Author Topic: winkelklerk  (Read 3485 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
winkelklerk
« on: August 25, 2012, 08:10:58 AM »
Hoe om 'n suksesvolle winkelklerk te wees

Piet kry werk as winkelklerk. 'n Klant kom in en vra vir 'n blik pruimkonfyt. Piet kyk rond maar kan nie pruimkonfyt kry nie.

"Jammer, mevrou, maar ons het nie pruimkonfyt nie."

Toe die dame uitstap, roep die baas vir piet nader.

"Dis mos nie die manier waarop 'n mens goed verkoop nie," beduie hy. "As daar nie pruimkonfyt is nie, dan sĂȘ jy: 'Jammer, mevrou, die pruimkonfyt is op, maar ons het pas nuwe voorrade druiwe-, appelkoos- en vyekonfyt gekry. Wil u nie daarvan probeer nie?' Verstaan jy?"

"Ja, meneer."

'n Rukkie later stap 'n man die winkel binne en vra vir toiletpapier. Piet soek, maar kan niks kry  nie. "Jammer, meneer, maar ons toiletpapier is op. Ons het wel deurslagpapier, skuurpapier en konfetti. Wil u nie daarvan probeer nie?"

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: winkelklerk
« Reply #1 on: August 25, 2012, 09:40:26 AM »
Ja-nee, daar is nie pille vir dit nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: winkelklerk
« Reply #2 on: August 26, 2012, 09:35:47 AM »
 :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: winkelklerk
« Reply #3 on: August 27, 2012, 11:39:30 PM »
Outoppie amper ons prinsie wakker gelag toe ek hierdie grappe met hom deel by Meisiekind. Internet was te stadig om by almal woordjie van dank te los, nou geniet ek van vooraf en is alweer verkrukkeld gelag  :icon_biggrin: :notworthy:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: winkelklerk
« Reply #4 on: September 01, 2012, 05:11:46 PM »
dis amper soos die winkelklerk wat aan een ou 'n visstok en katrol en boot met trailer en visgereedskap verkoop het.
na die man weg is met sy goed vra die winkel eienaar vir die klerk, kon jy darem als gee wat hy wou gehad het. seg die klerk nee..... een ding was uit voorraad.
vra die eienaar wat was dit, seg die klerk, tamponne.

Vra die eienaar hoe dan so?

seg klerk, hy het kom tamponne koop vir sy vrou, toe seg ek jammer meneer dis uit voorraad maar jou naweek is in elk geval in sy maai jy kan net so wel gaan visvang. seg die klant maar hy het nie die toerusting nie, toe verkoop ek hom 'n stok en katrol en lyn ens hoeke en als wat nodig is en toe seg ek hom hy sal ook 'n boot moet koop om verder van die kant af te kom en  toe maak hy so.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: winkelklerk
« Reply #5 on: September 01, 2012, 08:17:16 PM »
Dit is een van die klassieke grappies.  Ek het dit baie geniet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.