Author Topic: PhotoScape (14) Flip-Flop  (Read 6878 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (14) Flip-Flop
« on: August 17, 2012, 01:46:27 AM »
Ek het 'n foto geneem van die sonnige 'skaduvroutjie' teen die muur, wat soggens saam my 'n koppie koffie kom geniet en besluit om die plesierigheid in dubbele maat te bewaar. Jy het 'n tydjie nodig vir die saamstel, maar die eindproduk maak alles die moeite werd! Hier is die foto wat ek gebruik het as voorbeeld:



Hierna het ek die koffiebeker deel uitgesny en apart bewaar. Dit help as jy 'n tema kies en die fotos daarna nommer bv: kuiergas 1, 2 ens. Die foto het ek gedraai en weer bewaar. Met die 'page' funksie het ek 'n vorm gekies waar ek die twee fotos 'sy aan sy' kon plaas en geraam. Skuif die fotos so dat jy vloei en ritme behou met die verskillende skadustrepe ens:



In die volgende stap het ek foto no 1 en 2 ook weer saamgeplaas met die 'page' funksie. Ek het die vorige raam wat om was, gekrimp sodat net die wit dele wys en dit toe weer geraam met 'Note 5'. Daarna die foto weer 'geflip-flop - en die twee weer sy aan sy gelas. Dit so geskuif dat die rame bo net-net nie inmekaar vloei nie. ONTHOU ook om  die 'bright/color' se 'contrast' funksie te gebruik na gelang van diepte wat jy in jou skepping wil toepas:



Hierna het ek die foto in 'editor' oopgemaak en met die 'Region out of focus' funksie begin speel. Die saamgestelde foto is daarna weer geraam en nou is my kuiergas se besoek so bewaar:

« Last Edit: August 17, 2012, 07:28:08 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (14) Flip-Flop
« Reply #1 on: August 17, 2012, 03:58:40 AM »
Ek het die laaste foto in die voorbeeld gebruik en vanaf die 'Region out of focus' funksie van 'filter' die 'Chrystalize' gebruik op level 30, size 40% en feather 50% Die foto gesny na wense en weer geraam. En nou vertoon dit heel 'funky'  :icon_biggrin:

« Last Edit: August 17, 2012, 04:17:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: PhotoScape (14) Flip-Flop
« Reply #2 on: August 17, 2012, 06:23:56 AM »
daardie vroutjie... dis so mooi, maar om die sonkolle so te eien is tog te kosbaar.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (14) Flip-Flop
« Reply #3 on: August 17, 2012, 07:23:52 AM »
Bly jy het ook haar kuiertjie geniet Adele. Eerste foto wat ek geneem het vanoggend het so gelyk voor die koffiebeker ook saam begin speel het in die skadu teen die muur. Ek kan my altyd verkyk aan die beelde soggens as die son kom groet.

« Last Edit: August 17, 2012, 07:28:36 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (14) Flip-Flop
« Reply #4 on: August 17, 2012, 07:42:47 AM »
O dis pragtig Raaitjie.  Ek geniet jou fotospel.  Die warmte klop sommer so teen my hartkamers. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PhotoScape (14) Flip-Flop
« Reply #5 on: August 17, 2012, 01:45:35 PM »
So mooi! Wie sou nou kon dink dat een foto op die ou end 'n hele verhoog kan uitbeeld! Besonders.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (14) Flip-Flop
« Reply #6 on: August 17, 2012, 11:23:15 PM »
Fransi dit lyk nogals na 'n verhoog ne  :icon_biggrin: die lang blompot so sy aan sy, lyk nogals soos oopgetrekte gordyne weerskante van die twee karakters.