Author Topic: kursus  (Read 7607 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
kursus
« on: July 10, 2012, 08:01:16 PM »
gou 'n briefie om te vertel dat ek volgende week weer sal inhaal. ek is iewers naby jo'ies, by 'n plek wat "Wag-'n-bietjie" genoem word.    :toothy4:   al wat ek weet is dat dit 'n halfuur se ry van Voortrekker-monument af is.    :dontknow:   

ek kry nie eers kans om hier deur te lees nie want saans is ek nog so moeg na heeldag se kursus. maar Saterdagoggend gaan ons huistoe. ek kom laai later 'n foto of drie.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kursus
« Reply #1 on: July 10, 2012, 11:10:31 PM »
Sterkte en geniet matertjie! Plekkies soos altyd geboek vir die klikbekkiebewyse  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kursus
« Reply #2 on: July 11, 2012, 04:58:04 AM »
Geniet dit Adéle en kom veilig tuis.  Kan ons nie maar plekke ruil nie?
Ek wag ook vir die klikbekskyfies.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: kursus
« Reply #3 on: July 11, 2012, 07:20:17 AM »
ek is alweer oppad eetsaal toe, maar wil gou by al die diere en swane gaan verbystap, dis 'n hele plaas hierso met die mooiste grasdakhuisies.
vanmiddag is dit boeresport en vanaand nog boeredanse.
laat vanoggend kom die oorsese toergroep ook terug en kom daardie kinders eers saam met ons kinders speel. die afwagting is groooot.

hierdie foto's is saterdagaand by die staatsteater en sondag by die monument geneem.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kursus
« Reply #4 on: July 11, 2012, 11:32:26 AM »
Oe! Lekker gekyk. Duisend dankies mater vir die deel  :notworthy: :hello2: Geniet hoor!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kursus
« Reply #5 on: July 11, 2012, 07:02:34 PM »
Dankie vir die deel matertjie.  Ons was net 'n rukkie gelede daar by die monument met ons Hollanders, Ton en Marion.  Dit lyk so gesellig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: kursus
« Reply #6 on: July 12, 2012, 12:02:15 AM »
die toergroep se spel is fantasties en hulle het dit vreeslik baie geniet. hier is 'n foto of twee
hulle is hoe'rskoolkinders wat gekeur is en vir amper drie weke in Europa en Egipte was en 'n paar vertonings gelewer het.

 :grommit:
« Last Edit: July 12, 2012, 12:05:15 AM by adele »
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kursus
« Reply #7 on: July 12, 2012, 01:29:51 AM »
 :love7: :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kursus
« Reply #8 on: July 12, 2012, 03:41:03 AM »
Ek was nog altyd gaande oor volkspeleklere, dit is so kleurvol.  Eendag kom ons nog kyk as jy speel Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kursus
« Reply #9 on: July 12, 2012, 04:15:23 AM »
Kan my verkyk aan die swaaie en draaie waarmee die pragtige uitrustings die ritmiese bewegings aanvul. Perfekte prentjie!  :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kursus
« Reply #10 on: July 12, 2012, 05:05:12 AM »
Het ons klere en kleure op ons ander lysie Raaitjie? 
Hierdie sin van jou klink vir my na 'n liedjie!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kursus
« Reply #11 on: July 12, 2012, 06:08:47 AM »
Hang aan, ek draf gou en gaan maak seker hoor! Al singende  :toothy4:

Yep, dit is daar:
Klere: Die klere wat ons dra om ons te beskerm.
Kleure: Die kleure van die potlode/verf ens.

*ek kan nie meer onthou uit watter bron ek die lysie gekry het nie, julle moet groot asb help loer vir foute. Gawie het 'n henske flater met vee/fee raakgelees waaroor ek soooo dankbaar is!!
« Last Edit: July 12, 2012, 06:11:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: kursus
« Reply #12 on: July 19, 2012, 05:16:45 PM »
Op laerskool was ek deel van die volkspele op Ficksburg .. hoe lus ek nou om weer deel te word -
Adele weet jy of daar groepe in Kaapstad is waar mens sou kon aansluit by?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: kursus
« Reply #13 on: July 19, 2012, 08:26:37 PM »
beslis, Willa, ek stuur Bertie se nommer aan jou, en onthou, hy is ook die kursusleier wat die juniorgroep se spel gelei het waarby ek die begeleiding gedoen het. hulle is 'n pragtige groep mense.

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: kursus
« Reply #14 on: July 21, 2012, 12:51:15 AM »
dankie - wag vir Bertie se nommer ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w