Author Topic: woesforum  (Read 5828 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
woesforum
« on: July 01, 2012, 12:20:02 PM »
ek wonder nou wat het ek verkeerd gedoen.......wou op woesforum loer en daar ord net geseg: Sorry LOX you are banned form this forum. Wat ek verkeerd gedoen het weet ek nie, nou sal ek maar dit seker so moet aanvaar dat ek nie orals welkom is nie ( en nie orals welkom voel nie)

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: woesforum
« Reply #1 on: July 01, 2012, 02:16:08 PM »
Genade, hulle raak nou omtrent simpel. Ek het myself sommer daar verwyder. Ons kuier maar liewer hier by onse mense.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: woesforum
« Reply #2 on: July 01, 2012, 02:18:44 PM »
 :hello2: Hoephiep hoera!!! Ek ook. Verban, in die buitenste duister uitgewerp. Aan my onderbroek opgehanh om biltong te word.
Ek's 'n onwelkome skurk.
Hahahahaaaaaaaa!!!!!





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: woesforum
« Reply #3 on: July 01, 2012, 03:00:04 PM »
Ek het vir Willem gevra om die forum so te maak dat nuwe lede direk by my aansoek doen vir lidmaatskap.  Die gemors wat daagliks daarop gegooi word het my lam in die knieë om dit te verwyder. 
Ek glo nie jy is moedswillig "geban" nie AB.  Ek sal gou daar gaan loer en kyk wat fout is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: woesforum
« Reply #4 on: July 01, 2012, 03:17:46 PM »
ek het maar net gewonder PM. dis in elke gval effens dooi daar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: woesforum
« Reply #5 on: July 01, 2012, 03:20:57 PM »
Ek het gaan kyk AB, jou naam is nie op die "ban list" nie. 
Gee vir my jou IP adres, dalk het dit iets daarmee te doen.  Was jy al op daardie forum vandat die nuwe e-posadres gebruik word?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: woesforum
« Reply #6 on: July 02, 2012, 11:06:11 AM »
ek was ook 3 jaar laas op die Woesforum - so ek weet nie wat daar nou aangaan nie - ek het wel nog my Woes profile en  deel net gedigte en inbox my Woes vriende van tyd tot tyd ... maar ek kuier liefs hier in die tyd wat ek vry het
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: woesforum
« Reply #7 on: July 02, 2012, 12:44:05 PM »
Nou gou ook gaan probeer aanteken hehehehe...


An Error Has Occurred!



Sorry Guest, you are banned from using this forum!

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: woesforum
« Reply #8 on: July 02, 2012, 12:58:56 PM »
Ek weet nie eers meer hoe om daar uit te kom nie. Het die www vergeet... :dontknow: min gespin.

 :angel12:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: woesforum
« Reply #9 on: July 02, 2012, 06:19:47 PM »
nee gits ek weet nie eers van nuwe e pos adres nie en ek weet nei hoe en waar kry ek my IP adres nie, ek dom met daai dinge.


Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: woesforum
« Reply #10 on: July 02, 2012, 08:23:42 PM »
ek het woesforum gaan google, omdat ek nie meer 'n ander link daartoe het nie en daar staan al klaar

An Error Has Occurred!
www.woesblog.com/forum/index.php - Translate this page
Woes Forum. 29, June, 2012, 11:45:22 pm *. Welcome, Guest. Please login or register. 1 Hour, 1 Day, 1 Week, 1 Month, Forever. Login with username ...

lyk of die hele forum totaal uitgevee is.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: woesforum
« Reply #11 on: July 03, 2012, 08:36:43 AM »
As woes forum uitgevee is, sal daar wel weer iets uitpop somewhere.
Dalk is die water bietjie warm.. of heeltemal koud?
Wat sou geword het van al die digters en hul werk?
Wonder wat se die sponsors..
Elk geval, het lankal bi  :wave: gese vir Willem en sy Woeste www.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: woesforum
« Reply #12 on: July 03, 2012, 12:29:06 PM »
Ek glo nie die forum is uitgevee nie - eerder dat daar dalk tegniese probleme is - of hulle het dit ook nou baie privaat gemaak dat net lede mag in log - maar dan is daar geen verwysing hoe om aansoek te doen as lid nie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: woesforum
« Reply #13 on: July 03, 2012, 01:53:16 PM »
Die ouens wat nou onlangs op Woesforum was weet hoeveel malkoppe net allerhande advertensies daar gaan gooi het.  Ek kon nie voorbly om dit skoon te maak nie en het gevra dat Willem die aansoeke om nuwe aansluitings na my adres toe moet stuur.  Ek kan nie daar doen wat ek wil nie,  moet eers die baas se toestemming kry.
Ek weet hy wou die forum by Woes insluit, hulle is seker besig daarmee.  Ek is mos 'n "mushroompie".  Sal seker later uitvind. 
Om te weet is om te verstaan.