Author Topic: op die eiland  (Read 2367 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
op die eiland
« on: August 25, 2012, 06:32:03 AM »
Koos en die blondine op die eiland

Koos sit al jare lank op 'n eiland gestrand. En hier eendag verskyn 'n beeldskone, wulpse blondine in 'n duikpak op die strand. Sy vra vir hom wanneer laas hy ge-
rook het. "Jare gelede," antwoord hy. Glimlaggend haal sy 'n pakkie sigarette uit haar duikpak uit.

"Wanneer laas het jy ietsie gedrink?" vra sy toe. "Dekades gelede," antwoord hy gretig. Met diè glimlag sy verleidelik en haal 'n bottel brandewyn uit haar duikpak uit.

En net daar trek sy die ritssluiter van die pak af en fluister in 'n hees, verleidelike stem: "En wanneer laas het jy 'n bietjie gespeel?"

"Mapstieks," antwoord Koos beïndruk, "moenie vir my sê jy't nog gholfstokke ook daarin nie!"

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: op die eiland
« Reply #1 on: August 25, 2012, 07:08:10 AM »
Ag Koooooos!
Om te weet is om te verstaan.