Author Topic: skaam  (Read 2663 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
skaam
« on: August 25, 2012, 06:20:51 AM »
Skaam vir sy pa se beroep
Dis die eerste dag van die skooljaar en die nuwe Graad Eentjies se traantjies is afgedroog en almal sit in 'n kring om juffrou. Om die kleintjies heeltemal op hulle gemak te stel besluit Juffrou Suzette om 'n speletjie te speel: 'Wat is jou naam en watse werk doen jou pappa?'
 
Klein Eileen se van is Arends, so sy is eerste aan die beurt.
 
'My naam is Eileen Arends en my pappa is 'n Posmeester.'
 
'Dankie Eileen. Jannie, jy is volgende.'
 
'My naam is Jannie Botha en my pa is 'n mekeniek.'
 
Dankie Jannie, maar onthou, die regte Afrikaanse woord is motorwerktuigkundige.'

Volgende aan die beurt is klein Naas.
 
'My naam is Naas Junior en my pa is 'n .. is 'n  .... Hy dans vir ander omies en trek sy klere uit!' Woeps, gaan sit Naas Junior, ogies op die mat voor hom.
 
Juffrou Suzette is amper uit haar Foschini rok uit geskok en as sy nie 'n wonderbra gedra het nie, was sy dalk meer geskok. Sy begin toe sommer by die agterkant van die alfabet en vra vir Klein Koos Van der Merwe om te sê wat sy pa doen, maar dit is 'n storie vir 'n ander dag.
 
Na skool sien sy klein Naas by die hek staan en wag en gaan buk by hom. 'Naas, is dit regtig waar dat jou pappa ontklee danse doen vir ander mans?'
 
Klein Naas kyk op die grond, na die motors wat ander Graad Eentjies kom haal, na die ou wat oorkant die straat gras sny, orals, maar net nie na Juffrou nie.
 
'Wel Naas, dans jou pappa regtig in 'n gay ........  dans jou pappa regtig?'
 
Naas lig sy traangevulde ogies om na Juffrou te kyk. 'Juffrou, ek was te skaam om te sê my pa was 'n Springbok, die ander outjies sal mos nooit met my speel nie!'

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skaam
« Reply #1 on: August 25, 2012, 06:54:59 AM »
As sy pa dit hoor gaan sy pa nooit weer met hom speel nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.