Author Topic: Laaste skanderings.  (Read 6309 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Laaste skanderings.
« on: July 25, 2012, 08:26:47 AM »
Ek gaan weer so twee dae weg wees. More word die laaste skanderings geneem om seker te maak alles werk met die innerlike tikker soos dit moet. So van tikkers geskryf:

‎2 maaitjies sit op die mat en speel met 'n stukkende stetoskoop. Die 1 soek angstig na sy hartklop, maar kan dit nie hoor nie. Sy maaitjie se toe: "Maar onthou jy dan nie? Jy het mos jou hartjie vir Jesus gegee!"

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Laaste skanderings.
« Reply #1 on: July 25, 2012, 09:56:53 AM »
Dis nou oulik - ek hoop die skanderings gaan wys dat jou harjtie mooi veilig in Jesus se hande rus  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Laaste skanderings.
« Reply #2 on: July 25, 2012, 11:51:13 AM »
Dankie baie baie Willa. Ons glo dat alles normaal sal wees en die lewe weer voort sal kan gaan soos voor hierdie gedoente uit die bloute ons getref het.  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Laaste skanderings.
« Reply #3 on: July 27, 2012, 08:12:34 AM »
Ons dink aan julle Raaitjie.  Ek is vol vertroue dat jou dokter jou hartjie sal hoor    ritmies      klop. 
Dankie vir die glimlaggie.  Kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Laaste skanderings.
« Reply #4 on: November 11, 2018, 12:57:37 PM »
Julie 2012 - ek kom vanaand op hierdie plasing af toe hoop en vertroue nog hand-aan-hand my skaduwee was.  Hierdie skandering het twee letters uit die alfabet dwars oor ons lewenspad kom plaas en niks was daarna ooit weer dieselfde nie en tog pas mens stelselmatig by alles aan besef ek weereens.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Laaste skanderings.
« Reply #5 on: November 11, 2018, 10:00:14 PM »
Solank jou hartjie by Jesus is, kan niks jou uit die Ewige Lewe skaad nie ....
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Laaste skanderings.
« Reply #6 on: November 11, 2018, 11:08:54 PM »
Soos altyd is jy daar lief mater van ons met woordkrukke. Lief jou! :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Laaste skanderings.
« Reply #7 on: November 12, 2018, 09:43:10 AM »
Kyk hoe het die tyd gesnel.  Ons is tog te dankbaar dat jy nog sterk staan Raaitjie. 
Ek lig my hoed vir Outop en almal wat jou so bystaan en ondersteun.  Sonder hulle is 'n mens verlore. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Laaste skanderings.
« Reply #8 on: November 12, 2018, 10:15:49 AM »
Verseker PM! Ek dink die versorger/carer se rol is DIE belangrikste ondersteuning in enige kroniese toestand. Besig op die oomblik met navorsing om vir ons 'n aparte plasing te skep vir hartversaking. Het reeds heelwat by die PH artikel gedeel maar voel tog na aanleiding van jou eie kennismaking met hierdie energie tappende, asemrowende toestand en die vrae wat daagliks instroom by die twee ondersteuningsgroepe waar ek aangesluit het, dat daar 'n geweldige behoefte is vir inligting rondom hierdie toestand. Is dit reg met jou? Sal so graag jou eie persoonlike ervarings daar wil sien.  Het reeds wonderlike inligting bymekaar rakende hart palpitasies en ritme afwykings a.g.v hartversaking wat vir my persoonlik goud werd was!
« Last Edit: November 12, 2018, 10:17:58 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Laaste skanderings.
« Reply #9 on: November 12, 2018, 10:18:42 AM »
Natuurlik is dit goed met my.  Ek sal vir jou 'n plekkie gaan skep. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Laaste skanderings.
« Reply #10 on: November 12, 2018, 10:22:43 AM »
Dankie sooooooo baie baie  :love7: Sal DV more oggend begin met van die plasings. Wil ook loer na dit wat ek reeds gedeel het wat sal aanpas. Nie almal wat hartversaking het, dra kennis van PH nie en sal dus van die inligting wat ons reeds het, gemis het. Verkies jy dat ek meeste van die inligting weer vertaal?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Laaste skanderings.
« Reply #11 on: November 12, 2018, 12:11:38 PM »
As jy tyd het sal dit wonderlik wees om dit in Afrikaans te lees Raaitjie.  As jy nie tyd het nie kan jy dit net so plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Laaste skanderings.
« Reply #12 on: November 12, 2018, 12:13:08 PM »
Sal tyd maak om te vertaal waar moontlik hoor  :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Laaste skanderings.
« Reply #13 on: November 12, 2018, 12:16:27 PM »
'n Mens kan altyd op jou staatmaak.  My pa het ook gesê, gee vir die besigste ou die meeste werk, want hy/sy kry altyd tyd om dit te doen.  Dit is die ou wat heeldag sit en niks doen  nie, wat nie "tyd" het nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.