Author Topic: Fransi se voorstel  (Read 6940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Fransi se voorstel
« on: February 01, 2013, 02:24:38 PM »
Ek het die volgende voorstel van Fransi gekry en dink dit is 'n briljante idee. 

Dit sal ook interessant wees (vir my) as 'n mens bv. 'n ouer digter uit die vorige generasie vat wat wel nog
publiseer en sien hoe daardie persoon se werk  gegroei en aangepas het en of dit a.g.v.
persoonlike groei en ervarings was of omdat die mark verander het.


Dalk Sheila Cussons. Ek weet sy is dood, maar haar bundels strek oor tenminste 'n tydperk van 20 jaar. Of dalk Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Lina Spies, Joan Hambidge,  Daniel Hugo of Koos Kombuis.

Ek sou graag wou hĂȘ ons moet 'n digter kies uit hierdie lysie wat Fransi voorgelĂȘ het.  Watter digter en sy/haar werk sal ons eerste bespreek?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Fransi se voorstel
« Reply #1 on: February 02, 2013, 09:17:27 AM »
Moenie PG du Plessis vergeet nie en mens kan hom saam met Ingrid Jonker neem ... hulle het tog ook hand aan hand geloop in tyd en liefde ... sy is nie meer met ons nie, maar hy is en altwee se werk leef nog voort

http://en.wikipedia.org/wiki/Hertzog_Prize

http://en.wikipedia.org/wiki/Ingrid_Jonker

Ek hou van die idee - want uit so 'n bespreeking/navorsing kan ons self leer en groei
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Fransi se voorstel
« Reply #2 on: February 02, 2013, 09:32:06 AM »
Dankie vir jou inset Wils.  Ek hou ook van hulle werk.  Daar is so baie skrywers wat 'n groot impak gemaak het.

Breyten Breytenbach is tans in SA en ek het Donderdag na 'n onderhoud geluister wat RSG met hom gehad het.  Die man se aksent slaan duidelik deur.  Watter werk van hom is vir julle goed?

Ek het hierdie gou van die Internet afgetrek. 

Awards

1965: A.P.B. prize for Die ysterkoei moet sweet and Katastrofes
Hertzog Prize for Poetry 1984 and 1999
CNA prize for Die huis van die dowe, Kouevuur and Lotus
Van der Hoogt prize (a Dutch award) for Skryt
Perskor prize for Voetskrif
Special prize from the Jan Campert Foundation
Special award from the International Publisher's Prize
Hertzog Prize for poetry 2008 for Die Windvanger
Max Jacob Prize 2010 for Outre Voix/Voice Over, the French edition of his poetry collection Oorblyfsel/Voice Over
Mahmoud Darwish Literature Prize 2010 for Oorblyfsel/Voice Over
The CD Mondmusiek is voted best Afrikaans album, 2010
Max Jacob Prize 2010 for Outre Voix/Voice Over,
the French edition of his poetry collection Oorblyfsel/Voice over
Mahmoud Darwish Literature Prize 2010
for Oorblyfsel/Voice Over
Hertzog Prize 2010 for Die Windvanger
« Last Edit: February 02, 2013, 09:53:26 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Fransi se voorstel
« Reply #3 on: February 02, 2013, 11:24:01 AM »
 :hello:

As julle wil, kan ons dalk die eerste en laaste bundel neem, bespreek en vergelyk?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Fransi se voorstel
« Reply #4 on: February 02, 2013, 01:08:33 PM »
Ek dink 'n mens moet dit beperk tot gedigte en dan sal ons seker moet toestemming by die skrywers kry om dit te plaas.  Watter digter se werk sou jy eerste wou bespreek Fransi?
Om te weet is om te verstaan.