Author Topic: 25 maniere om jou woede te hanteer  (Read 21007 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
25 maniere om jou woede te hanteer
« on: June 27, 2012, 10:32:14 PM »
in e pos gekry, geskryf deur dr ST Potgieter


25 maniere om jou woede te hanteer
Ek wil vandag kortliks 'n paar gedagtes met jou wissel oor die bestuur van jou woede. Ons almal ervaar een of ander tyd woede soos wanneer iemand teenoor jou verkeerd optree of jou inloop met een of ander saak. Maar dis nie oor hierdie woede waaroor ek in hierdie artikel wil praat nie.
Daar is 'n sekere tipe mens wat voorturend woedend is. 'n Mens wat loop met 'n knorrige geaardheid, met 'n humeur wat kort-kort ontplof en wat voortdurend aan die baklei is. Dit is vir hierdie mense wat ek vandag skryf.
Hoekom moet 'n mens met 'n knorrige ingesteldheid, met 'n smeulende innerlike woede, met humeurige uitbarstings, iets aan sy / haar woedebuie doen? Wel, ek kan sommer aan 'n hele klompie redes dink soos: dit doen jou gesondheid skade, verhoog jou bloeddruk, vergroot jou kans op 'n hartaanval, berokken skade aan jou menseverhoudinge. Daar is sekerlik nog veel meer redes.
Mense regverdig soms hul woede-uitbarstings en buffelagtige optredes deur te meen dat:
•        hulle reg en ander verkeerd is
•        niemand hulle verstaan nie
•        hulle eerlik is oor hulle emosies en slegs maar uiting gee aan hul gevoelens.
Of hulle mense in die proses seermaak en afkraak is van minder belang. Dink maar aan die skade wat so 'n persoon aan sy gesin doen. Of die negatiewe impak van so 'n persoon in die werkplek. Mense wat hulle woede uitstort, ongeag wie hulle seermaak, se eiebelang is gewoonlik vooropgestel: "Ek is kwaad en nou sal ander dit ontgeld." Laat mens nogal dink aan die narcistiese persoonlikheid: verlief op die eie ek.
Die volgende riglyne kan jou help .iIndien jy iemand is wat gereeld woede-uitbarsting het en dit graag wil verander:
1.   Dit begin by 'n besluit dat jy wil verander. Die bestuur en beheer van jou woedebuie begin met 'n keuse wat jy maak.
2.   Jy moet besef dat jy steeds woede sal ervaar, maar dat jy sal moet leer hoe om dit reg te bestuur en jou reaksie te verander.
3.   Leer om na 'n situasie uit 'n ander perspektief te kyk en jouself in iemand anders se skoene te plaas. Vind 'n verduideliking waarom iets gebeur het. Dit sal jou help om te kalmeer en nie uit te bars in jou gewone ontploffings nie.
4.   Begin met fisiese oefening. Wanneer jy oefeninge doen, lekker moeg raak en sweet is dit 'n uitlaatklep vir jou opgekropte emosies en woede.
5.   Eet gesond. Bly weg van stimulante soos suiker en kafeïen. Vermy alkohol wanneer jy in stresvolle situasies inbeweeg.
6.    Woede is 'n natuurlike reaksie wanneer dinge verkeerd loop. Vind alternatiewe maniere om onaangename en moeilike situasies te hanteer. Skryf 'n paar van hierdie alternatiewe neer.
7.   Doen aangename dinge in stede daarvan om uit te bars in woede. So kan jy vir 'n massering gaan of 'n ent langs die see gaan stap. Dit gee jou die geleentheid om rustiger oor die saak na te dink en ander maniere te vind vir die hantering van die probleem.
 8.   Skryf is 'n goeie manier om jou gevoelens uit te kry sonder om iemand direk aan te val. Dit gee jou ook die geleentheid om jou gedagtes agtermekaar te sit en 'n situasie behoorlik te ontleed. Skryf oor jou gevoelens, skryf waarom jy kwaad is en skryf die oplossings tot die probleem. Om 'n gedig of lied te skryf kan ook wonderlike terapie vir jou gees en gemoed wees.
9.   Raak kreatief. Skilder iets, skryf 'n gedig, maak 'n beeld uit klei. Nelson Mandela het gesê: "Woede is 'n tydelike gevoel - jy vergeet dit gou, veral as jy besig is met positiewe aktiwiteite en houdings."
10. Luister na musiek. Onthou jy hoe Dawid vir Saul op die harp gespeel het om hom te kalmeer.
11. Vind die oorsaak van jou woede. So byvoorbeeld kan 'n slegte situasie by die werk jou kwaad maak, maar dan haal jy dit by die huis op jou gesin uit. Dit help immers nie om die mense wie vir lief is aan te val wanneer hulle nie die oorsaak van die probleem is nie.
12. Wanneer iemand jou kwaad maak, is dit goed om vir die persoon te vra dat jy daaroor wil praat. Hanteer die gesprek op 'n kalm wyse en verduidelik waaroor jy ongelukkig is sonder om in beskuldigings, hewige argumente en in bitterheid te verval. Probeer oplossing vind eerder as om tot 'n venynige uitbarstings oor te gaan. Matthew Henry het gesê: "Wanneer woede op die troon gaan sit, verlaat redelikheid die vertrek."
13. Vergewe die mense wat teen jou oortree het. Wanneer jy dit doen, heel jy die breuk wat ontstaan het. 'n Geskel en geskree vererger die situasie en verbrokkel verhoudinge verder. Fokus daarop om in vrede en harmonie 'n geskil op te los, sodat mense steeds vir jou respek sal hê.
14. Moenie ou koeie uit die sloot haal nie. Sommige mense sal in hul woede weer dinge uit die verlede ophaal om die ander persoon by te kom. Moenie dit doen nie. Fokus op die huidige situasie en hoe om dit te hanteer. So byvoorbeeld het James Dobson gesê: "Aanhoudende woede kan 'n huwelik doodmaak, veral wanneer dit spruit uit oënskynlike onreg uit die verlede wat nooit vergewe is nie."
15. Wanneer jy woedend wil reageer op 'n situasie dink na oor die volgende woord: OORREAKSIE. Miskien kan jy 'n voorval herroep waar iemand teenoor jou oorgereageer het. Miskien jou onderwyser of 'n vriend of jou ouers. Hoe het jy gevoel toe iemand jou met 'n oorreaksie gekwets het. Bedink hoe jy die persoon, wat jou kwaad gemaak het, op 'n beskaafde en ordentlike manier kan benader, sonder dat jy jou selfrespek verloor, maar jy steeds wys dat jy ongelukkig is oor sy optrede en dit onaanvaarbaar is. Kry dus perspektief op saak, kry al die feite en beplan dan hoe jy dit gaan hanteer. Oorreaksie en impulsiewe optrede mag dalk net verdere skade doen en kan jy spyt wees daaroor.
16. Wanneer jy voor 'n situasie of persoon te staan kom en jy weet jy sal dit nie kan hanteer nie, onttrek jou eers. Hierdeur skep jy vir jouself die geleentheid om asem te skep en die saak te deurdink hoe jy dit gaan aanpak. Iemand het by geleentheid gesê: "Moet nooit 'n vuuroond só warm maak dat jy jouself skroei nie."
17. Plaas jouself in 'n ander persoon se skoene. Wanneer jy kwaad is, wil jy nie regtig weet wat die ander mens dink of voel of wat sy motivering is nie. Jou eie woede en emosies is dan prioriteit. Indien jy dit egter wel regkry om jou in die ander mense se plek te stel, verleen dit soms 'n perspektief aan jou wat 'n sekere voorval in 'n ander konteks plaas. Begrip vir 'n situasie kan jou woede laat bedaar.
18. Kyk vir die positiewe in 'n gebeurtenis wat jou ontstel en kwaadmaak. Gewoonlik is die slegte en negatiewe aspekte skreeuend in jou gesig. Wanneer jy egter uitkyk vir die positiewe kan dit nuwe deure en geleenthede vir jou oopmaak.
19. Moenie die ou bekende waarheid vergeet hoe om jou woede in toom te hou nie. Haal ten minste tien diep asemteue en tel tot by twintig.
20. Gesels met 'n vriend oor iets wat jou kwaad maak of 'n situasie wat jy nie hanteer nie.
21. Terapie kan ook 'n goeie opsie wees. Soms is dit nodig om professionele hulp te kry vir byvoorbeeld depressie of angstigheid.
22. Kom weg uit die situasie. Was jou gesig, dit help om jou te kalmeer. Neem 'n stort indien dit moontlik is. Kom uit jou posisie. Indien jy sit, staan en stap. Doen iets anders en kom in beweging.
23. Self praat. Praat met jouself in 'n situasie. Jy kan byvoorbeeld sê: "Ek is kwaad vir wat gebeur het, maar ek sal dit kan hanteer. Ek het nie nodig om in woede uit bars nie, want ek is in beheer van myself en die situasie."
24. Dink dink dink. Verander jou gesindheid van impulsiewe reaksie na: ek dink oor die situasie en sal besluit wat my respons sal wees.
25. Bid en vra die Here om jou te help om jou woede te hanteer. Met Hom is jy tot alles instaat.
Iemand het eenkeer gesê: Vir elke minuut van woede, verloor jy 60 sekondes van geluk." Mag die bostaande punte jou help om op 'n sinvolle wyse jou woede onder beheer te kry en jy in die proses jou selfrespek herwin en ook die respek en liefde van ander kry. Om jou woede onder beheer te kry, beteken jy is gemotiveerd om dit te doen. Bostaande wenke en riglyne sal nie help indien jy nie in jou hart en siel oortuig is dat jy dit wil en sal doen nie.
Daar is 'n Latynse spreekwoord wat sê: "Hy wat sy woede oorwin, oorwin sy grootste vyand." Mag die jy die genade hiertoe ondervind.
'n Sprankie Sielkunde vir die dag
"Dit maak nie saak in hoe 'n mate iemand jou woede verdien nie - jou ergerlikheid kan daardie persoon nooit soveel skade berokken soos wat dié negatiewe emosies vir jóú aandoen nie." - John Wesley -

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #1 on: June 28, 2012, 06:11:20 AM »
Hierdie is 'n pragtige artikel en dit kan dalk vir jou en vir my werk, maar iemand wat so woedend deur die lewe gaan, het beslis terapie nodig.  Hy/sy sal dit nooit op sy eie kan bemeester nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #2 on: June 28, 2012, 07:07:41 AM »
ek het ook gedink die wat dit werklik nodig het sal dit nie weet of herken of erken nie en niks daaraan doen nie.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #3 on: June 28, 2012, 10:40:49 AM »
Daar is nogal lekker sêgoed rondom woede soos: Ek is nou so kwaad ek kry sommer 'n hoerberoerte!!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #4 on: June 28, 2012, 11:41:45 AM »
ek is nou so kwaad ek soen sommer 'n pofadder oopbek.


Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #5 on: June 29, 2012, 02:23:18 PM »
Ek weet nou nie so mooi van nommer 5 nie sou dink dit sou juis help, die laaste drink opsie  :icon_biggrin:

Ek ken 'n ander manier van kwaad word, maar hier is dalk kinders so sal dit maar vir eers - 'n stilbek hou, is 'n heelbekkie. Lekker bekkie.  :evil6:

 :angel12:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #6 on: June 29, 2012, 06:00:04 PM »
die suiker en koffie los ek maklik. ek drink nie eers koffie in die oggend nie en dalk so een beker per week en sonder suiker ook. eet my pap ook sonder suiker.

maar ai die rooiwyn maak mens sooo lekker ontspan, ek gaan nou sommer 'n bottel oopmaak. wonder wat is hier in die huis, meeste 99% van my wyn is by buurman gebêre. sal moet weer gaan kry daarvan oor die naweek.

ek onthou nou daar lê 'n boks Touriga Natcional. Gaan een van daai bottels oopmaak.


mmmm heerlik smaak die TN nou. sal nou sommer i vuur moet aansteek en die stukkie fillit in die yskas op die kole gooi, sommer net om die lewe te fees.

demiiiiit die wyn is heerlik lekker.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #7 on: June 29, 2012, 08:03:31 PM »
Gelukkig eet ek nie pap nie en hou van my koffie sterk, swart en bitter!
Ag nee AB, jy maak nie mooi nie.  Ons het nou wel 'n botteltjie rooiwyn, maar ons vuurmaakplek is onder die modder en filltet kos R130.00 vir 200gr by die "steak house".
Hier was duisend mense wat hulp kom aanbied het.  Dankie, maar hoe en waar gaan jy help?
Kom help my vanaand, as die son gesak het en ek sit eensaam en alleen voor my rekenaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #8 on: June 29, 2012, 08:48:47 PM »
het toe nie die setak gebraai nie, suie net aan die TN. by ons kry ek nog fillet steak vir R100 'n kg by een van die slaghuise, en koop af en toe daarvan, bly 'n bargain.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #9 on: June 29, 2012, 09:01:24 PM »
...En AB drink alleen. O hoe voel ek seer gemaak hahahaham
Geniet dit en drink een op my en PM seblief hie hie.

 :angel12:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #10 on: June 29, 2012, 09:17:36 PM »
maak so.......antionette drink darem saam.....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #11 on: June 29, 2012, 09:39:28 PM »
Dit is darem een ding wat ons in gemeen het!  Rooiwyn!  Kaggelvuur!  en Vers! Al sit ons elkeen in ons eie hoekie!  Ek lief julle!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #12 on: June 29, 2012, 10:55:03 PM »
vam vers gepraat...hoeveel an jou boeke het skade gekry?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #13 on: June 30, 2012, 06:40:12 AM »
Ek het vier boekrakke.  Al die boeke wat op die onderste rakke gestaan het, het weggespoel.  Dit is so 'n groot gemors, ek kan nie eers bepaal wat daar was nie en ek kan nie onthou nie.  Die massa water het dit tot onder in die tuin teen die betonheining vasgespoel.  Van my seëls het ook in die slag gebly. 
Groot gelukkig het Breyten eers gister die nuwe "onsboeke" wat ek bestel het, vir my gebring. 
Ek het nooit besef hoeveel goed ons op vloere staanmaak nie.  Waaiers, verwarmers, staanlampe, Ouma- en Oupastaanhorlosies, luidsprekers, my gawe Yamaha orrel, noem dit maar. Alles wat onder in die kaste was is nog 'n ander saak!
Die nuwe houtkaste wat ons laat insit het moet alles vervang word.  Die houtdeure, vloerlyste,
kasdeure, houtsporte, en nog wat.
Al die skuifdeure moet uitgehaal word en nuwe wielietjies inkry.  As die skuifhek oopgaan sing dit sy eie treurmare.  Dit gaan meer kos om alles reg te maak en te vervang, as wat die huis gekos het.  Alles sal nou verpak en gestoor moet word.
Ons tuin is verspoel en vol modderslik.  Daar is niks van die besproeiingstelsel oor nie.  Ons dreine is vol modderslik. Die plaveisel het orals gate ingeval.  Die visdam is vol modder en modderwater. Die tuinligte is daarmee heen.  Wag, ek is besig om nou baie morbied te raak. 

« Last Edit: June 30, 2012, 06:41:57 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: 25 maniere om jou woede te hanteer
« Reply #14 on: June 30, 2012, 07:18:18 AM »
Sjoe. Ek het geweet dis n groot gemors, maar as jy dit so noem en ek loop saam jou deur jou huis. Ek weet waar jou seels was en die orrel. So jammer PM. Sekere goed kan mens net nie vervang nie. Ek is net bly julle is okay en het nie geeindig soos die boeke aan die einde van die tuin nie. Lief julle.

 :angel12: