Die kuierstoep > Helpmekaar

Troetelname

(1/2) > >>

Anina:
Goeie dag

 

Ek is so trots op my taal en my nuwe man. Hy het soos my ridder op sy wit perd in my lewe in gallop toe ek alle hoop laat vaar het op geluk in die lewe.

 

Ek wil so graag vir hom ‘n baie spesiale troetelnaam noem.  Ek kan net aan niks dink of niks kry op die net wat met een spesiale woord my prins beskryf nie.  My held het ‘n baie spesiale naam nodig.

 

Seblief help my

 

Groete

Anina

 :dontknow:

Gawelina:
Troetelname kom vanself. Gee dit tyd. Op 'n dag gaan die naam sommer vanself uitglip.

PM:
My liefie is my "Gog".  Oorspronklik was dit "Goggabie" en toe word dit "Gogga" en nou is hy sommer my "Gog".
Hierdie jaar is ons 42 jaar getroud.  Deur dik en dun, pes en plaag, soet en suur, ons klou aan mekaar.  Sonder hom sal my lewe leeg wees. 

Ek dink ook ek is die enigste persoon wat Hannes op sy voorletters aanspreek.  JC. (Engelse JC)

Dit is moeilik om te help met 'n troetelnaam as jy nie die persoon ken nie.  Het jy al 'n paar name in gedagte?
Kom deel dit met ons dan help ons jou kies. 

Meraai vannie Baai:
As ek van my wederhelf praat is hy 'Outop' en as ek hom self aanspreek (formeel klink dit nou) noem ek hom Oom Lock. As die kinders hier is dan is hy Dad en gewoonlik beteken dit ek gaan iets vra namens hulle of iets van hulle met hom bespreek. As hy iets gedoen het wat my verkeerd opvryf (kan dit op my een hand tel) is hy Jan Adriaan!   :icon_biggrin:

Naas:
Jy kies nie 'n troetelnaam van die internet af nie. 'n Troetelnaam bekruip jou soos masels. Voor jy weet is hy daar.
Toe my seun Klein was het 'n vriendin hom altyd poepol genoem. Vandag is sy pragtige meisie sy Poepol en sy is mal daaroor.

  :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version