Author Topic: Verskillende Partytjies  (Read 8166 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Verskillende Partytjies
« on: July 19, 2012, 10:22:05 AM »
Wil gou hoor wat is die etiket waar dit by verskillende partytjies kom.

Nou ek verstaan by 'n troue koop mens iets of gee 'n geldjie.

By 'n KitchenTea KombuisTee of een van daai wilde Kombuis Koffies, bring jy 'n dingetjie wat hulle nodig het of aanvra by een of ander winkel.

Nou my vraag is, wat by 'n verlowings party? Koop mens iets? Wat as dit nie hou nie?  :dontknow:

Ek het by 'n vorige een (na regte nie geweet dis 'n verlowings party nie), eers toe ons daaraan kom gehoor geluk en bla bla bla, so ek het hulle toe niks gegee nie.

So wat is die etiket by verskillende partytjies?   :icon_scratch:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #1 on: July 20, 2012, 07:47:15 AM »
By verlowingspartytjies gee jy ook 'n geskenk, maar as die twee uitmekaar gaan, moet hulle die geskenke terug besorg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #2 on: July 20, 2012, 09:55:49 AM »
Dankie PM,pie....

O gits dan beter ek na werk gou winkels toe. Die Party is more en ek het 'n byeenkoms die hele naweek.   :icon_biggrin:

"Shop shop shop till I drop"  :toothy4:

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #3 on: July 20, 2012, 12:22:18 PM »
Trappies maak soos die Chinese man,

kry rooi envelopes (dit bring geluk) en gooi 'n paar Rand Note daarby in - dan kan paarjite self besluit wat hulle wil koop -
gaan hulle uitmekaar, moet hulle die rooikoevert met rente terug gee  :evil6:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #4 on: July 20, 2012, 12:58:42 PM »
 :evil6: :evil6: :evil6:

Jong Willatjie, dit gaan nou nie so lekker werk nie. Jy sien die ding staan so, geld is die een ding wat Soetjiestrap nie het nie. Wel as ek nou my kaart in die rooi koevert gaan sit,  :icon_scratch: gaan hulle hom vir my betaal of hom nog verder in die rooi druk  :evil6:

Maar ek gaan nou soek vir 'n rooi koevert vir die geluk gedeelte en dalk vir hulle iets soos blikkies of speserye koop.  :evil6:

Sien hulle bly al saam en ek glo hulle het al meeste as nie alles wat hul hart begeer nie.

Wat van 7 sakke sout met 'n boodskap eet dit eers op dan praat ons weer  :evil6:, O jong ek weet sommer ek gaan in die moeilikheid wees, want by die niggie se verlowings partytjie het ek niks gebring nie.  :dontknow:


 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #5 on: July 20, 2012, 01:10:08 PM »
Ek het dit dat jy nie vir 'n verlowing geskenke gee nie. Elk geval nie hier innie Kaap nie. As die verlowing opbreek, wie gaan jou gekenk of geld teruggee.
Ek sal die partytjie bywoon maar hulle moenie 'n geskenk van my verwag voor die troue nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #6 on: July 20, 2012, 02:05:35 PM »
Dis hoe ek dit ook gehad het Naas. Soos gewoonlik verskil die klompie en dus het ek besluit om hier te hoor. Ek weet nou nie. Dalk net 'n kaartjie gee met 'n geluk in 'n rooi koevert  :icon_biggrin:

Het baie kaartjies, daar behoort een te wees oor 'n troue wat nie so baie lyk soos 'n trou kaartjie nie  :toothy4:

Dankie vir jul raad ek waardeer dit regtig baie.

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #7 on: July 20, 2012, 05:05:05 PM »
as hulle reeds saam bly - gee sommer 'n mooi kers wat hulle kan opbrand as hulle by kerslig eet saans
dan by die troue kan mens iets meer permanet gee

ek dink ook altyd - breek hulle op, skei hulle - is dit hulle worries oor wie vat die was en wie die put - ek het gegee, nie meer my worry nie  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verskillende Partytjies
« Reply #8 on: August 22, 2012, 08:13:03 AM »
Lekker lag ek nou.  Ek dink teen daardie tyd is die was en die lont opgebruik.   :icon_biggrin:

Eers die verlowing, dan die kombuistee en die tou-om-die-nek vir die man, dan die troue.  Dan die babatee.  Dan die verjaarsdag elke jaar. 
Met my en Hannes uitgesluit (ons koop nooit vir mekaar geskenke nie) is daar 28 mense net in my gesin, wat elke jaar geskenke moet kry, hetsy dit kersfees of verjaarsdag is.  Ek sien hulle begin nou geskenke uitdeel met gesinsdag.  'n Mens sal bankrot raak. 
Om te weet is om te verstaan.