Author Topic: Kry jy soms ongewenste besoekers?  (Read 5096 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kry jy soms ongewenste besoekers?
« on: December 04, 2011, 08:19:12 AM »
Ek is van daardie boring soort wat wil weet wanneer jy vir my wil kom kuier.
Boring ne... maar ek hou nie van verrassings by my deur nie. Ek is nou nie van die soort wat melk en koekies aanhou en die kussings le nie altyd almal op die bank mooi uitgepak nie.
Nou kan jy ook se dat ek twee persoonlikhede het wat my huis betref:  Een vir myself en een vir besoekers.  Hoekom nie?  Dis tog my plek en ek maak daar wat ek wil as ek alleen is.  Vir my besoekers is my plek netjies en ek sorg dat ek jou kan entertain op tee en koffie en cupcakes en 'n soutdingetjie.
Wat my uit freak is mense wat op jou kusdorp-huis opdaag en dan 'verrassing'!!! skree met hul blomhemde en jannas aan en die kinders bondel uit die kar en skree vir kos want hulle is honger en het omtrent nooit langs die pad gestop nie.  Die hond spring ook uit en lig onmiddelik sy been teen jou stoep-palm, snuif snuif oral en maak ook 'n draai om jou bene en grom vir jou Persiese kat op die bank. Hierdie hond slaap gewoonlik op jou bed en daar word verwag dat Wagter ook op jou nuwe Presles deken mag le met sy nat seewater lyf deur die dag as dit warm is. Ag nee vrek. Daai hond (of moet ek die eienaar) gee ek gif met die eerste geleentheid.
Hierdie mense is gewoonlik arrogant as dit kom by help in die huis en bydra tot kos, krag en water. Wanneer hulle huistoe gaan na twee weke se lekker kuier en uitrus, is jy OP en BANKROT.  Van jou word verwag om hulle oral te gaan wys en 'ons moet bietjie by daai restaurant gaan eet' te neem en dan sommer te betaal want hulle is dan nou die gaste.

Ek besoek slegs as ek met jou gereel het dat dit jou tyd en huismense pas.
Boring ne?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #1 on: December 04, 2011, 09:28:13 AM »
Nee, dit is nie boring nie, dit is net goeie maniere om met iemand te reel voor jy opdaag.  Natuurlik is daar tyd en plek vir 'n verrassing, sodra jy jouself net nie verras as niemand tuis is nie. 
Ons sal nie eers by ons kinders gaan kuier sonder om te reel nie en hulle doen dieselfde.
Nooit in my hele lewe sal ek by jou opdaag vir 'n tweewekevakansie met my hond en al en... o nee!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #2 on: December 04, 2011, 10:35:56 AM »
Goedkoop familie hou van goedkoop vakansies by hulle "ryk" familie met die strandhuis. Dit waarvoor jy so hard gewerk het raak dan later jou kruis en jy wil liewer vakansies daarvandaan weghardloop.
Ek (en ek weet vir 'n feit PM en Hannes en trappies-hulle ook) gaan bly liewer in 'n gastehuis (of in my geval dalk 'n tent) as om op ander se nekke af te pak. Tensy ek genooi word sal ek nooit by iemand opdaag vir "gratis" verblyf nie.
My Oupa het altyd gese: "Familie moet jy net een keer 'n jaar sien as jy deur jou foto-album blaai."

Ons het op 'n staduim vriende gehad wat saans net voor ete kom kuier en dan verwag om saam met ons aan te sit. Na vele skimpe op dowe ore en reguit vertel het ons maar later ge-eet voor hulle opdaag of honger gaan slaap. Dit het twee weke so aangehou voor hulle die boodskap gekry het. Ek wonder nie eens wat van hulle geword het nie.

Wanneer dit by jou privaatheid en vakansie kom is jy nie vervelig om goeie maniere te verwag nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #3 on: December 04, 2011, 12:41:05 PM »
Naas, jou tent is opgeslaan, jy kan maar kom.   :icon_biggrin:

Die ou gesegde lees:  Ongenooide gaste hoort agter die deur.

Ons is baie gelukkig om baie slaapplek te hê en ek wil regtig graag hê  julle moet by my tuisgaan as julle hier bo in die ou Transvaal is.  As ek nie hier is nie gee ek vir jou die woonstel se sleutel, dan kan jy maar solank kuier tot ek terug is.   :icon_biggrin:  As jy egter met my reelings getref het sal ek sorg dat ek hier is.   :headbang:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #4 on: December 04, 2011, 04:42:10 PM »
ongenooid opdaag is ongerieflik maar om vooraf te seg ek is op pad is ook reg, dan kan mens baie lekker kuier.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #5 on: December 04, 2011, 09:20:02 PM »
Hi ja Lox, op pad Kaap toe het ons net 'n kort-kennisgewing-luitjie gegooi en ons het heerlik by julle gekuier.  Ek dink dit is hoe dit hoort.  Ek het ook nie 'n probleem met iemand wat net gou 'n kuiertjie wil kom kuier nie.  My probleem is egter, as jy eers hier is wil ek jou nie weer laat gaan nie!
Ek is 'n mens mens en wil net 'n  hond uit 'n bos uit kuier.  Jy moet dit maar vat soos jy dit kry, maar wie het nou 'n probleem daarmee?  Niemand nie!

Julle is altyd welkom by ons.  Ons sit net en wag vir 'n lekker kuier!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #6 on: December 06, 2011, 02:33:46 PM »
 :wave: Ja wat by Naas en PM kuier ek alte lekker. Kan ek myself wees. Tuis!
Dis waar daai storie, bly maar by Trappies familie hulle sal jou rond ry en dinge wys en ag hulle moet ryk wees, kyk waar in hulle bly, Nevermind dat ek nog my allie afbetaal aan dit en Beter ekke alles met sy eie se hande gebou het met baie hulp van ouboet ook natuurlik. As hulle begin timmer het ek pad gegee  :evil6:
Ek oorweeg baie keer as ek so luister na die familie om alles te verkoop en salig in my skilpadjie te bly. Maklik! Dan is ek altyd met vakansie. As ek moeg word vir 'n plek dan pak ek op en skuif na 'n ander. Ai dit klink al te lekker.
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #7 on: December 06, 2011, 02:41:36 PM »
Dit is die lekkerste om saam met julle te gaan wynproe, kaas eet en olywe koop!  In alle eerlikheid moet ek erken, ek het nog nooit so lekker saam gekuier as met julle nie.  'n Mens kan net wees wie en wat jy is, voel altyd tuis en gelief.  Oe, ek mis julle.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #8 on: December 06, 2011, 06:32:40 PM »
die een rede dat ek net wil he iemand moet net laat weet hulle kom, almal is welkom, maar ek en vrou wil darem nie in die bed gevang word nie en wil ook darem sorg dat ek tuis is dat ons kan kuier anders kom mense dalk voor dooimansdeur deur.

dan kan ek  ook sorg dat daar koue wyn is indien nodig of dalk i koue bier of koeldrank en as jy gelukkig is en jou mooi gedra en bereid is om effens langer te kuier kan jy dalk my spesialiteit seekos proe, dalk i kreef as jy jou mooi gedra.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #9 on: December 06, 2011, 07:45:40 PM »
Ek gee nie om vir ongenooide gaste nie, maar dan vat hulle dit soos hulle dit kry. As my huis soos 'n ontploffing in 'n matrasfabriek lyk en ek soos antie Stienie van langsaan, kan ek niks daaraan doen nie. Pas dit jou nie, hou verby. Dis egter lekker as mens weet iemand kom. Ek is mal oor die vooraf beplanning, die regmaak, die spesiale "treats" die uitsien, die slapies tel en die bederf as hulle eers hier is. Dis deel van lekker kuier. Ek "treat" binne my geldelike vermoë en het nog nooit iemand hoor kla nie. Maaind joeeee.... Ek sal seker ook nie. Moet dus aanvaar die wat weer gekom het, het die eerste keer oorleef.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #10 on: December 07, 2011, 02:33:08 PM »
Ag wat praat jy  mens, dit is 'n fees om by julle te kuier.  Alles was nog altyd eksie perfeksie en die kos heerlik!  Ons sal weer eendag daar verbykom, maar ek dink dit is nou eers weer julle beurt.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #11 on: January 17, 2018, 01:58:00 AM »
Persoonlik verkies ek ook 'n vooraf-luitjie om te vra of ons tuis is teen so en so tyd/dag/ens. Gewoonlik gee dit een moerawiese geskarrel af om die pandok en my eie gevreet skaflik te kry as die vraag so uur of wat voor 'arrival time' is.  Dan moet winkelkoek maar doen.

« Last Edit: January 17, 2018, 02:24:22 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kry jy soms ongewenste besoekers?
« Reply #12 on: January 17, 2018, 09:46:16 AM »
Ek kry nooit ongewenste besoekers nie.  Ek lief besoekers en hulle is enige tyd welkom. 
Waar ons nou woon in Leeupoort, is dit heerlik as iemand kom kuier. 
Soms is ek nog in my "werksklere", maar ek gee nie om nie.
Ek seg ook, as iemand onverwags by my opdaag moet hulle dit maar vat soos hulle dit kry en gelukkig is almal so.
Om te weet is om te verstaan.