Author Topic: Wat beteken dit?  (Read 7405 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wat beteken dit?
« on: August 05, 2012, 10:38:25 AM »
In my begin dae as deelnemer aan 'n forum, was daar altyd 'n waarskuwing, "hou by die onderwerp", menende dat wanneer ons oor koeitjies en kalfies gesels moet die hoenders daaruit gehou word. 
Vir my beteken "hou by die onderwerp" nog iets anders.  Dit beteken: Wanneer ons gedagtes uitruil, of opinies deel, dat ons mekaar sal respekteer en nie die man aanvat oor die onderwerp nie. 
Wanneer ek kla dat jou werkers 'n geweldige lawaai opskop terwyl hulle werk (met mekaar staan en skreeu bokant die masjienerie se lawaai ook nog) dan het ek nie vir 'n oomblik gesê dat jy skuldig is daaraan nie.  Die onderwerp, of dan die probleem, is die lawaai.  Spreek die probleem aan en nie vir my nie.  Dit is my reg om te kla.
Verlede week was ek en Hannes diep in die moeilikheid omdat ons met die ander bure saamgestem het dat die kontrakteur wat 'n swembad met "grinders" laat uitsny, veronderstel is om 'n tent oor te trek en die stof met lugsuiers op te vang.  Ons huise en plante was wit van die stof, elke dag vir 'n week aanmekaar! Daardie stof is so fyn, dit trek deur toe vensters en deure en in 'n mens se longe in. 
Nou is die swembad eienaar vir ons kwaad.  Die onderwerp is die stof, die lawaai, die kontrakteur wat nie die regte toerusting gebruik nie.  Spreek die probleem aan, almal in die omgewing kan nie skuldig wees behalwe die kontrakteur nie.  Hou by die onderwerp en los die persoon uit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wat beteken dit?
« Reply #1 on: August 06, 2012, 10:45:46 AM »
Dit bewys net weer, die wereld met sy mense, het verander.

Jare terug as ek tuis gekom het met 'n slegte raport, sou ek die skuldige party wees en nie die onderwyser wat nie sy werk doen nie. Vandag sien mense as "ek" met 'n slegte raport tuis kom, is dit natuurlik die onderwyser se skuld, die het natuurlik nie sy werk gedoen nie. DUH!

Dan sê hulle bou 'n nasie, eish ja met baie eish.... :crybaby2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat beteken dit?
« Reply #2 on: August 06, 2012, 11:38:26 AM »
Ek wonder dikwels as ek sien hoe vandag se kinders groot gemaak word, of hulle ooit verantwoordelikheid sal hê.  As jy 'n kind het wat nege jaar oud is en mamma sny haar vleisie en bad haar nog en moet saam met haar bed toe gaan, hoe gaan sy ooit eendag op haar eie bene staan?
Is ons kinders oorbeskerm?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat beteken dit?
« Reply #3 on: August 06, 2012, 11:57:07 AM »
in 'n land waar wette 'n grap is is almal onskuldig. Mense sie hoe politici suridge aanjaag, onskuldig pleit en bevorder word of 'n pakket van miljoene kry.
Hoekom sal ek dan nou die kont trakteur verantwoordelik hou vir die stof wat onwettig oor die grensmuur gaan?




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat beteken dit?
« Reply #4 on: August 06, 2012, 12:12:17 PM »
 :angel8:  Jy sorg altyd vir 'n glimlag Naas. 
Hier in die omgewing is almal se nerwe maar dun.  Ons sal maar geduldig bly en probeer verstaan, more skyn die son dalk weer. 
Ek sê altyd dat 'n mens nie kan sê jy is volwasse as jy nie verantwoordelikheid kan aanvaar vir jou dade nie, ook nie as jy jouself nie in 'n ander se skoene kan plaas en die kwessie uit die ander se oogpunt kan insien nie. 
Hoe gaan kinders dit ooit leer as hul ouers dit nie by hulle tuisbring nie?

My jongste het my nou die dag aangespreek omdat ek 'n banale aanmerking gemaak het.  "Dit is nie hoe ma ons geleer het nie." 
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Wat beteken dit?
« Reply #5 on: August 09, 2012, 08:17:30 PM »
sou dit beter gewees het as ons geen reg van spraak gehad het nie...  :icon_scratch:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat beteken dit?
« Reply #6 on: August 10, 2012, 09:13:56 AM »
Welkom WW, ek het jou gemis matertjie.

Nee, ek dink 'n mens moet vryheid van spraak hê.  Soms het almal nie die vermoë om hul emosies te beheer nie, (ek is een van hulle) dan sê ons goed op die verkeerde manier.  Dus is dit nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê. 
Die ander probleem waarmee ons soms te doen kry, is hoe mense dit wat jy sê, lees. 
Ek dink die verskil lê by die liefde.  As ons weet ons is lief vir mekaar, is daar nie probleme nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Wat beteken dit?
« Reply #7 on: August 14, 2012, 08:18:40 PM »
soms hoor mense ook goed wat nie regtig so bedoel is nie ...
dis soms ook n probleem , dalk moet mense nie dinge lees in wat die woorde sprrek nie...???????

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat beteken dit?
« Reply #8 on: August 14, 2012, 08:30:31 PM »
Luister mooi wat ek sê:  Ek is lief vir jou, jy is my maatjie, hoekom sal ek iets sê om jou seer te maak?
Sou jy iets sê, en ek voel onseker oor wat jy bedoel, kan ek jou mos vra waaroor dit gaan.  Ons kan mos met mekaar praat!   My Flip Flippie, ek is jou maatjie, ek sal jou mos nooit as te nimmer probeer kou nie! Ek lief jou net stinkend!   :hello2:
Ek het 'n kleintjie dood aan mense wat alewig dink dat mense hul probeer aanvat en afkraak.  Dit bestaan nie in my woordeboek nie.  Ek besef dat ons almal ons eie behoeftes het, elkeen van ons verskil van mekaar, al is ons ook net so dieselfde.   :icon_biggrin:
Vir my gaan die lewe oor aanvaarding. Ek sien jou, jy sien my, ons "hug" ons lief mekaar en verder wil ek niks weet nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat beteken dit?
« Reply #9 on: December 14, 2016, 01:18:42 AM »
Lees ek weer skelm oor 'n gas (wat ewe skelm ook inloer sonder om ons mooi te groet  :toothy4:) se skouer.

Ek het al bygestaan nadat iemand 'n mening uitgespreek het oor iets. Daarna, in die oorvertel van dieselfde gebeure het dit in 'n aanvallende, afkrakende gedoente ontaard teenoor die 'onskuldige party' wat my stomgeslaan het want ek het mos met my eie ore gehoor hoe dit gese was. Daar was nooit aanvallend of afkrakend verwys na die persoon nie. Kon net kopskud en natuurlik het die wag voor my mond weer erens gaan staan met 'n kan petrol en vuurhoutjies...
Wat daarna oorvertel is wil ek liewers nooit van weet nie!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat beteken dit?
« Reply #10 on: December 14, 2016, 06:39:17 AM »
Die oorvertel van oorvertel gee die duiwel kans om konfyt te kook van varkstront en dit smaak nie altyd so lekker nie, maak nie saak hoe vars die brood is nie.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat beteken dit?
« Reply #11 on: December 15, 2016, 02:20:03 AM »
Pragtig kreatief gestel Naas  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat beteken dit?
« Reply #12 on: December 30, 2016, 11:54:46 AM »
Ek verlang werklik na die dae toe ons so lekker saam gekuier het matertjies!  Dankie dat jy nog so nou en dan oor 'n skouer loer Raaitjie.  Ek sien darem jou mooi gesiggie op gevreet raak.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat beteken dit?
« Reply #13 on: October 07, 2021, 08:35:36 AM »
My voorreg. Ek verkrukkel my nou eers weer aan Naas se: Die oorvertel van oorvertel gee die duiwel kans om konfyt te kook van varkstront en dit smaak nie altyd so lekker nie, maak nie saak hoe vars die brood is nie.
 :toothy4: :sign10:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat beteken dit?
« Reply #14 on: October 07, 2021, 10:23:24 PM »
Pragtige ou dae toe ons almal so lekker saam gekuier het.  Hou daar, ons is nou daar en kuier weer 'n hond uit 'n bos uit saam!
Om te weet is om te verstaan.