Author Topic: Ek is baie ongelukkig  (Read 8262 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek is baie ongelukkig
« on: August 14, 2012, 08:44:35 PM »
Dit voel vir my asof almal nou so besig is dat die forum nie vir hulle saak maak nie. 
Miskien is dit my gesanik oor die waterskade? 
Gaan ons nou dieselfde pad as Woesforum?  Stel julle nie meer belang nie of het elke ou maar net sy eie probleme?
Is die winter ekstra koud of raak ons nou afgesaag?
Ouens, die forum is my lewe.  Die tyd wat ek saam met julle spandeer is vir my kosbaar.  Ek voel so teleurgesteld as ek in die oggend op die forum kom kuier en ek sien dat min ouens belangstel. 
Praat met my.  As julle voel dat dit nou 'n einde moet kry, kom ons doen so.  Dit sal 'n groot hap uit my lewe hap, maar ek wil nie iets "artificial" (kunsmatig) aan die gang hou nie!
Praat asseblief met my!
« Last Edit: August 14, 2012, 08:46:16 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #1 on: August 14, 2012, 09:47:01 PM »
skuuuus vriendin, ek is soms so besig met my eie dinge dat ek minder hier kom kuier het, nee, ek loer elke dag in, maar wil nie net oor my eie dinge skryf nie, en juis omdat hier so min gesels is, is ek bang ek verveel almal weer. maar moet nie toemaak nie, my koppie koffie hierso is vir my baie romeriglekker.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #2 on: August 15, 2012, 05:02:53 AM »
Ek wil julle "eie dinge" hoor Adéle.  As ons nie eers mekaar se leed deel nie, kan ons ook nie die lief deel nie. 
Ek het gisteraand vreeslik na almal verlang. Gewens ek kon julle om my tafel bymekaar hê. Dit sou die "gezoem van die bye" afgee nê.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #3 on: August 15, 2012, 09:10:59 AM »
Ek is ook effens stil probeer admin boeke op datum bring, reël 'n visvang uitstappie oor 2 weke en begin beplan aan 'n duik trip vlg jaar mei en soek nog paar mense wat wil saam gaan duik in mosmabiek. dan nog intussen die plaaswerk en bouery ook.

gisteraand het ons die worcester jong wynskou gehad en ons kelder het 9 kampioen wyne en ook die trofee vir die betse 5 nominasie wyne. 10 trofee uit ek dink sowat 17 of 19.
die kelder wat naaste aan ons gekom het het 2 trofeë huis toe geneem. ek dink daar was 2 wat 2 gekry het.

Ek kan darem sê my blok merlot se wyn was klaswenner in die klas van gehoute merlot maar hy het 2 de gekom. die kampioen merlot was toe die een wat die ongehoute klas gewen het. op die ou end het die gehout en ongehout teen mekaar mee geding vir die kampioen merlot. ek is tevrede, sal weer probeer vir vlg jaar.


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #4 on: August 15, 2012, 10:33:15 AM »
My eie dinge maak my woorde min en ek voel nie na lag nie.
Ek is hopeloos te Genis'erig op die oomblik om my aan enigiets te steur.
Wanneer ek klaar deur die rioolpyp van die lewe geworstel het sal ek weer hier wees in liggaam en gees.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #5 on: August 15, 2012, 11:32:46 AM »
Baie geluk AB!   :hello2:   :notworthy: Ons sal 'n plan moet maak om van daai wyn te proe. 
Ek weet jy is baie besig, maar is een van die min ouens wat darem gereeld 'n woordjie kom sprak. 

Genis ek bedoel Naas  :icon_biggrin: ek wens daar was iets wat ek aan die saak kan doen.  Dinge sal weer regkom my matertjie.  Hierdie is 'n tjollie jaar vir almal. 
Onthou net dat dit jou humorsin is wat ons almal optel en staande hou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #6 on: August 16, 2012, 03:03:19 AM »
Baie geluk Stoffeltjie. Wens ek kon slukkie van kies tot kies rol, en proe aan al daardie medalje bottels. Liefste PM natuurlik sou ek ook bitter graag deel wou wees van die groepie om jou tafel. Soos elkeen stry ons ook eie bakleie diekant van die aardbol.

Weet nie hoeveel van julle volg die klaagliedere van die ouvrou op FB, en is dus bewus van die feit dat die kardioloog met sy unieke ondersoeke GEEN teken van 'n opening in die hart kon kry. Ons is terug by punt een, soek na die oorsprong van al die skete wat die afgelope 28 jaar my voete soms geklont onder my uitskop.

Die kardioloog gaan tydens narkose ingaan tot by die hart om van nader te kan kyk na dit wat ander spesialiste diagnoseer as 'n gaatjie. Ons krap kop  :icon_scratch: Daar is drie skanderings van drie verskillende lande (SA, NZ en AUS) wat dieselfde prognose gemaak het en daarvolgens is behandeling toegepas.

Ons lewe is in ander se hande. Hulle doen toetse waarvan ons en hulle, die uitslae vertrou. Hoe scary en ongelooflik skuldig as jy begin wonder in sirkels, was daar 'n wonderwerk of was dit drie gruwelik verkeerde diagnose en ontleding van die scans?

Die kardioloog wil ook kyk wat gebeur met die hart terwyl ek slaap. Daar le nog drie toetse voor en ek ....wil liewers saam Naas, net erens stom gaan wegkruip - en kan nie!

Dit is bitter moeilik om die emosies te beskryf wat ek ervaar. Daar is eerstens groot rede om absoluut verheug te wees want die operasie is heel duidelik nie nodig nie  :hello2: en tog :crybaby2: vreet onsekerheid oor die oorsprong van alles my amper lewendig op en beroof van lofprysing en koordans :icon_bigsmurf:

Die ouvrou is beslis nie goeie geselsskap die afgelope tyd nie. Ekke vra 'skiesie. Gaan dan ook sommer net hier tussen julle midde, eers uitkniel en my ABC voor die altaar neersit:

Here as ek half mank jubel vandag, vergewe asseblief die huigeldans van menswees. Ek pleit skuldig. Die jas van onsekerheid en wantroue hang swaar oor gebeitelde geloof in die dobbelspel met 'n Eenmalige Geskenk. Waar skuil die sondebok(ke) dan? Sluip dit soos 'n dief in die nag in my slaap nader - verskans tussen lib en dub?
« Last Edit: August 16, 2012, 03:08:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #7 on: August 16, 2012, 06:07:41 AM »
Om te weet is om te verstaan Raaitjie.    Ek gaan selde of ooit op FB kuier, so, toetentaal en al oningelig. 
Dit is goed om te hoor van ander se laste. Dit maak myne ligter.   :icon_biggrin:
Ek was begerig om te hoor hoe dit met jou gaan en wat die uitslag is, baie dankie dat jy verduidelik het. 
Die huigeldans van menswees... dit is kosbaar.
Hierdie is die jaar van die draak - vloede, vure en openbarings.  Ek hoop van harte dat hulle nou vir eens en vir altyd vasstel wat die oorsaak is. 
Daar is 'n TV program waar mense vir jare met 'n probleem loop, deur tien dokters en spesialiste is, en dan eendag, kom die persoon by die regte dokter uit en voila!  Ons sal vir jou hande hou matertjie!   :love7:




Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #8 on: August 16, 2012, 08:29:43 AM »
wat 'n dag vol wind en stof was dit gister gewees, ek kou nou nog turfklonte en het 'n griep daaruit opgetel, seerkeel en als. maar verder gaan dit goed hier oppi vlakte. die winter is besig om sy ossewa te pak   :coffee2:    vir noordwaarts-trek maar daardie laaste stuiptrekkings ruk mos altyd weer die mat onder ons uit.   :sleepy1:

lief Raaitjie, ek het mos hier waar ek nou bly nuwe vriende gemaak en so het ek 'n pragtige, mees liefdevolle mensie by die rolbalklub leer ken, en so tussenin besef sy is baaaie siek. lang storie kort... sy is glo al jare lank so aan en af inni hospitaal en soms vreeslik siek, en is behandel vir klomp diagnoses wat nooit gewerk het nie. en so twee maande gelede het hulle uitgevind sy het TB, longtering, waarskynlik opgetel waar sy jare lank by die slagpale en voerkrale gewerk het. [dis 'n hele familiebedryf]


diagnosisse? help biki met meervoud...ek wou dit so spel maar HAT se' diagnoses...   :dontknow: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #9 on: August 16, 2012, 08:52:45 AM »
 :hello:

Baie geluk AB!

Meraai, so baie sterkte. Onsekerheid is baie baie sleg en ek hoop van harte dat jy binnekort nuus sal hê na een of ander kant toe en dat die nuus goeie nuus sal wees of iets wat maklik opgeklaar kan word.

Naas, mag skoenlappers in jou lewe invlieg om transformasie van duister na lig te bring en jy mag jy binnekort weer vol vreugde wees. Sterkte met die amper laaste deel van die skooljaar en mag alles daar ook vlot verloop.

Adele, ek is baie bly oor die mooi vriendskap wat jy gevorm het en mag sy ook gou genees. Ek hoop jy voel ook gou beter.

PM, dankie vir die lieflike plekkie waar ons saam kan praat, leer, lag en huil. Dit is kosbaar.

 :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #10 on: August 17, 2012, 12:42:49 AM »
Gister self kopgekrap oor die meervoud van diagnose Adele! Hoop jy voel spoedig beter matertjie. Drukkie vir jou hoor! Fransi ek is saam jou dankbaar vir hierdie plekkie waar ons kan lag, huil, vrese en onsekerheid kan deel. Voel vandag of ek berge kan versit en het die jas van onsekerheid uitgetrek en hom weggesmyt vir altyd enne bietjie. Daar is nog soveel sekerheid om voor dankbaar te wees!!! Drukkie vir elkeen wat hier verby kom.  :love7: Mag jou dae van ongelukkig voel wonderlik positief verloop.
« Last Edit: August 17, 2012, 03:11:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #11 on: August 17, 2012, 06:25:03 AM »
verkoue!!! my neus loop drup-drup by die voordeur uit.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #12 on: August 17, 2012, 07:25:50 AM »
Keer keer!!  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie gelukkig
« Reply #13 on: August 17, 2012, 07:38:13 AM »
Daar het jy dit!  Nou is ek baie gelukkig, wens net dat ons ander matertjies ook wil kom saam kuier. 

Adéle, ek hoop dit sal gou beter gaan met jou.  Dit lyk nie of hierdie jaar se verkoues so erg is nie.  Die oumense het mos geglo die koue maak die siektekieme dood en die Kaapse Sedoos waai dit weg. 

Raaitjie, ek is dankbaar dat dit beter gaan met jou "gemoedere".  :icon_biggrin:  Een van die dae sal alles weer klopdisselboom gaan!  :hello2:

Het julle gesien hoe dit in Suid Wes gesneeu het?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #14 on: August 17, 2012, 08:23:28 AM »
eishhhhh, hierdie verkoue    :crybaby2:    is nou in botteltjies te koop, die prys,
                 
                      -R10 elk    :toothy4:  belangstellendes moet alles opkoop   

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #15 on: August 17, 2012, 08:31:43 AM »
Bedoel jy nou jy betaal R10.00 per botteltjie in?  :icon_biggrin:
Hoeveel botteltjies het jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #16 on: August 17, 2012, 07:58:50 PM »
slim kind! hoeveel botteltjies kan mens vol maak?

hiehie,  :toothy4:   so paar jaar gelede het Linda ['n kollega] die pampiermandjie vol loperige snesies    :crybaby2:   so sit en bekyk en opgemerk:
  :dontknow:    Hoekom het niemand nog iets uitgevind om hiermee te doen nie want dit is soveel wat gemors word.    :icon_biggrin:   

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #17 on: August 18, 2012, 05:45:52 AM »
Ek het nou soveel prentjies in my kop en 'n laggie in my keel.   :icon_biggrin:

Nog 'n laggie oor die "pampiermandjie".  Ons het jare gelede in die Afrikaanse klas 'n gesprek gehad oor pampiere teenoor papiere.  Ek kan nie onthou wat die uitslag was nie. 

Jig!  Dalk kan dit help om 'n wintersvuurtjie aan die brand te stoot.  Eers op die wasgoedlyn hang om uit te droog?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #18 on: August 19, 2012, 07:06:43 PM »
twee dae later en reeds stukke beter. kan ook nie anders met soveel versorging om my nie   :love7: 
 
 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #19 on: August 20, 2012, 07:51:13 AM »
 :hello2:  Ek is baie bly om dit te hoor matertjie.  Jy is te dierbaar om siek te wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #20 on: August 23, 2012, 05:17:04 PM »
Hoop julle is almal al beter of nog beter, gesond.
Het self vir 'n week so by myself gesuffer met griep en bronchitis.
Vieslike virus.  Ek was vaalgrys en skurf van vel.  Oe swart kringe om gehad.  Het soos Zorro gelyk.
Hier was niemand wat skakel of inloer.  En ek is bed gekluister en lus vir tee. Geen tee en Disprins meer in die huis. 
En was dit koud!!  Vieslike virusse.
Darem weer op die been vanaf Maandag.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #21 on: August 24, 2012, 08:25:42 AM »
Ek is bly jy is weer op die wiele Elle.  Ek het jou regtig gemis.  Wanneer kry ons weer 'n skryfseltjie van jou?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is baie ongelukkig
« Reply #22 on: August 25, 2012, 04:37:58 AM »
Ai Elle wens ek nou sowaar ek was nader, sou met liefde vir jou wou gaan bederf terwyl jy so siek gevoel het.  :love7: Bly jy is beter. Pas jouself mooi op sebliefie!!