Author Topic: beesmis  (Read 3095 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
beesmis
« on: August 25, 2012, 06:18:39 AM »
  
Hierdie tyd van die week begin my bêttrie altyd so 'n pap gevoel kry.  Ek sê toe maar weer soos altyd dat ek lus is om soos beesmis te maak.
 
'n Kollega van my ('n regte stadsjapie) verstaan toe nie mooi nie en gee ek toe maar die volgende verduideliking:
 
Min stedelinge weet wat 'n bees is en min mense weet wat 'n vergelyking is:
 
'n Bees is soos 'n hoender.  As ek van hoenders praat, sluit dit mannetjies en wyfies in.  'n Mannetjie hoender is 'n haan en 'n wyfie hoender is 'n hen.  By hoenders is dit nogal interessant dat dit die wyfie is wat met eiers gepla is en nie die mannetjie nie.
 
As mens van beeste praat is daar egter 'n klein verskilletjie.  'n Bees kan 'n mannetjie of 'n wyfie of 'n moffie wees.  'n Moffie bees noem mens 'n os.  'n Baie interessante ding wat osse mens leer is dat  moffies nie gebôre word nie,  maar gemaak word.  Veel interessanter is dat daar nogal baie oor osse geromantiseer word.  Daar is liedjies wat die os besing:  "...rooi afrikaner osse, sien jy om elke draai".  Baie mans hou daarvan om hulle krag met die krag van 'n os te  vergelyk - so sterk soos 'n os.  Daaris ook spreekwoorde soos:  van die os op die jas; van die os op die esel; agteros kom ook in die kraal'; jong osse inspan; nie al jou ossies in die kraal hê nie.  Dus, die os word allerweë as 'n belangrike dier beskou.
 
Die nomale mannetjie bees noem mens 'n bul.  Die bul se liggaamlike eienskappe verskil bietjie van die mens s'n.  'n Bul het normaalweg twee horings (as daar 'n derde een is, moet wyfiebeeste maar lig loop).
 
'n Ander verskynsel is dat 'n bul net een speen het.  As 'n bul gemelk word,  kry mens egter nie melk nie,  maar saad.  Hierdie  saad kan mens nie soos ander saad in 'n tuin plant nie.  Die bul se saad word gevries en dan weer vir 'n moerse klomp geld  verkoop.  Die gevriesde saad word ontdooi en dan in 'n wyfiebees geplant en kom daar weer 'n besie op.  'n Mens moet nie te veel karring met 'n bees se speen nie.
 
'n Wyfiebees noem mens 'n koei.  'n Koei het vier spene.  'n Speen is maar net 'n soort tiet.  'n Koei het egter nie nipples soos 'n menswyfie nie en 'n koei raak ook nie sommer die moer in as 'n man aan haar tiete vat nie.  'n Koei se tiete moet ten minste twee keer per dag getrek word.  'n Koei se tiete hang ook, vandaar die gesegde dat iemand hangtiete het.
 
Ongelukkig is 'n koei nie 'n baie slim dier nie.  As mens iemand wil sleg sê, së jy dat hy (of sy) 'n dom koei is.  Die domheid van 'n koei word verder ten toon gestel as mens met 'n motor op 'n plaaspad ry en daar 'n klomp koeie in die pad is.  Jy kan maar toeter blaas en vloek en skel, die goed gee nie pad nie.  Hulle sal reg voor jou motor gaan staan en jou met so 'n dom uitdrukking op hulle gesig aanstaar terwyl hulle een of ander iets herkou en die slym sulke lang drade by hulle bekke uitloop.   Op hulle eie tyd sal hulle omdraai, stert oplig en net daar in die pad mis.  En van daar die gesegde - "kom ons  wees soos beesmis", en val in die pad...
« Last Edit: August 25, 2012, 06:47:34 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: beesmis
« Reply #1 on: August 25, 2012, 06:51:57 AM »
Kostelik.    menswyfies  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.