Author Topic: Toe spoel ons amper weg  (Read 25063 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Toe spoel ons amper weg
« on: June 28, 2012, 05:55:07 AM »
Toe haal my naam gisteroggend die Beeld koerant saam met Zuma op die voorblad.  :icon_scratch:

Dinsdagmiddag toe hoor ons die oproep oor die Sektor 1 radio dat op ons naaste hoek 'n waterpyp gebars het en die water loop deur die strate.  Gelukkig, baie gelukkig, was Hannes by die huis.  Hy stap voordeur toe om buite te gaan kyk wat aangaan. Toe hy die voordeur oopmaak toe hoor ek al die gedruis van die water.  Die volgende oomblik weet ek ons is in die moeilikheid.
Die water kom soos 'n waterval van die trappe af en begin summier by die voordeur instroom.
Vuil modderwater. 
Dit maal en kolk soos 'n rivier in vloed. 
Dankie tog dat ons lede is van sektor 1 met radios, sodat ons altyd weet wat aangaan en altyd kommunnikasie met mekaar het en dankie tog dat my broer Ockert onmiddellik beheer oorgeneem het.  Binne sekondes hoor ons dat dit die reservoir se 600mm pype is wat losgekom het van mekaar.  'n 20 miljoen liter reservoir en die mense wat die beheerkamer se sleutels het om die water toe te maak sit in Centurion en dit is spitsverkeer.
Die reservoir is bo teen die noordelike hang van die berg en ons is net daaronder, die laaste straat teen die berg. 
Ockert het gister eers vir ons vertel dat die water 'n dik straal in 'n boog van 150 meter deur die lug gespuit het.  Daar waar dit geland het, het dit 'n gat so groot soos 'n krater uitgegrou en al daardie modder is saam met die water die berg af en vier van ons huise het sleg deurgeloop. 
Die eetkamervenster is ongeveer 'n half meter van die stoepvlak af en ons het die vensters en deure oopgemaak om die water, modder en plantmateriaal wat in volle vloed afgekom het, deur te laat.  Voor in en agter uit, maar nie voordat dit elke liewe vertrek in ons huis oorstroom het nie.  Kniediep.  Yskoue water. 
Alhoewel ons gelukkig vier groot-groot glasskuifdeure aan die "onderkant" van die huis het, is dit op 20cm muurtjies gebou. 
Toe die watervlak hoog genoeg is, stroom die water deur die deure, tuin toe.  Ons het 'n betonheining reg om ons erf.  Daar begin die water toe met 'n spoed opbou.  Ockert het toe al reeds die brandweer op die toneel en die ouens kom in en kap gate in die mure sodat die water kan uitgaan.  Toe is dit reeds 'n halfmeter opgedam. 
'n Uur en 'n half later is die reservoir leeg.  Die dreine is verstop. Alles wat op die vloere in die huis gestaan het is weg gespoel en lê buite in die tuin.  Geen water, geen krag. 
Die modder by die voordeur op die stoep lê kniediep.
Die water is 20cm diep in die huis en die slik is so erg, jy sukkel om daar te loop.  Al my houtmeutels staan in die water. Die gordyne slurp al die lekker modderwater op.  Ons het gebouversekering maar nie inhoudsversekering nie. 
Toe die watervloed ophou, toe kom die mense.  Nuuskieriges van heinde en ver. Sektor 1 se lede in samewerking met Metro, die brandweer en die polisie, het al die omliggende paaie afgeskort, maar die mense kom per voet.  Hulle moet kom kyk hoe lyk jou skade. 
Nadat die brandweer hulle daar uit het, toe kom die "hooggeplaasdes".  Die "investi-gatore".   Die stadsraadslid/lede, die elke ou met 'n ander "titel". Dit is chaos!
Ons word opdrag gegee om niks te doen alvorens ons asessor nie op die toneel was nie.  Nouja, dit is vandag dag drie.  Kom ons hou almal duime vas dat hy dit darem vandag sal kan maak. 
Net vir geval julle gewonder het hoekom ek "gedros" het, dit is hoekom. 
O ja, ons het gisteraand hier in 'n gastehuis kom slaap, hier is darem krag en water.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #1 on: June 28, 2012, 08:10:16 AM »
Ai PM.  Dis sleg.  Wens ek kon jou help.  Sterkte met die opruim jong.  Ek sal spesiaal aan jou dink vandag. 

 :icon_scratch:  o gits, ek doen dit mos in elk geval.  Nou ja, dan dink ek ekstra ekstra spesiaal aan jou.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #2 on: June 28, 2012, 11:12:12 AM »
Ai ai ai. Dis vreeslik. Al die modder eish. So jammer PM. Wens ek was nader en kon help met skoon maak. Gelukkig is julle okay. Het gister probeer bel, maar verstaan nou hoekom dit bietjie wild gegaan het daar. Eish. Water kan soveel skade doen en dan nog die modder.   :crybaby2

((((((((((HUG))))))))))   ((((((((((DOOS ROOIKOELDRANK))))))))))

   :angel12:
« Last Edit: June 28, 2012, 12:07:08 PM by PM »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #3 on: June 28, 2012, 11:20:15 AM »
Ek was ook paar keer op die foon en naelkoubekommerd oor die modderbad. Ek het Dinsdag die gevoel gekry ek moet julle bel maar toe se Hannes dis klaar te laat, die modder het klaar toegeslaan.
Sterkte met dit wat nou voorle. (Skoonmaak en red en asses ore en al saai anner onlekker goeterse.) Ons dink aan julle maatjie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #4 on: June 28, 2012, 12:38:01 PM »
Haai julle, julle weet nie.  Ek ook nie.  AB sal weet, hy is amper daardeur.
Baie dankie vir almal wat wil help, maar dit is 'n onbegonne taak.  Ons bure en ander sektor-1-lede het almal aangebied om hul bediendes te stuur, maar waar begin jy met matte en vloere wat toe is onder die modder?
 
Die asessor was hier.   :hello2:  Hy het Dry Force ingekry en hulle het begin skoonmaak.  Nou is dit maar net wag en kyk. Ek het liewers geloop, want daar waar nie gemors was nie mors hulle vir 'n vale.   
Ons krag is darem herstel.
Die versekering betaal vir ons by 'n gastehuis tot dat die huis skoongemaak is.  Daarna sal hulle vir ons alternatiewe verblyf voorsien.  Al die matte moet uit.  Die teëls het gesak en 'n klomp is los.  Elke houtdeur en nuwe kas wat ons laat insit het, suig water en staan boeppens.  Ons sal maar net elke dag vat soos dit kom. 
Sien, ons kan nie planne maak nie, daar is altyd 'n brommer in die drinkwater.   :dontknow:
Ons sal ook nou nie die projek in Durban kan gaan doen nie.   :dontknow:
Ek weet net, dit gaan 'n moeilike tyd wees wat voorlê. 
Dankie dat ek matertjies het soos julle.  Ek weet julle sal ons daardeur dra. 
 :love7:
 :crybaby2:  (Tjankbalie)
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #5 on: June 30, 2012, 05:39:46 AM »
  eishhhh      ((((((((((((((((    :love7:   ))))))))))))))))))))
ek weet nie wat om te se' nie. daarom net die laaaang drukkie vir julle en die bure, almal wat deurgeloop het.... waar die modder deurgestroom het....

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #6 on: June 30, 2012, 06:10:59 AM »
Dankie Adéle.  Ons kuierplek, die kombuis en my slaapkamer is darem nou so te sê moddervry.  Dit is net die water wat nog onder die teels uitsyfer, maar Dry Force het groot masjiene opgesit wat besig is om dit droog te blaas.  Die matte in die sitkamer en my werkskamer is uitgehaal en toe ontdek ons dat dit sommer so bo-oor "Marley Tiles" gelê was. 
Ouer garde sal weet wat dit is.  Dit was 'n vreeslike werk om die goed uit te kry.  Dit lyk mos soos pik waarmee dit vasgeplak was.  Nou het ek swart sitkamer-
en werkskamer vloere.   :icon_scratch:  Gelukkig is die meeste modder daar ook al opgeruim.
Natuurlik werk die mense nie naweke nie.  So, ons sal maar wag tot Maandag om voort te gaan.


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #7 on: July 01, 2012, 10:23:50 AM »
Oi joi joi liefste matertjie, my hart is stukkend vir julle part!! Sterkte met die opruim, die lys maak en en en ...  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #8 on: July 01, 2012, 03:11:43 PM »
Dankie Raaitjie, al wat ons nou kan doen is om te beplan hoe om die probleem op te los en skouer aan die wiel te sit.  Om op 'n klip, met jou hande in jou hare te sit, gaan niks regmaak nie.  Van gister af het Hannes se emosies hom ingehaal, maar van more af sal hy weer reg wees.  (Flip Flippie, ek hoop so!)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #9 on: July 02, 2012, 06:26:34 AM »
Drukkie vir jou en Hannes.
xx
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #10 on: July 02, 2012, 11:03:09 AM »
Oi - hoekom gebeur nare goed met dierbare mense??

Baie liefde en drukkies van The Three Truters
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #11 on: July 02, 2012, 11:26:54 AM »
Dankie Wils.
Die spreekwoord sê mos:  "No good deed goes unpunished."   :icon_biggrin: Die Afrikaanse weergawe:  Die pad na die hel is geplavei met goeie bedoelings.

Nee wat, dit is 'n ramp.  'n Sot wat nalatig was en nie die opgaartenk se afvoer pype behoorlik gekoppel het nie.  Die koerante sê tot 30 huise is geraak daardeur, maar hier is hoogstens agt huise wat deurgeloop het. 

Dit is niemand anders se skuld nie en niemand het dit verdien nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #12 on: July 03, 2012, 02:42:59 PM »
Gaan die versekering darem betaal?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #13 on: July 04, 2012, 03:42:52 AM »
Ek kan probeer vertel hoe ek gisteraand gevoel het toe meneer assesor deur ons huis gestap het met sy "meetbandjie" pen en papier, maar julle sal hoor en luister, maar ek het nie woorde om te beskryf hoe ons gevoel het nie. 
"Jy trap nie op iemand terwyl hy lê nie."  Hoor ek my pa se woorde.  Meneer assesor trap nie, hy skop jou in die tanne!
Hy vertel vir my ...   dat ek nie 'n "maintenance plan" het nie, hulle moet net die skade herstel!
Ek vertel vir hom ...   ek weet dit, maar hy moet weet ek het 'n advokaat!

Ek was nie woedend nie, (was eers later, toe my brein dit verwerk het) ek was net verdwaas. 
Die vloerlyste het al weg getrek van die mure af, maar hy wil dit net laat "droog maak" en weer terug plaas.  Seg ek vir hom: Ja, ek kan sien jy wil nou droogmaak!
As jy met 'n stok op die teëls kap, hoor jy orals hoe los is dit.  Vertel hy vir my dit is omdat die sement met blopse op die hoeke vasgesit is.  Vra ek vir hom, hoe dink hy gaan ek die skrape afkry.  Hulle het die modder met grawe opgeskep, alles is beskadig.  Hy sal 'n nota maak!

Mense, as ek gedink het ek weet dit gaan nie maklik wees nie, weet ek nou. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #14 on: July 04, 2012, 03:46:19 AM »
Ai mater, raad het ek nie. Woordtroos klink so kaal maar dit kom opreg en diep uit my hart. Staan bietjie nader groot asb. ek wil jou en Hannes drukkie gee ((((((((((((((PM & Hannes))))))))))))))  :love7: :crybaby2: