Author Topic: primus stofie  (Read 3768 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
primus stofie
« on: July 20, 2012, 07:59:28 PM »
Julle wat so bietjie ouer is as jonger mense wat nog nie so oud is nie sal die primus stofie onthou wat met lampolie gewerk het en hy word met so minuatuur fietspomp opgepomp om drukking te gee om die brandstof deur 'n nossel te laat spuit sodat die fynste druppeltjies kan brand en so af en toe moet hy weer opgepomp word waneer die vlam bedaar.

Nou die dag by skoonpa gekuier. Hy is ook al 83. Gee hy vir my oudste seun 'n primus stofie ( met verskil) om te kyk of hy hom weer aan die gang kan kry.
Wanneer skoonpa dit laas gebruik het weet ek nie maar dit kan dlak 20 of meer jare gelede wees. Hy vertel toe hulle in 1938 LM toe gegaan het vir vakansie het sy pa dit gekoop dat hulle daarop kan kos maak.

die model werk met petrol. die idee was dat waneer jy brandstof nodig het vir die stofie kan jy dit sommer uit jou ryding se petrol tenk tap.
hy pak mooi netjies in mekaar en kan opvou so groot soos 'n Sub B koffertjie, en waneer jy hom gebruik pas sy tenk aan die kant.
My seun het hom mooi skoon gemaak en my fietspomp se waster voor op die stook stok gepas en hom opgepom en op die ou end hom aan die gang gekry. Daar was nog petrol in van waneer laas se gebruik weet ek nie, maar dit het nog gewerk.
in elk geval so lyk stofie.



Hier is blykbaar 'n datum op van 1935.

waneer jy hom oppomp kom die petrol van voor af in hierdie pypie en jy steek die  gids vlam brand om die petrol in die pyp te verhit.



hier brand die gidsvlam



waneer die petrol warm is dan draai jy die kraan voor oop en steek die groot brander aan. die brand ook onder die pyp en hou dan self die petrol warm en jy maak die gids vlam dood.



hier is die plaat waarop die pot of pan staan.



hier brand die 2 vlamme gelukkig.



hulle het darem  water gekook nou die aand.
« Last Edit: July 20, 2012, 08:03:17 PM by AB »

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: primus stofie
« Reply #1 on: August 01, 2012, 12:12:00 PM »
Nou toe nou. Het nog nooit so een gesien nie. Ken net van die gas een. (werk nogsteeds net met gas) Vir die een wat nou geen kennis dra lyk dit baie soos die gasstoof wat ek het.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: primus stofie
« Reply #2 on: August 02, 2012, 05:42:40 AM »
Dankie vir die deel AB.  Dit is baie oulik en 'n ware erfstuk. 

Hier is 'n webblad wat meer inligting gee. 

http://www.spiritburner.com/fusion/showtopic.php?tid/1590/
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: primus stofie
« Reply #3 on: August 04, 2012, 09:16:47 AM »
dankie PM

ja ons sin lyk nes daai een.

malherbe het ook op die net gesoek na webblaaie oor die stofie en op 'n ander forum afgekom waar die mense liries raak oor stofies en hulle wil fotos sien met vlamme, seker maak dat dit waaroor jy skryf werklik werk.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: primus stofie
« Reply #4 on: August 04, 2012, 09:59:15 AM »
Dit is natuurlik die ideaal.  Ek bedoel dat iets nog in 'n werkende toestand is.  Jy weet mos ek lief oudhede.
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: primus stofie
« Reply #5 on: August 10, 2012, 12:43:02 PM »
Baie interessant maar is petrol nie 'n gevaarlike brandstof vir 'n stofie nie? Parafien is ook maar gevaarlik maar dalk minder volatiel?

Nietemin vrek interessant