Author Topic: Rictameter Gedigstruktuur  (Read 9271 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Rictameter Gedigstruktuur
« on: July 12, 2012, 01:54:05 AM »
Gedig word gevorm deur nege reëls.

Reël 1 en 9 is dieselfde.
Die lettergreep telling vertoon so:

Reël 1:  1 tot 2 lettergrepe
Reël 2:  2 tot 4
Reël 3:  3 tot 6
Reël 4:  4 tot 8
Reël 5:  5 tot 10
Reël 6:  8
Reël 7:  6
Reël 8:  4
Reël 9:  1 tot 2 soos met reël 1


My voorbeeld:



Wie kan
so argeloos,
liefdevolle steke
wat pronk in gulle blokkieskleur,
kompleet soos die lappop van weleer -
nutteloos verdoem tot afval,
oor tak en blaar gaan gooi.
Wonder jy ook
wie kon?

© Meraai vannie baai

Hier is PM se pronkvoorbeeld:

Sou jy,
as jy kon weet
hoe kort die lewe is,
jou broer nog so stief behandel,
of sou jy liewers dink voor jy doen en
jou volhartig met hom versoen?
die liefde sal seëvier...
die haat verbloem...
sou jy?

© Piet Magriet

En toe sleep Naas vir Aspoestertjie nader:

Aspoestertjie: Oupa se raad

Verlang
Oor golflengtes
Deur kuberruimte wyd
Na vriende nooit in oog gekyk
Ons het aaneen gekuier en geklets
Pret gemaak met kosbaar woorde,
In lief en leed gedeel.
Golflengtes vêr
Verlang

Ek hoor
My oupa sê
“My kind, verlang is seer.
Maak weer jou vriende bymekaar
Want sonder kuier en sonder klets
Is jou oë vêr en vaal."
En ek weet verseker
Ek moet terug.
Gehoor.

© Aspoestertjie

Onder dekmantel sien die volgende spogvoorbeeld die lig:

Waarheen
Lei my lewe?
Wat is die doel daarvan?
Ek gaan lewe, ek gaan sukkel
Deur die gange van my aardse bestaan.
Maar opgee gaan ek wragtag nie
Want verder as lewe
Gaan my bestaan
Waarheen?

© Queeney
« Last Edit: July 12, 2012, 04:11:17 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #1 on: July 12, 2012, 04:20:14 AM »
Skiesie PM as ek jou rondgegooi het met die verandering wat ek aangebring het by die voorbeeldgedig terwyl jy hier aangedoen het  :icon_bigsmurf: Het my alie afgesukkel om die ander voorbeeld met foto by vas te maak hier. My program gestaak terwyl ek halfpad in die aandra proses was!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #2 on: July 12, 2012, 04:24:56 AM »
Raaitjie, daar inspireer jy my toe om die "kontras" wat ek tussen jou lyne opgetel het, uit te haal:

Meraai van die Baai

Dink net:
as daar vir ons
'n aardse uitveër was,
sou ons dan instaat wees om soos
'n kunstenaar, die donkerste dele
uit te wis in ons lewensskets.
Kraakwit, as hoogtepunt,
sou dit uitstaan.
Dink net!

PM

Dink net:
as ons wel kon
deeltjies uitwis
sou almal dit mos doen
en geen wafferse kunstenaar
kan ‘n prentjie optoor
sonder die palet van kontras;
‘n blanko vel papier
‘n saai verhaal.
Dink net!

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #3 on: July 12, 2012, 04:28:20 AM »
Dit het so ongesiens by my verby gewaai.  Nou sien ek wat jy gedoen het en ek is mal daaroor. 
Gelukkig het ek die ander een "geskaai" voordat jy dit kon weg neem.   :hello2:

Ek moet gou nog by seg, hierdie werkie van jou is die gekroonde gedig vir die maand. 
« Last Edit: July 12, 2012, 04:30:19 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #4 on: July 12, 2012, 04:30:01 AM »
WOW! Dit is pragtig gedoen PM  :notworthy: :icon_salut: Nou is ek soooo dankbaar jy het in die middernagtelike ure (?) hier rondgedwaal en die eerste voorbeeld raakgelees voor ek dit 'uitgevee' het.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #5 on: July 12, 2012, 04:30:31 AM »
Hehehehe SNAP!!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #6 on: July 12, 2012, 04:32:43 AM »
 :icon_bigsmurf: :notworthy: Wat 'n groot eer. Duisend dankies matertjie!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #7 on: July 12, 2012, 04:35:58 AM »
 :icon_biggrin: Snap!   :love7: Raaitjie.

 :nono: Moenie uitvee nie!  Sit dit net 'n rukkie weg as jy nie tevrede is nie, maar ek het gedink dit is nie "cool" nie, dit is "hot!)

Dit gaat boek toe!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #8 on: July 12, 2012, 04:40:30 AM »
Toetentaal en al gaande oor hierdie 'duet' van ons. Stoot die bors krop  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #9 on: July 12, 2012, 04:44:35 AM »
Dink jy dit kan ons ander matertjies ook na die pen laat gryp?
Ek mis hulle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #10 on: July 12, 2012, 04:48:06 AM »
Ek mis hulle net so. Dit is maar eensaam in die tye wat ek hier kom dwaal deur erwe en as ek nou soos vandag, geselsskap kry is ek in die sewende hemel. Wonder waar is ons woordmaatjies? Kom ouens, kom skryf saam sebliefffff  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #11 on: July 12, 2012, 05:24:53 AM »
Hier is 'n uitdaging, elkeen moet die voltooi.

Sien jy?
Hier is ‘n plek
waar ons wipplank ry.
Gister het ons trane gestort...
vandag breek die lag saam met die dag.

Gedig word gevorm deur nege reëls.

Reël 1 en 9 is dieselfde.
Die lettergreep telling vertoon so:

Reël 1:  1 tot 2 lettergrepe
Reël 2:  2 tot 4
Reël 3:  3 tot 6
Reël 4:  4 tot 8
Reël 5:  5 tot 10
Reël 6:  8
Reël 7:  6
Reël 8:  4
Reël 9:  1 tot 2 soos met reël 1

Die wêreld is geen plek vir my
ek hou van besadig,
ek hou verby.
sien jy!
« Last Edit: July 13, 2012, 05:44:40 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #12 on: July 12, 2012, 05:57:21 AM »
Oe la la. My plek geboek!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #13 on: July 13, 2012, 05:42:32 AM »
Ek het sommer gou my eie weergawe van die tweede helfte van die gedig onder die reels geplaas.  Het net gedink dan hoef die ouens nie te soek na die reels nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rictameter Gedigstruktuur
« Reply #14 on: July 15, 2012, 12:48:00 AM »
Pragtig PM!! Sal my bydrae bring  :icon_salut: