Author Topic: bitterbessiebossieverlange  (Read 2794 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
bitterbessiebossieverlange
« on: August 26, 2012, 12:55:10 PM »
Tussen bitterbessiebossies
 en naloop trossies,
 dwalend teen berg se hang.
 Waar dassiepis groei,
 waar proteas bloei.
 En tortelduif sang.

 Daar vind jy my wese
 tussen akkedis en kese
 waar my gees ronddwaal.
 Onder granietklipkop
 tel jy my spore op,
 lees jy my hart se taal.

 Nou ken jy my,
 verstaan jy my,
 weet jy my begeer.
 My heimwee en lus,
 my hunker na rus
 in die Boland natuur.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #1 on: November 12, 2018, 12:27:00 AM »
Ek lees her oor gas 617 se skouer end onthou weer my ouma se dassiepis kruietee en skielik is my kopseer en slaaploosheid iets van die verlede. 


 :icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #2 on: November 12, 2018, 12:41:15 AM »
O my glorie Naas, dit is PUIK geskryf. Een van daardie skeppings waar my vingers soek na akkoorde en my hele menswees die ritme ervaar! Smeek vir hardop voorlees.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #3 on: November 12, 2018, 11:06:36 AM »
Oom Naas se Ouma was mos my Oupa se sussie. Vir die wat nie weet hoe die Fandamily in mekaar steek nie.

Oupa het altoos gese: Ousie (Dis hoe hy haar genoem het) kom weer kuier. Nou is geen kruiebos veilig nie en die appels pluk hulself.



 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #4 on: November 12, 2018, 11:11:47 AM »
Ek besef van voor af HOE ons jou oupa se wysheid gemis het Assie. Net tussen ons - wat het van die veeartsie geword?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #5 on: November 12, 2018, 11:28:57 AM »
Man, ek is seker ek het dit gelees en oorverdowend hande geklap.  Laat ek dit nou weer doen.   :hello2:


Naas, jy moet maar 'n botteltjie op jou bedkassie hou en so nou en dan 'n sippie vat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #6 on: November 12, 2018, 11:31:28 AM »
Ek wonder nou oor die gebruik van "Ousie" as troetelnaam. My ma was vir al haar skoonsussies "Ousie" en as kinders het ons gedog dit is haar naam. Vir die niggies en nefies was sy "Antie Ous"  :icon_biggrin:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #7 on: November 12, 2018, 11:37:19 AM »
Nee wat Ta Raaitjie, die het mos 'n ander koei oppie dorp raakgeloop en sy moet maar baie sieklik wees want hy moet glo elke aand daar gaan huisbesoek doen tot laatnag. Ons koeie is skielik nie meer siek genoeg nie. As hy wel moet uitkom vir een van ons diere is dit net woerts warts en dan is hy weer weg in sy handeviervoet bakkie. Drink glo nou net decaf koffie. Oupa se daai decaf goeters tas mens se brein aan dan sien jy later nie meer die mooi innie lewe nie.



 :mumum:




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #8 on: November 12, 2018, 11:39:23 AM »
Hy is ook nie 'n Fransman nie, hy sal niks weet van french kisses en sulke goed nie.  Nee wat, julle is beter af met die predikantjie, of het hy ook ander weivelde gevind?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #9 on: November 12, 2018, 11:45:40 AM »
OOO!!!! Da is so baie goeterse wat gebeur het vandat ek laas hier was.
Nee Antie PM die predikantjie en oupa het mos geestlik in mekaar se hare verstrengel geraak toe hy vir oupa probeer vertel van nagmaal en sulke goete wat ek okkie lekker verstaan nie. (Maar ek sukkel mos maar om my hare donker te hou) En hy het versies aangehaal en toe het Oupa vir hom ook aangehaal.
"Daar staan geskrywe Judas het gegaan en homself gehang." en daar is ook geskrywe "Gaan jy en maak net so."



 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #10 on: November 12, 2018, 12:09:38 PM »
Ja-nee, 'n mens moet liewers nie aan Oupa se verkeerde kant kom staan nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #11 on: November 12, 2018, 12:11:12 PM »
Assie, ek vermoed daai pastortjie is dalk gene gewys verbonde aan die ene wat altyd vir Jonas so vra na huisbesoeke tussen die boere met hulle neuse in die lig soos daai vriendin van jou wat nou die babatjie het. Even te welle die dominee vra dan mos na oorlewing altyd vir Jonas  wat is alles in die kattebak waarop ou Jonas dan terug rapporteer: Die skaap hy es en die ding hy es en daai ding hy es en so aan. Tot hulle stadsbesoeke moes doen en hy weer vra het Jonas mos geantwoord: Au! Die spaarwiel hy essie, die tools hy essie en die jack, hy es o'kie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: bitterbessiebossieverlange
« Reply #12 on: November 12, 2018, 12:14:22 PM »
Daai skaap!  Daai bees vir die kerkemis.  (Kerk se kermis)  Dan kom oom diaken nog 'n kontantjie ook vra en ons eet aartappels.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.