Author Topic: ... en toe swem ons...  (Read 22320 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
... en toe swem ons...
« on: July 24, 2012, 11:09:52 AM »
en toe swem ons...
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #1 on: July 24, 2012, 11:19:29 AM »
... en toe ploeter ons...
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #2 on: July 24, 2012, 11:23:35 AM »
en toe trap ons klei...
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #3 on: July 24, 2012, 11:56:00 AM »
en so lyk dit as die water by die vensters ingekom het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #4 on: July 24, 2012, 01:12:39 PM »
ek wou net 'n lee' antwoord pos, maar die program sal seker iets soek ...
nou swyg ek, maar ek stuur drukkies saam met elke sonstraal.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #5 on: July 24, 2012, 06:16:40 PM »
sal mens ooit regtig verstaan hoe dit voel om tans in jou en Hannes se skoenne te loop - ai - ek kan net drukkies oorstuur
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #6 on: July 24, 2012, 10:48:39 PM »
Ek het angsrillings vir julle part. Matertjie wens dat woorde kon vlieg en dade word (((((((PM & Hannes)))))))  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #7 on: July 27, 2012, 09:57:05 AM »
Dankie vir al die drukkies.  Dit maak my skielik nie meer so koud voel nie. 

Soos julle almal weet wys foto's nie emosie nie. 
'n Mens kan sekerlik die ramp oorleef as daar mense is wat omgee en drukkies uitdeel.
Ons het ook met die koue kant van die saak te doen gekry.  Versekeringsmaatskappye wat jou nog wil uitbuit en vat wat hulle nie toekom nie. 
Ons huis is vir R2,176,000.00 verseker.  Volgens hulle is ons wraggieswaar nog steeds onderverseker. 
Ons het gister 'n onderhoud gehad met die bemiddelaar tussen ons en die versekering.  Hy reken, die feit dat ons 'n adviseur het, wat maandeliks kommissie verdien, dit sy plig was om seker te maak dat ons nie onderverseker is nie. Dit is nou ten koste van die feit dat hy weer 'n nuwe polis saamgestel het en nog steeds die bogenoemde bedrag as die versekerde bedrag aantoon. 
Hy reken ook dat dit nog 'n lang tyd gaan duur voordat die saak uitgeklaar sal word.  Intussen wag ons... en ons wag... huisloos. 
« Last Edit: July 29, 2012, 07:34:18 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #8 on: July 28, 2012, 09:58:57 AM »
Ai toggie.  En as daai mense in dieselfde bootjie was, sou hulle bereid wees om te wag?  Dink so baie aan julle. ((hug))

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #9 on: July 29, 2012, 07:38:40 AM »
Dankie Gawelientjie.   :love7:
Nee, hulle sou nie.  Die voordeel by die nadeel is dat die krake nou begin en as alles klaar herstel sou gewees het, sou ons self daarvoor moes betaal.  AB het ons ook in die begin gewaarsku om nie te haastig te wees nie. 
Ons soek ook nog elke dag na goed wat net weg is.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #10 on: July 29, 2012, 08:15:43 AM »
ai - dis een seisoen wat ek glo Hannes en jy nooit weer wil oor he nie,
ek hoop 'n nuwe seisoen is sommer gou hier
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #11 on: August 01, 2012, 06:18:28 AM »
Toemaar: MOEDHOU!! Voor in die wapad brand 'n helder lig!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #12 on: August 01, 2012, 09:35:53 AM »
Ek sê mos altoos, dit wat jy nie kan verander nie moet jy maar aanvaar.  Ons probeer verander wat ons nie kan aanvaar nie en moet maar vrede maak met dit wat ons nie kan verander nie. 
Elke dag gaan dit 'n bietjie beter.  Ons het pragtige vriende wat gereeld moed inpraat en dit dra ons werklik deur die moeilike tyd.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #13 on: August 01, 2012, 03:41:36 PM »
byt vas PM, die tonnel is lank, maar voor kant skyn lig en dis nie die trein van voor af nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #14 on: August 02, 2012, 05:20:28 AM »
 :icon_biggrin:  Dankie AB, ek is bly dit is nie die trein nie. 

Karin (Juenka) het kom koffie drink en sy sê sy wens sy kon die tyd vir ons "fast forward". 
As ek dit kon "rewind" sou ek om verskeie redes nooit hier gekoop het nie.  As dit 'n trein was kon ek dalk duimgery het na twee jaar gelede?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #15 on: August 20, 2012, 03:06:15 PM »
Ek het sommer vanoggend in trane uitgebars toe die loodgieter sê daar het 'n pyp gebars, in die muur of onder die vloer.  Nou moet die wasbak met kas en al uitkom om die fout te soek.  Die water die loop en ons wag vir die versekering.  Ek dink dit het tyd geword om die versekeringsmaatskappye by Carte Blanche te gaan verkla.
Dit is om van siek te word.   Ons het die Saterdag aangemeld, maar natuurlik was dit naweek.  So teen 11 uur het hulle iemand gestuur om eers 'n verslag te kom doen! Dit was al drieuur en ek wag nog.  Eish!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #16 on: August 21, 2012, 04:42:02 AM »
ek dink sommige versekering maatskappye het so iets soos noodwerk en daai behoort daaronder te val. soos die krag wat by ons weer so gou as kan moes aankom na die brand. die elektriesiën was die eerste persoon wat geskakel is na die brandweer en dit sonder vooraf toestemming en santam het nie 'n probleem daarmee nie want die krag moes weer aankom anders het die skade in vrieskaste wat afsmelt groter geraak en ons en die werkers het sonder water gesit.


ek ken 'n bouer, sy vrou sê in haar huis geen waterpyp in die muur of onder die vloer nie, net pype wat deur die muur gaan krane toe. dit lyk nie so nice buite nie maar sy is op van sukkel met pype wat weggesteek is en lek.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #17 on: August 21, 2012, 06:46:36 AM »
Ons s'n het ook 'n nooddiens, ongelukkig het ons daardie inligting eers gister gekry.   :munky2:
Nogtans kom die loodgieter eers tienuur vanoggend. 
Vleis was die laaste ding waaraan ek gedink het met die vloed.  Hannes het dadelik die krag afgesit en die muurproppe moes eers skoon en droog voordat die krag kon aankom.  Na drie dae sonder krag was alles afgesmelt. Dit is asof my brein my verlaat het. 

Hier is soveel aanbouings en pype wat verander is.  Ons het die hooftoevoerpype laat herlei aangesien die pype so vol roes was.  Dit is ook bogronds gedoen en lyk nie so mooi nie. Die res sal ons seker vandag vasstel. 

Ons huise is baie onprakties gebou.  Die warmwatersisteem is of ver van die badkamers of ver van die kombuis.
Dit neem 'n ewigheid om warm water te kry.

Hoe vorder julle plek?  Kan ons weer 'n paar foto's sien?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #18 on: August 21, 2012, 08:55:46 AM »
 :hello:

 :love7: en drukkies.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #19 on: August 22, 2012, 03:23:49 AM »
PM
die bouers het vir 2 weke nie gekom nie agv reent. gister met hulle gepraat, hulle het geseg hulle sal vandag kom, sal moet sien. gister is hier 50 sakkies sement afgelaai. daar is nog so een dag se breek oor dan kan hulle begin met die fondamete grawe en vloere ovul. daar mot so min of meer 10 meter se nuwe fondament gemaak word.

klink of hulle vandag sal laaste afbreek en môre begin met die inmekaar sit van die huis.

ja ons het ook daai probleem van die badkamers is ver van kombuis. op die ou end het ons 2 warmwater silinders ingesit en elkeen met 'n horlosie. mens het tog nie in die nag warm water in di ekombuis nodig nie en sy element is aan in oggend van 4 tot 6 en middag van 12 tot 1. die badkamer se element s aan van 4 tot 6 in oggend en van 4 tot 6 in middag en dis genoeg.

as daar mense kuier en ons het meer warm water nodig kan ek die horlosie uitskakel en dan die element op daai manier aansit.

ons het ruraflex krag, 3 verskillende pryse deur die dag en nag, hang af van hoe laat mens krag gebruik en in winter en somer verskil die pryse ook.

in winter in duur tyd is dit meer as R3 per eenheid en in somer in die nag in af tyd is dit sowat 38 c per eenheid.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #20 on: August 22, 2012, 05:49:32 AM »
Ek sien julle gaan lekker koue weer hê hierdie week.  (My skoonsus hanteer die projek met die nuwe hospitaal in Paarl. Hulle het so twee weke gelede oopgemaak.)
Hier by ons het dit nog nie begin reën nie.  Gister was 'n heerlike warm dag en ek het nou my baadjie uitgetrek, lyk my ons somer is sterk oppad. 
Sterkte matertjie. 

Ons opwas lyk of 'n orkaan dit beet gekry het.  Eers het die ou die kas gebreek en toe seg hy ek het gese die kas moet uit.  (Ja, maar nie stukkend nie!) In dieselfde asem seg hy vir sy handlanger om die nat planke in die son te sit om droog te word.  Vir wat?  Hy gaan die kas weer terug sit!  Jy kon my met 'n veertjie om tik. 
Hy het twaalf rye spore in die mure gekap om die lek te vind.  Wil nie die pype herlei nie, want hy wil nie die muurteels bokant die wasbak beskadig nie, wil ook nie daar grou waar die water uitkom nie, want hy wil nie die vloerteels beskadig nie.  Op die ou einde moes hy maar grou. 
Nou wonder ek wat gaan gebeur met die 50 meter koperpyp wat nie gebruik is nie.  Dit is net R4 500.00
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #21 on: August 22, 2012, 09:46:58 PM »
klink my dis 'n laerskool loodgieter daai?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #22 on: August 23, 2012, 06:41:53 AM »
Ek glo nie hy is 'n gekwalifiseerde loodgieter nie.  Hy het dalk papiere, maar dit is in sy sak.   :icon_biggrin:
Hy werk vir 'n firma wat net werk vir die versekering doen.  Hulle is so besig, seg hy, dat daar nie tyd is vir privaatmense se werk nie.   :dontknow: 
Hy het gisteroggend net sy seun (17) hier afgelaai om die slote in die muur toe te pleister.  Ek wys toe vir hom die oliemerke op die plaveisel soos wat hulle bakkie olie lek.  Ja sê hy, sy pa gebruik 5 liter olie 'n week.   :icon_scratch:
'n Rukkie later kom mnr. loodgieter hier aan en sê hy het in 'n ander ou se voertuig vas gery.  Die ou het nie sy motor se flikkerlig aangeskakel nie, sommer net gedraai.  Sy seun praat toe met hom oor die olie-gemors op die plaveisel.  Haai nooit, sy bakkie het nie voorheen olie gelek nie, dit is nou van die stamp. 
Dit is sulke mense wat die hele ekonomie in sy "glorie" het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #23 on: August 23, 2012, 07:09:39 AM »
ek sal hom by die makelaar aangee oor die olie gemors want dis dan sakde wat hy vir jou ongevragd gebring het.
nou die dag ook uitgevind daar is 'n ombudsman vir die versekering, kan hom dlak daar ook aangee as hy swak werk doen en jy nie tevrede is hoe hulle die saak oplos nie.

dlak kla ons te min dat ons so swak diens kry.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #24 on: August 23, 2012, 09:45:34 AM »
Ek dink die makelaar weet presies wat aangaan.  Hulle gebruik ongekwalifiseerde mense sodat hulle meer geld in hul eie sakke kan sit.  Ek weet wat die regte ding is om te doen, die probleem is ek sal soos 'n rugsteker voel.  Die man het 'n gesin om voor te sorg en as hy sy werk verloor sal ek soos 'n hond voel. 
'n Saak het mos maar twee kante en dit lyk mos nou so al vir my of ek hierdie jaar aan die verkeerde
kant is.  :icon_biggrin:
Die regte ding om te doen is om nie eers met die werkers kontak te hê nie.  Jy moet dikbek groet in die oggend en dan met niemand praat nie, net besigheid.  Omdat ek 'n mens mens is, sal ek altyd daardie probleem hê, want ek raak te gou betrokke by die mens. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #25 on: August 23, 2012, 05:07:02 PM »
Jinne, en ek dink ek het probleme...
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #26 on: August 24, 2012, 08:36:57 AM »
Ek haat dit as mense vir my lieg.  Hoekom lieg?  Ek sal meer begrip hê as jy die waarheid praat.

Gistermiddag skakel Hannes die loodgieter en vra dat hy vandag, 'n paar van daardie teëls wat hy gebreek het, saam bring en dit kom regmaak.  (Hy het dit perongeluk gepreek en geseg dat hy wel daarvan by sy huis het.)
Hy moet vandag hier kom klaar maak.  Nee, seg hy vir Hannes, hy het nie daarvan nie!  Hy sal gaan soek iewers.

Die jaar moet homself maar uitwoed.  Jy kan verseker wees dat dinge sal verander en  ek glo dit kan nie erger nie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #27 on: August 24, 2012, 04:06:59 PM »
Nou kan hy seker nie onthou dat hy geseg het dat hy van daai teels by die huis het nie. hy het dit geseg om net weg tekom en nou speel hy vir tyd en hoop die probleem gaan vanself weg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #28 on: August 25, 2012, 06:07:45 AM »
Hy het dit net ontken.  Toe vra ek sy seun wat bygestaan het en hy antwoord toe dat dit nie dieselfde is nie. 
Ek wonder hoeveel ouers besef nie dat hulle eintlik 'n voorbeeld vir hul kinders is nie.  Hoe leer jy 'n kind die regte dinge as jy dit self nie doen nie. 
Ek sal nog uitvind wat van die 50 meter koperpype geword het wat hulle nie gebruik het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #29 on: December 04, 2012, 02:52:54 PM »
en toe swem ek weer...
toe kom die omie wat die nuwe kaste in die opwasplek moet insit
toe bou hy die kaste halfpad
toe boor hy 'n skroef deur die waterpyp
toe spuit dit water al die nuwe kaste nat
toe is die plek weer half vol water voordat hy die water kan toedraai
toe hoep die poender en toe hak die kaan
wat nou?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #30 on: December 04, 2012, 04:26:00 PM »
Ek is so jammer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #31 on: December 04, 2012, 09:37:37 PM »
Nee wat, teen hierdie tyd is dit 'n moerse grap!   Skuus my mooi Afrikaans.  Kan jy jou dit indink?   Maak nie saak waar jy vat of los nie, alles is onder water.  O halle  ha!!!!   Vertel 'n ander outjie vir my:  en tannie is 'n waterdraer?
Jaa well, so asof ek dit self gekies het! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #32 on: December 05, 2012, 08:07:02 AM »
 :icon_biggrin: ek nou vir jou: " Vertel 'n ander outjie vir my:  en tannie is 'n waterdraer? Jaa well, so asof ek dit self gekies het! "

Sterkte met al die water. Sê maar vir jouself dat dit "compassion" en liefde simboliseer en dat jou lewe daarmee oorvloei word.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #33 on: December 05, 2012, 08:19:36 AM »
Ek skud nog steeds my kop sodat my ore my kan wakker klap.   :icon_biggrin:  Dit is soooooo snaaaaaks.  Snaaks soos in vreemd en snaaks soos in lag jou 0 af. 
Ek lief lief die reën en seg altyd dit is seëninge van bo, nou kom dit sommer van orals af.   :angel4:
Gelukkig is dit skoon water en gelukkig het ons alles gou droog gemaak.  Geen skade nie.  Of sal ek seg, niks meer skade as wat reeds gedoen is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #34 on: December 05, 2012, 09:24:41 AM »
Nee o magtag! Ek dink dis tyd dat jy en Hannes woestyn toe trek en 'n nuwe oase begin want oral waar julle vat is daar sitkamers en kombuise vol waters.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #35 on: December 05, 2012, 05:19:38 PM »
Ja wraggies, dit is die oplossing!  Het nooit daaraan gedink nie!    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #36 on: January 26, 2013, 11:44:37 AM »
Waar ons ookal gaan vat ons die reën saam!

Gister kom ons huistoe van Grootvlei af.  Die weervoorspelling seg 38 grade met  GEEN  reën nie.  Ek sien geweldig baie uit daarna om tuis te wees.  Ons kan 'n vuurtjie maak en heerlik in ons eie groen-groen tuin kuier en 'n vleisie braai.  (Onthou, vir drie jaar weke  :icon_biggrin: het ek net plaveisel gesien.) 
Ons hou stil en koop  GTOENTE  en nog groente en groente.  Dis warm! 
Al's uit- en weggepak sak ons tuin toe.  Onder die avoboom se koelte.  Ek hoor 'n dreuning.  Nee, dit kannie wees nie.  Dit kannie reën wees nie, maar Kannie is lankal dood van kruiwastoot. 
'n Rukwind smyt Hannes se wynglas om.  Verbaas kyk ons na mekaar. Toe val die groot druppels uit die lug uit.  Inderhaas rol Frans die laaste stuk van die tuinslang op en stap weg.
Nog 'n rukwind en ons hoor 'n geweldige slag.  Een van die avoboom se takke het losgeskeur. Dit hang nog net aan 'n flentertjie vas. Dit het mooi tussen die houthuis en 'n palmboom ingeval, net daar waar Frans sekondes tevore gestaan het.    Die skade is minnimaal, maar die tak is oor die ses meter lank en dit hou 'n bedreiging in.  As daardie laaste stukkie los skeur is my stoepteëls in hul moerby in. 
Ons vat toe 'n band, maak dit om die tak vas, kap die laaste stukkie af en laat dit stadig sak tot op die grond. 
Natuurlik is ons Saterdagprogram heel verander, maar ons is baie gelukkig en dankbaar dat ons nie erge skade gekry het nie en niemand is beseer nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #37 on: January 26, 2013, 09:37:37 PM »
Ag vaderyjie tog. Ek kan ook nie my rug draai nie of jy beleer die een of ander drama. Ek is nietemin baie dankbaar dat julle okey tuis is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #38 on: January 27, 2013, 09:34:40 PM »
Dit was 'n heeldag operasie om die tak, plus 'n paar ander wat gevaarlik swaar gedra het, af te sny.  Ek dink alles is nou veilig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #39 on: January 28, 2013, 12:01:22 AM »
Grote Grietjie!! Saam julle dankbaar dat daar niemand seergekry het PM. Diekant is ons cowboydorpie alweer afgesny en ons kinders het kom kuier. Daar is op die oomblik nie een pad oop na die Gold Coast toe van hier af nie. Die bergpas na hulle huis bo op die berg lyk op sommige plekke soos woedende watervalle! Ons kry maar net die puntjie van die storms en om ons lyk die landerye en paaie reeds soos riviere en mere!


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #40 on: January 28, 2013, 02:59:45 PM »
Ek is so dankbaar dat julle voorsorg getref het Raaitjie.  Ek neem aan dat julle almal veilig is.  Dit is ook so gelukkig dat die kinders by julle is, dit kortwiek daardie geweldige stresfaktor.
Sterkte en voorspoed vir julle.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #41 on: January 29, 2013, 06:49:10 AM »
Oi, ekke diekant omtrent in trane hoor. Kinders moes vandag inderhaas pak en ons Jeep neem. Hulle het kom kuier met hulle ligte gesinsmotortjie en die paaie is nou slegs oop vir vier by vier voertuie. Die polisie het laat weet daar is erge vloedwaters oppad en die brug gaan vanmiddag gesluit word vir onbekende tyd. Die rivier wat alles weer gaan oorstroom is dieselfde monster wat in 2011 soveel skade berokken het. Daar is een lyn van die hoofweg oop na Brisbane vandag. Ons weet nie hoe lyk die rotstortings op die bergpas na hulle huis nie. Ek alles wat ek aan kan dink ingesit vir hulle indien daar dalk lang rye motors teen slakke pas gaan wees wat die polisie vermoed. Spenewese garings diekant. Ek weet nie eers of die pad volgende week oop gaan wees vir my toetse in Brisbane nie  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #42 on: January 29, 2013, 07:51:50 AM »
Ons sit op hete kole en wag vir die nuus dat julle kroos veilig anderkant is sustertjie. 

Verseker sal die pad oop wees, moenie nog daaroor ook komkommer nie, jou spenewese sal nie die ekstra stres kan hanteer nie.   :icon_biggrin: Vat die garings vas en hou moed! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #43 on: January 29, 2013, 09:25:43 AM »
Dankie matertjie. So pas nuus gehad dat die twee selfone se batterye gees gegee het. Daar was nie nog tyd vir herlaai voor hulle weg is nie en enigste ander kommunikasiemiddel was daar slegs 3 persent kraggies oor wat slegs gehou sal word vir noodgevalle. Geen inligting verder  :crybaby2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #44 on: January 29, 2013, 09:59:13 AM »
Dit is nou offisieel: ons is afgesny na al die paaie na die buitewereld soos tydens die vloede van 2011. Die pluspunt: geen vragmotors verby die pandokkie - nadeel is brood en melk seker by more 'n luukse  :`ip2: en terwyl ons krag het is die internet ons enigste kontak. As ek swygsaam raak moet julle weet ons funksioneer op parrafien en gas  :love7:
« Last Edit: January 29, 2013, 10:14:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #45 on: January 29, 2013, 10:46:25 AM »
Oi joi joi!  Ek hoop van harte die krag hou Raaitjie.  As jy nog enigsins kan moet jy asseblief laat weet of die kinders veilig is.  Ons hou duime vas dat dinge gou weer sal terugkeer na normaal.  Sterkte vir julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #46 on: January 29, 2013, 10:51:07 AM »
Tien sekondes terug boodskap gekry: Safely home!!! :love7: :hello2: :notworthy:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #47 on: January 29, 2013, 11:06:26 AM »
Kinders sonder elektrisiteit en yskaste 'n stinkeriger besigheid soos te verwagte maar hulle is veilig!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ... en toe swem ons...
« Reply #48 on: January 29, 2013, 11:14:51 AM »
Ag wonderlik.   :hello2:   :bootyshake:   Baie dankie dat jy laat weet het.  Nou kan my siel rus!  Ek is seker julle is ook baie bly. 
Om te weet is om te verstaan.