Author Topic: 'n Lettergrepige Struktuur  (Read 13340 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
'n Lettergrepige Struktuur
« on: July 05, 2012, 07:46:32 AM »
Die eie struktuur word gevorm deur ses reëls waarin die lettergrepe onderskeidelik afgewissel word: 6/9/6/9/6/9
Drie onderwerpe wat 'abstrak' gebruik word om die beeld/emosie oor te dra.

Die 6/9 wat herhaaldelik gebruik word is ook 'n verwysing na dan is jy bo, dan is jy onder
Verwagtinge/teleurstellings. Positief/negatief - soos die kringloop van menswees.

Uitslag: (Ab)normale selle

Daglig -  slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel.

© Meraai vannie baai

*ek het drie 'positiewe onderwerpe', negatief gebruik om emosie voor te stel.
« Last Edit: August 16, 2018, 05:13:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #1 on: July 05, 2012, 08:39:28 AM »
Ek lief hierdie struktuur en jou voorbeeld.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #2 on: July 05, 2012, 01:08:49 PM »
Ek het gou skelmpies hier kom inloer. Die werk kan 'n bietjie wag.
Dankie Raaitjie, ek kan nie wag om self te kom saamspeel nie. 
Jou voorbeeld is soos altyd, uit die boek uit en dit moet ook boek toe.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #3 on: July 07, 2012, 09:57:52 AM »
'n heerlike uitdaging en prag voorbeeld ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #4 on: July 08, 2012, 11:10:13 PM »
Bly julle het geniet. Plek geboek vir julle skeppings hoor  :notworthy: :icon_salut: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #5 on: July 10, 2012, 08:37:57 AM »
Asseblief ouens, kom skryf saam, hierdie onderwerp moet boek twee toe.  Ek sal ook nog myne bring. Gee my net kans om droog te word.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #6 on: July 10, 2012, 01:57:10 PM »
EK wil, ek wil, maar my gedagtes wil nie hok toe nie. Sodra ek iets neer gepen het, sal ek dit hier plaas.  :hello2:

 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #7 on: July 10, 2012, 11:51:21 PM »
Beloofde lyne

'n Kis is staangemaak -
beloftes nadergetrek; langs my
glimlag die woordmandjie
oopbekgul. Vyf vriende vou getrou
om 'n steeltjie van loot...
geduldig wag ek op die griffels.

 :book1: :icon_salut: :notworthy:

© Meraai vannie baai

*Terwyl ek geduldig wag om te kan oes, is die volgende twee lettergrepige verse geskep:

Ek voel veilig en tuis
binne die mure van 'n struktuur
waar woorde poëties -
so vernuftig in verse verdig,
knus rus tussen grepe -
rigied voorgestel en nagevolg.

        ******

9/6/9/6/9/6

Almal weet, na A en B volg C
maar tussen gee en neem
rus die besluit tussen jou en my.
Watter hand het gefaal
sou niemand agterna kon bepaal;
reëls - nou omgedraai.

© Meraai vannie baai

HULP GEVRA ASB:  :dontknow: ek is onseker oor die aantal lettergrepe van poëties
« Last Edit: July 19, 2012, 08:39:15 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #8 on: July 11, 2012, 05:02:08 AM »
Goed gedoen Raaitjie.   :hello2:

Ek sou seg drie lettergrepe -  po-e-ties.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #9 on: July 11, 2012, 05:05:04 AM »
Duisend dankies mater. Ek het hom eers so getel, toe onseker en bring 'ons' in. Nou kan ek dit herstel  :notworthy:
sal 'reëls' dan een of twee grepe wees?  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #10 on: July 11, 2012, 06:08:40 AM »
Ek dink daai een is reg.  Ek het daar vasgesteek, maar toe ek weer lees lyk dit vir my reg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #11 on: July 19, 2012, 06:58:10 AM »
vir my is 'n lettergreep, elke klank wat in 'n woord is,   :toothy4:  ek probeer dit beskryf    :icon_biggrin:   daarom sal ek poëties ook as drie lettergrepe beskou, en reëls as twee.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #12 on: July 19, 2012, 07:22:43 AM »
Duisend dankies matertjie. Die goed is altoos 'n tameletjie vir my. Ek het dit beskou, kopgekrap en toe gedink dit is 'n onopbreekbare woord LOL.  Maar as mens dit uitspreek is daar twee klanke.

Ek het  hierdie skakel gekry waar dit wel opgebreek word in twee grepe:
http://books.google.com.au/books?id=UMM3R6giBDwC&pg=PA663&lpg=PA663&dq=hoe+word+woorde+opgebreek+in+lettergrepe&source=bl&ots=sZijRjKgoW&sig=nrPd2UzziiOvXXKUYVzfVP0YGAg&hl=en&sa=X&ei=GakHUKWaOK6SiAeByaCVBA&ved=0CFYQ6AEwBg#v=onepage&q=hoe%20word%20woorde%20opgebreek%20in%20lettergrepe&f=false

Hier is 'n handige skakel wat ek baie geniet (kan dalkies al verouderde reëls bevat skiesie hoor):

http://www.cebita.org/cebita/abv/werkboek/6D%20HUISSTYLGIDS%20080912.htm
« Last Edit: July 19, 2012, 08:31:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #13 on: July 19, 2012, 08:32:18 AM »
Kom ons debateer 'n bietjie, ek is lus om te stry.  :icon_biggrin:
Volgens my sou altwee goed werk, ek bedoel, een of twee lettergrepe. Lees ek 'n gedig dan "sing" ek, praat ek die taal dan sou ek "gelykmaking van klanke" inspan.  Maak 'n sin:  Hou by die reëls poppie. Is dit nog twee lettergrepe?
Kan die digter 'n keuse maak?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #14 on: July 19, 2012, 08:39:05 AM »
Ek het gou deur die ander skakel ook geblaai en "leu'en" opgetel.  (twee lettergrepe) maar ons praat nie so nie.  Wie kan kom help? Het die skrywer 'n keuse as dit kom by gedigstrukture en lettergrepe tel?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #15 on: July 19, 2012, 08:40:42 AM »
Ekke lief jou, weet jy dit? Hoop ons kry uitsluitsel. My plekkie geboek!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #16 on: July 19, 2012, 08:56:31 AM »
"Smile" ek van oor tot oor!  Dit is al wat ek nodig het om my deur die dag te skop!  Dankie Raaitjie, ek lief jou ook.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #17 on: March 11, 2013, 11:12:01 AM »
Dit lyk my niemand wil stry nie.   :icon_biggrin:
Ek het weer hierdeur gelees, asook die skakels en dit is baie interessante leesstof. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #18 on: October 09, 2015, 12:40:20 PM »
Ek mis vanaand die ink in my pen  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #19 on: October 12, 2015, 11:27:30 AM »
Ag vriendin, kom maak maar hier by die forum vol.  Hier is solank vir jou 'n  :coffee2: tjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #20 on: May 01, 2016, 11:29:53 PM »
Dankie baie baie vir die koffietjie. Was dit nie vir ons gas nie, het ek dit wraggies gemis! Was juis nou net oppad vir 2de enetjie vir die oggend.
Ek mis ons kuiertjies saam  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #21 on: May 04, 2016, 07:25:39 PM »
Kom sleep-sleep ek hier agterna.  Ons het nog geen offisiële (ge-onderstreep) uitslag gekry nie, maar kom ons probeer weer.  Hoeveel lettergrepe tel jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #22 on: May 07, 2016, 12:45:19 AM »
Ek dink as ons klankgrepe as kruk gebruik vir die bepaling van hoeveel lettergrepe 'poëties' bevat, gaan ons dalk oor die lat kan spring.

Spreek ons dit nie as 'poe-e ties' uit nie? Dan tel ek ook een, twee.... drie!
« Last Edit: May 07, 2016, 12:49:15 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lettergrepige Struktuur
« Reply #23 on: June 22, 2016, 02:45:42 PM »
Beslis, jy is heeltemal reg.
Om te weet is om te verstaan.