Digkuns > Digformules of -strukture

Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm

(1/6) > >>

Meraai vannie Baai:
'n Eie struktuur as kreatiewe skryfoefening.

Die gebruik van slegs drie woorde om 'n sin te vorm laat die skrywer kopkrap, die aanvul in 'n ander taal maak van hierdie struktuur ook 'n lekker saamskryfpoging in duet vorm.

Twee van ons 'ouer strukture' word gekombineer as fondasie vir hierdie gedigvorm:
1. Drie-woord-wurm: drie woorde ondermekaar wat 'n volledige sin moet vorm (segment).
2. Dubbeldoor: twee tale in een gedig.

Die titel is 'n saamgestelde woord wat beskryf word in die twee segmente van drie woorde elk.

Outop en ek het gesegdes gebruik om ons 'dubbeldoor drie-woord duet' te skep.

*Grysnomades

Erfgeld
word
swerfgeld

adventure
before
dimentia

© Meraai vannie baai en Jan Anderland (Outop)

*Grysnomades/Grey Nomades - Leefwyse van die kieriebrigade in Australia (afgetrede oues van dae op die wapad met huise op wiele deur Australia, besig om die kinders se erfgeld uit te swerf)

PM:
Ek is mal hieroor.  Dit sit sommer 'n lag in my dag en Hannes lag dat jy hom waar kan hoor!  Pragtig gedoen. 

Kan ek iets byvoeg?
Oud
nie
koud!

Meraai vannie Baai:
Lieffff dit PM!! Sal bietjie hoor of Outop nie iets in die rooitaal kan byvoeg nie!

Wonderlike leefwyse hoor  :icon_bigsmurf: alhoewel die kinders seker nie soveel plesier put uit elke trip wat nog 'n gaatjie in die erfgeld laat. Jy ken die ouens so uit: Wieletjieshuis gesleep deur vier-by-vier met 'n 'tinny' op die dak en 'n hond op die agterste sitplek. Ons kort nog net die erfgeldjies, hond en die bootjie dan kwalifiseer ons ook  :evil6:

Meraai vannie Baai:
Oud
nie
koud!

Warm
blooded
Dinosaur!

PM en Outop  :notworthy: :toothy4:

Ah Willa:
plig
moor
pret

death
by
labor

© Ah,Willa!

 :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version