Author Topic: dol definisies  (Read 3869 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
dol definisies
« on: August 25, 2012, 06:11:31 AM »
Dol definisies
 
Wat is die definisie van 'n optimis?

Iemand wat die moterwerktuigkundige glo as hy sê die herstelwerk aan sy kar sal nie baie kos nie.
 
Wat is die definisie van 'n pessimis?

 
'n Optimis met ondervinding.
 
Wat is die definisie van ' voetganger?

 
'n Man met twee seuns en een motor.
 
Wat is die definisie van 'n tiener?

Iemand wat alles weet van goed waaroor jy nie eksamen hoef te skryf nie. of iemand wat 'n stoel nader sleep as die telefoon lui.
Wat is die definisie van 'n idioot?

 
Iemand wat die diepte van water met altwee sy voete toets.
 
Wat is die definisie van 'n onderwyseres?

 
Iemand wat vroeër gedink het sy hou van kinders.
 
Wat is die definisie van 'n vis?

 
'n Dier wat dieselfde tyd as die meeste vissermanne gaan vakansie hou.
 
Wat is die definisie van 'n pou?

 
'n Hoenderhaan wat blom.
 
Wat is die definisie van 'n sebra?

 
'n Perd van 'n ander kleur.
 
Wat is die definisie van 'n wurm?

 
'n Insek waarvan die agterpote die voorpote gedurig inhaal.
 
Wat is die definisie van 'n eend?

 
'n Voel wat loop soos iemand wat heeldag perd gery het.
 
Wat is die definisie van etenstyd?

 
Die enigste tyd wanneer 'n kind nie eet nie.
 
Wat is die definisie van 'n plattelandse dorpie?

 
'n Plek waar 'n man met 'n blou-oog nie hoef te verduidelik hoe hy daaraan gekom het nie,  almal weet!
 
Wat is die definisie van 'n tuiste?

 
'n Plek waar jy kan krap as dit jeuk - dit maak nie saak waar nie!
 
Wat is die definisie van teenspoed?

 
Wanneer 'n cool meisie met 'n bikini aan op die strand verbystap  ............... en die wind waai sand in jou oë.
 
Wat is die definisie van 'n telefoon?

 
'n Instrument wat toelaat dat ouens en meisies uitgaan sonder om handjies vas te hou.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: dol definisies
« Reply #1 on: August 25, 2012, 06:43:06 AM »
Dit het nou regtig my oggend opgevroelik en ek wonder of dit kan boek toe gaan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: dol definisies
« Reply #2 on: August 25, 2012, 08:12:31 AM »
gits ek weet nie, daar is seker nie kopiereg op nie of is daar?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: dol definisies
« Reply #3 on: August 25, 2012, 09:41:41 AM »
Die goed doen al soveel jaar die rondte van Vader Cloete, ek glo nie iemand kan dit opeis as sy eie nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: dol definisies
« Reply #4 on: August 25, 2012, 10:01:02 AM »
ek is geneig om saam te stem PM. Dalk moet mens net die opskrif so skryf dat dit iets algemeen is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: dol definisies
« Reply #5 on: August 27, 2012, 05:54:48 AM »
Its soos "Opgepikte definisies"?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: dol definisies
« Reply #6 on: August 27, 2012, 11:37:31 PM »
"Opgepikte definisies" ek sekondeer vir dit!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: dol definisies
« Reply #7 on: August 28, 2012, 04:19:59 AM »
So sal dit dan wees.   :angel12:  (Steel ek sommer Trappies se duiweltjie/engeltjie.  Sy sal dit nie eers agterkom nie.    :toothy4: )
Om te weet is om te verstaan.