Author Topic: 25 maniere om jou woede te hanteer  (Read 21005 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #15 on: June 30, 2012, 08:35:09 AM »
Ja-nee, gelukkig kan ons nog lepel-lê.  Ek was gister so magteloos.  Hannes het sommer uitgebars in trane.  Eintlik het hy berading nodig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #16 on: June 30, 2012, 11:24:16 AM »
na die huisbrand het ek en Antionette al 2 vir berading gegaan, dit was die regte ding om te doen.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #17 on: June 30, 2012, 08:26:07 PM »
Ek sal 'n plan maak.  Ek weet dit is nodig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #18 on: July 01, 2012, 08:33:01 AM »
Jy sal jou kinders ook moet vra of hulle wil gaan, dit is vir hulle ook erg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #19 on: July 01, 2012, 03:14:12 PM »
Ek dink hulle is so harde-0 soos hulle ma!   :icon_biggrin: Ek sal hulle in elk geval vra, dankie AB.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #20 on: July 02, 2012, 06:23:53 AM »
Ek gesels met die dame wat in die Durban kantoor gewerk het, (sy het ook haar werk verloor)...
Ek kon nog nie met haar praat nie.  Sy het ook haar Ma aan die dood afgestaan drie dae voor ons kantore op die 24e Mei sluit.  Ek was in my eie aaklige wereld en het nie geweet hoe om met haar te simpatiseer met die dood van haar Ma en ook met die aflegging.
En ek hoor stukkies nuus wat niemand my vertel het.  Die persoon vir wie ek gevra het of sy 'n aandeel in die afleggings het en 'n negatiewe antwoord van haar gekry het, is die persoon wat die voorstel aan die CEO gemaak het sodat kostes bespaar kan word.  Dieselfde persoon wat my vasgehou het en my laat verstaan het sy is lief vir my en ek moet dit nooit vergeet.
Ook dat niemand nog aangestel is in H/O en dat die twee dames daar, nie die mas opkom met die hele land se admin.  Dit is chaos in die kantoor.  Hulle verloor kliente en geen hospitaal-groep wil tenders bemaak of nuwe kontrakte sluit. 
Die hele Divisie is besig om te vou deur een, EEN, vrou wat gedink het sy kan 'n plekkie in die groot base se alies vir haarself inwurm met 'n kostebesparingsvoorstel wat so sorgvuldig ge-analiseer is maande voor ons daarvan hoor.
En die mense wat moes boet, die ses van ons wat ons werke verloor het, mag nie vir haar kwaad wees nie? Vir maande het hulle geweet waarop ons afstuur, maar nooit 'n enkele woord daaroor laat val nie. Mense wat jy weekliks mee gesprekke gevoer het dmv e-mails, telefoon...  Geen woord nou van enigeen.  Niemand wat jou skakel om te vra hoe dit gaan...
Ek bly nog kwaad, teleurgesteld in my (toe) seniors. 
 
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #21 on: July 02, 2012, 09:44:45 AM »
kostebesparing.....ek het al op die plaas agtergekom ek kan my bankrot spaar ook, dmv spaar en dan dinge nie doen of reg doen nie en teen oetsyd wonder mens waar is die druwie.

mens moet mooi dink waarop jy bespaar in 'n besigheid.

ek kan verstaan dat jy eintlik woedend is en nie net kwaad nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #22 on: July 02, 2012, 10:14:50 AM »
Dit is jou reg om woedend en verontreg te voel.
Woede is soos 'n vuur.  Dit begin met 'n rokie en dan ontaard dit in 'n vulkaan.  Dit knetter en dit knars en spoeg vuur.  Weldra sal dit uitbrand en dan bly net koue as oor. 
Moenie die brandweer inroep nie, want "waterskade" is 'n ander skade. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #23 on: July 02, 2012, 10:22:47 AM »
Ek vertrou niemand nie. Ek verwag sulke gedrag van ander mense. Ek sal nooit die voorstel aan my baas maak om iemand anders te laat gaan net sodat ek my werk kan behou nie. Ek sal dit totaal in hul hande oorlaat. Ek is ook nie "stupid" nie. Ek weet die ander een hier sal nie tweekeer dink om my in die rug te steek nie. Dis okay. As hy met sy gewete kan saam leef is ek baie bly vir hom, maar ek sal nooit daal tot daai vlak nie. Dis heeltemaal teen my beginsels. "What will be will be".

Jy mag woedend wees, ek sou vuurgespoeg het. Ek sou daardie persoon persoonlik verantwoordelik hou, en seker maak daardie persoon weet hoe ek voel.

Sterkte vriendin.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #24 on: July 02, 2012, 10:30:24 AM »
Dit is goed en wel, maar ek voel dat die verantwoordelikheid vierkantig op die skouers van die base geplaas moet word.  Jy kan my maar probeer be-invloed en met mooi "gebakte broodjies" na my toe kom.  As ek weet dat my mense "honger" is, sal ek nie my bek daaraan sit nie. Al is ek hoe honger. 
Dit is "verantwoordelikheid"!  Ek sê altyd, as jy nie kan verantwoordelikheid aanvaar vir jou dade nie, dan is jy nog nie volwasse nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #25 on: July 03, 2012, 02:58:30 PM »
Dink ek moet ST nooi om ook hier saam met ons te kuier - hy is nogal deel van Hope Heals Heart - wat nou Sondag uitgesaai is en Donderdag herhaal en ook gaan hy mede-co-host wees vir die Afrikaanse deel van Hoop Fluister ... mmm

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #26 on: July 03, 2012, 05:32:25 PM »
Nooi hom gerus en waneer jy hom weer sien sê hom ek stuur groete en jammer dat ek so stil is, ek het sy foon nommer verloor toe my selfoon gesteel is.


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #27 on: July 03, 2012, 05:41:23 PM »
Sy kontaks is op sy webtuiste :

 Kontak Details vir Dr ST Potgieter
Spreekkamers
Salisburystr 23
Boston
Bellville


Pos Adres
Posbus 4472
Tygervallei
7536
Tel:       021 949 5007
Faks:     086-633 6674
Sel:       083 227 3683
Epos: st@pitkos.co.za

http://www.pitkos.co.za

maar ek sal hom se - hy is nogal besig deesdae met events waar hy praaitjies moet gee ...

ek sal hom nooi om te kom deel
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #28 on: July 03, 2012, 07:40:26 PM »
dankie

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #29 on: July 04, 2012, 03:43:25 AM »
Daar is net een ding wat vir my help as ek paar moere gestrip het. Gryp die stootgrassnyer en loop al in die rondte om die ponlockie tot die petrol opraak (onse masjien stop nie meer vanself nie). By daai tyd is my go uit ... (as ek nie te kwaad is nie loer ek eers of daar nie dalk te veel petrol innie ding is  :icon_bigsmurf:) so as jy my sien met kannetjie opvul moet jy weet - die ouvrou is moerig verby  :evil6: