Author Topic: Die deler is so goed soos die steler  (Read 6049 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die deler is so goed soos die steler
« on: August 13, 2012, 08:26:40 AM »
Ek is so ontsteld jy kan met my "crackers" bak, daardie bomklappers wat jou ore laat tuit!
Ons lewe in 'n land van misdaad en die een wil 'n groter misdadiger wees as die ander.
Ons het die naweek na iemand geluister wat spog daarmee dat hy brandstof onder deur die tafel koop vir 10% van die werklike waarde.  Op my vraag: Wakker dit dan nie misdaad aan as jy gesteelde goed koop nie.  As daar nie 'n mark vir gesteelde goed is nie, sal misdaad sommer vanself doodloop.
Antwoord: "As ek dit nie koop nie gaan 'n ander ou dit koop!"
Vraag:  "Is die deler nie net so skuldig soos die steler nie?"
Antwoord: "Nee wat, ek weet mos nie waar kom dit vandaan nie! Buitendien, in die land van die blindes is eenoog koning."
Asseblief! Dit klink vir my meer na 'n geval van "die blindes volg die blindes".

Vanoggend, kom die ou wat met ons kwotasies om die tuin te herstel hier weg is    en versoek dat ons 'n paar van die plante moet uithaal sodat die versekering kan sien, waar die water dit weggespoel het is kaal
kolle.  :icon_scratch:
Antwoord: "Skuus?  Vra die persoon wat kapsie maak teen die kwotasie dat hy self iemand stuur om 'n kwotasie te kom doen, of self kom kyk wat se skade aan ons tuin gedoen is.  Ek gaan nie oneerlik wees nie.  Ek vra net dat my tuin sal lyk soos wat dit gelyk het voor die vloed.  Dis al! EN ek voel dalk blou maar ek is nie blond nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die deler is so goed soos die steler
« Reply #1 on: September 11, 2012, 11:30:32 AM »
Dis so PM, mense dink nie meer met hul gewete nie, hulle dink met hul broeksakke.  :evil6:

Gister vertel die mannetjie by die werk my, daar waar hy bly is 'n gesin wat nou al twee keer "besteel" is die afgelope maand. Wat het hulle gesteel vra jy? Iets wat my nogal laat dink het, dit was iemand desperaat. Die kombuis kaste, yskaste en vrieskaste is leeg gemaak. Niks anders is gesteel nie. Jipp net die kos. Tot die potjie waar die suiker in was is geneem (gesteel).

My neef weer vertel, hy het nou die dag verby die GROOTSTE wit plakkers kamp gery, hy het die kindertjies so jammer gekry wat daar rond loop. Hy se hulle bly in vreeslike toestande en dis bitterkoud daar. Dit raak maklik -3 grade.  :crybaby2:

Dan wonder ek, wie is nou eindlik skuldig?

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die deler is so goed soos die steler
« Reply #2 on: September 12, 2012, 06:52:34 AM »
Spring ek op en af van blydskap toe ek jou naam lees vanoggend Trappies.  Dankie dat jy weer kom kuier het. 
Omdat ek 'n klein bietjie van die taal verstaan, hoor ek as die swartes ondermekaar praat oor die regering.  Hulle is nie 'n bietjie kwaad nie.  Die mense raak al hoe meer "wys" oor die toestande in ons land.  Ek sal my nie verbaas as daar binnekort weer 'n Xenephobia uitbreek soos in Mei 2008 nie. 
5 Miljoen mense wat werkloos is en die syfer is besig om drasties te styg en die "kuiergaste" van orals oor stroom steeds die land binne. 
Met die volgende verkiesing gaan die syfers baie anders lyk.  Die blankes moet net rigting kry en gaan stem. 

My tuinjong seg nou die dag dat Zuma so baie geld het om nuwe vliegtuie te wil koop, maar hy het nie geld om sy mense kos te gee nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.