Author Topic: Is daar 'n verklaring?  (Read 3782 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Is daar 'n verklaring?
« on: August 18, 2012, 07:28:11 AM »
Dikwels luister ek na mense wat vertel van "wonderlike" dinge wat gebeur het. 
As kind kon ons ure luister na die "oumense" so onverklaarbare stories, soos die "vuurbol" wat hulle dikwels, in die nag, op dieselfde plek  gesien het, of die vrou wat jy langs die pad kon sien staan in haar wit gewaad, wanneer dit reën en as jy weer kyk is sy weg. 

Toe onthou ek.  Toe ek nog 'n kinders was, het my pa 'n nuwe plaas gekoop (geen elektriesetyd nie) en ek wou eerste daar kom om natuurlik die beste kamer vir myself te kies.   :bootyshake:  My pa en my broers was eerste daar en groot was my verbasing toe hulle vir my die beste kamer gelos het!  Tot ek deur die venster kyk en sien die plaasbegraafplaas lê net so 50 tree van my venster af.   :dontknow: 
Nouja, dit is mos wat ek wou hê!  :icon_scratch:
 
Een aand staan ek voor die venster en sien 'n "rooi oog".  Dan sien ek dit en dan sien ek dit nie.  Ek hol na my pa toe met "daar is 'n spook, daar is 'n spook"! en hy kom kyk self. 
Pa sê ons sal moet gaan kyk wat daar aangaan.  ONS?  Hoeveel onse is in Pa se pond?  Ek sit nie my voet daar nie. 
"Ek sal jou twee rand gee en jou hand styf vashou."
Pa steek toe die lantern aan en daar stap ons, ek in skrik en bewing, sleep-sleep half agterna.   
 
Daargekom wys hy vir my dat dit 'n houtstomp is wat nog smeul nadat hulle daardie dag die veld om die begraafplaas afgebrand en skoongemaak het om nuwe landerye te maak. 
Wanneer die windjie waai, word die "oog" rooi en as dit bedaar, verdwyn die "oog" weer.

As ek nie so benoud was nie, sou ek die vonkel in my pa se oog raakgesien het, want hy het dadelik besef dat dit die oorsprong van die "oog" is.   Die les wat hy my geleer het is om die "verskynsel" te ondersoek voordat ek vreesbevange raak. 

Saans maak ek en Hannes 'n vuurtjie. Gisteraand kyk ek oor die huis se dak en ek sien weer daardie "rooi oog". Dan is dit daar, dan is dit weg.  Natuurlik net die rooi waarskuwingsliggie teen die berg wat vir die vliegtuie wys daar is gevaar, wat tussen die bome se blare deur koekeloer en knipoog, in die wind. 



« Last Edit: August 18, 2012, 07:30:14 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #1 on: August 19, 2012, 07:03:06 PM »
dankie vir jou vertelling, dis so lekker om in jou skoene te klim en te voel hoe daardie dogtertjie gevoel het. hoeveel keer was ek nie ook bang vir 'n onbekende 'rooi oog' nie.
tref die gedagte my nou dat ek die laaste weke erg 'struggle' [gee tog 'n Afr woord] om weg te draai van 'n rooi oog. miskien moet ek dit net kans gee om klaar te smeul.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #2 on: August 20, 2012, 07:53:44 AM »
Wroeg is vir my 'n mooi Afrikaanse woord, maar baklei kan dalk ook werk. 
In die laaste tyd het ek my taal sleg afgeskeep.  Dit het seker te doen met die baie "Ingelse" om my.  Ek het net te lui geword om te dink!   :`ip2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #3 on: August 20, 2012, 01:51:01 PM »
wroeg is dalk die begrip wat ek soek,   :read2:    maar ek dink nou aan 'worstel', dit is meer in die lyn van hoe ek voel...gevoel het...en vervlaks soms weer voel. maar gelukkig kry ek soms 'n glimlag    :toothy4:    by ander mense, dan ontspan ek weer.    :wave:   

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #4 on: August 20, 2012, 02:39:11 PM »
Worstel is ook 'n mooi woord. 
Ken jy nie ook sulke staaltjies nie. 

Ek de vieste in vir Naas en AB.  Hulle is so suinig met hul grappies.  Gelukkig het Dawid ons darem laat lag, al was dit van histerie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #5 on: January 08, 2018, 02:07:25 PM »
Pragtig loop ons mekaar raak in die "staaltjie-gleuf" hier op die forum, na 5 jaar! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #6 on: January 08, 2018, 02:10:26 PM »
o jaaa? het jy 'staaltjies' ge-search ?
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #7 on: January 09, 2018, 02:58:11 AM »
Na aanleiding van jou plasing oor 'word staaltjies/stories altyd in die verlede tyd beskryf' het ek ook so bietjie gaan grawe en myself terdee geniet. Ons kultuur is so ryk aan vertellings en die hartseer is dat ons eie families se vertellings verlore sal gaan as ons dit nie iewers deel nie. Sooooooo bly jy het joune gedeel PM  :notworthy: :hello2:

As kind het ons groot geword met spookstories van die delwerye om die groot familietafel met olielamp in die middel. Die bybel eenkant toe gestoot om plek te maak vir die moerkoffie en groot stories. Om dan snags kleinhuisie toe met 'n flikkerende kers te stap was nagmerrie op sy eie voor jou kop nog die kussing op daai hoe kooie kon raak  :icon_bigsmurf:

Ons het vir jare daarna nog die drif met toe oge aangedurf oppad huistoe. Te bang ons sien die perdekar wat (voor die drif) net vier perde gehad het en deur die drif is daar glo skielik ses. Dan kom die draai bo naby Wondergat waar die ligballe op en af speel net daar waar die kindertjies lewendig begrawe was onder in die omgedelfde gruisgat. En ja, daar was ook rooi oge wat kom en gaan...
Adele mater, sterkte met jou eie 'rooi oog'  :love7:

Net voor ek groet - in my soektog na inligting oor staaltjies kom ek op Barend se plasing by die kletskerk:

Daar's mos 'n storie oor Anna Neethling-Pohl wat blykbaar eenkeer vir 'n gehoor van uiters uitgelese dames gesê het: "Mevrouens, julle gaddens!"

En dan is daar mos die storie van "Oom" Piet Cilliers, destyds redakteur van die Burger. Hy was glo maar 'n kort oompie, nes sy broer Prof Gawie (wiskundige, sterrekundige, kerkmusiekkenner) wat ek beter geken het. By een of ander onthaal waar PW Botha hom ge-corner het en sommer begin uittrap het oor een of ander berig in die koerant, het hy hom glo tot sy volle lengte uitgerek, sodat hy darem vir PW in die oë kon kyk en hard en duidelik gesê: "Meneer Botha, u moer!"

« Last Edit: January 09, 2018, 03:14:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is daar 'n verklaring?
« Reply #8 on: January 10, 2018, 01:53:26 PM »
Pragtig.  Het ek weer geniet soos van ouds.  Dankie matertjie.
Om te weet is om te verstaan.