Die kuierstoep > Bekgeveg

Wat beteken dit?

(1/3) > >>

PM:
In my begin dae as deelnemer aan 'n forum, was daar altyd 'n waarskuwing, "hou by die onderwerp", menende dat wanneer ons oor koeitjies en kalfies gesels moet die hoenders daaruit gehou word. 
Vir my beteken "hou by die onderwerp" nog iets anders.  Dit beteken: Wanneer ons gedagtes uitruil, of opinies deel, dat ons mekaar sal respekteer en nie die man aanvat oor die onderwerp nie. 
Wanneer ek kla dat jou werkers 'n geweldige lawaai opskop terwyl hulle werk (met mekaar staan en skreeu bokant die masjienerie se lawaai ook nog) dan het ek nie vir 'n oomblik gesê dat jy skuldig is daaraan nie.  Die onderwerp, of dan die probleem, is die lawaai.  Spreek die probleem aan en nie vir my nie.  Dit is my reg om te kla.
Verlede week was ek en Hannes diep in die moeilikheid omdat ons met die ander bure saamgestem het dat die kontrakteur wat 'n swembad met "grinders" laat uitsny, veronderstel is om 'n tent oor te trek en die stof met lugsuiers op te vang.  Ons huise en plante was wit van die stof, elke dag vir 'n week aanmekaar! Daardie stof is so fyn, dit trek deur toe vensters en deure en in 'n mens se longe in. 
Nou is die swembad eienaar vir ons kwaad.  Die onderwerp is die stof, die lawaai, die kontrakteur wat nie die regte toerusting gebruik nie.  Spreek die probleem aan, almal in die omgewing kan nie skuldig wees behalwe die kontrakteur nie.  Hou by die onderwerp en los die persoon uit. 

Trapsoetjie:
Dit bewys net weer, die wereld met sy mense, het verander.

Jare terug as ek tuis gekom het met 'n slegte raport, sou ek die skuldige party wees en nie die onderwyser wat nie sy werk doen nie. Vandag sien mense as "ek" met 'n slegte raport tuis kom, is dit natuurlik die onderwyser se skuld, die het natuurlik nie sy werk gedoen nie. DUH!

Dan sê hulle bou 'n nasie, eish ja met baie eish.... :crybaby2:

 :angel12:

PM:
Ek wonder dikwels as ek sien hoe vandag se kinders groot gemaak word, of hulle ooit verantwoordelikheid sal hê.  As jy 'n kind het wat nege jaar oud is en mamma sny haar vleisie en bad haar nog en moet saam met haar bed toe gaan, hoe gaan sy ooit eendag op haar eie bene staan?
Is ons kinders oorbeskerm?

Naas:
in 'n land waar wette 'n grap is is almal onskuldig. Mense sie hoe politici suridge aanjaag, onskuldig pleit en bevorder word of 'n pakket van miljoene kry.
Hoekom sal ek dan nou die kont trakteur verantwoordelik hou vir die stof wat onwettig oor die grensmuur gaan?




 :icon_bigsmurf:

PM:
 :angel8:  Jy sorg altyd vir 'n glimlag Naas. 
Hier in die omgewing is almal se nerwe maar dun.  Ons sal maar geduldig bly en probeer verstaan, more skyn die son dalk weer. 
Ek sê altyd dat 'n mens nie kan sê jy is volwasse as jy nie verantwoordelikheid kan aanvaar vir jou dade nie, ook nie as jy jouself nie in 'n ander se skoene kan plaas en die kwessie uit die ander se oogpunt kan insien nie. 
Hoe gaan kinders dit ooit leer as hul ouers dit nie by hulle tuisbring nie?

My jongste het my nou die dag aangespreek omdat ek 'n banale aanmerking gemaak het.  "Dit is nie hoe ma ons geleer het nie." 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version