19, 2011, 06:28:56 AM »
Soms skryf ek ook fiksie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #3 on: May 19, 2011, 06:43:44 AM »
Daar sien ek die prentjie en dit maak my hart ook week!

 :icon_biggrin:  Die "kindertjies" in Naas se klas!  Engeltjies?   :icon_biggrin:   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #4 on: May 19, 2011, 09:44:11 AM »
Ja PM engeltjies is seker ook nou nie een van die name wat ek die kinders sou gee nie...Baie mooi fiksie Naas  :headbang:  :icon_biggrin:

Wens dat die "engeltjies met 'n B vooraan" in jou klas die "B" sal verloor...

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #5 on: May 19, 2011, 02:49:33 PM »
Nee o hel. Dan's hulle ojane.

 :dontknow: of liksems  :evil6:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #6 on: May 19, 2011, 03:42:09 PM »
 :icon_biggrin: Lekker lag ekke nou, jy is skerp Naas...

Okay laat ek gou verduidelik. In Nederlands as iemand nou nie 'n engeltjie is nie (met anderwoorde teenoorgestelde van 'n engeltjie is) word hulle 'n "Bengeltjie" genoem wat dan die teenoorgestelde is van 'n engeltjie.  :read2:

So al jou ojane en liksems is ook almal Bengeltjies!

 :angel12: soos my prentjie wil voorgee!  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Juffrou se Engeltjie!
« Reply #7 on: May 19, 2011, 04:45:02 PM »
Bengeltjies!  Dit kan werk ja!   :angel12: 

Ons is besig om Ouma se opname "op te neem" en sal dit binnekort op CD plaas.  Sal vir julle 'n kopie saam bring Naas.
Om te weet is om te verstaan.