Author Topic: moenie kyk nie  (Read 8335 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
moenie kyk nie
« on: June 24, 2012, 05:55:33 PM »
moenie die webblad oopmaak indien jy 'n swak maag het nie, jy kan dalk skade op jou rekenaar se toetsbord kry.

Is 'n webblad waarop ek afgekom het.........Indië.......

Is dit waarheen ons land oppad is?


Ek hoop nie so nie

Daar is seker darem bater plekke in Indië ook as wat op hierdie blad gewys word, maar dit wys hoe erg kan die lewe raak.

ek het jou gewaarsku, moenie agterna kla as jy gekyk het en nie hou van wat jy gesien het nie.


http://www.chinasmack.com/2010/pictures/filthy-india-photos-chinese-netizen-reactions.html

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #1 on: June 25, 2012, 06:05:33 AM »
En Indie het hul eerste kantoor (?) in Suid Afrika oopgemaak.
So lees ek. 
Verrot is die aarde se voorland.  En God ween.

Indie is so in kontras met wat ek nou net, minute gelede, op my FB blad gesit het:  Oostenryk, 'n land so skoon.  Geen vullis, byna geen misdaad, geen onaangename kreature wat in die strate rondhang....
Hoe kan mense so verskil?
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: moenie kyk nie
« Reply #2 on: June 25, 2012, 08:07:01 AM »
my gut se vir my - MOENIE KYK nie - so ek gaan nie kyk nie.

Wetteloosheid  en lae moraal is beslis hoog aan bevind in ons prag land  :crybaby2: :crybaby2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #3 on: June 25, 2012, 08:17:56 AM »
Dit is werklik verskriklik.  So reg uit die hel uit, en ek het gekla oor Bosswanna!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: moenie kyk nie
« Reply #4 on: June 25, 2012, 10:45:40 AM »
Eish! en daar gaan nie meer dood nie? Ek wil nie eers weet hoe dit daar moet ruik nie. Net om daaraan te dink, draai my maag.

 :angel12:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: moenie kyk nie
« Reply #5 on: June 25, 2012, 12:52:31 PM »
op 'n ander webblad het die volgende kommentaar ivm hierdie webblad verskyn:


Wat die ou hier vertel en wys is die werklikeid van dele in Indië en van die Hindu geloof en sommige van sy gebruike. Maar – in dieselfde asem wil ek sê dat hy duidelik ten doel gehad het om negatief te berig en ‘n oordrewe beheptheid het met die lyke in die rivier en die indruk skep dat elke rivier in Indië vol drywende lyke is. Dit is nie die geval nie. Die Ganges rivier is vir die Hindus ‘n “heilige” rivier en  gevolglik al die “seremonies” in en om die rivier.

Die gemors op die strate op sommige plekke in die stede en dorpe is ook ‘n werklikheid, maar weereens skep die skrywer die indruk dat dit die norm regdeur die land is. Die werklikheid is egter dat in die “slums”, baie van die ouer plattelandse dorpe en in die minder gegoede gedeeltes van die groter stede  dinge wel so sleg is soos hier uitgebeeld word. In die sake- en toerisme buurte van die groot stede en in die hoër inkomste buurte sal jy dit egter glad nie, of dan wel baie min sien. ‘n Stad soos Bangalore en baie ander stede en dorpe doen regtig moeite om, selfs in die agter buurtes, die omgewing skoon en netjies te hou.

Sy verwysing na die gebrek aan toiletpapier in toilets is ook maar baie misleidend. Dit is nie net in Indië so nie, maar die gebruik in baie Asiese en Midde-Oosterse lande. In al die hotelle waar ek al in Indië gebly het, en ‘n paar van hulle was maar “suspect”, was daar toiletpapier in die toilets.

Ter afsluiting moet mens maar ook in gedagte hou dat Indië ‘n derde wêreld land in Asië is en ‘n bevolking van ongeveer 1,3 biljoen het. Hiermee saam het hulle baie vreemde geloofs- en kultuur gebruike en moet mens dus nie verwag dat jy oral in die land met Westerse en eerste wêrelde standaarde te doen gaan kry nie. Dit is iets wat sommige van die Westerse deelnemers aan verlede jaar se Statebond Spele in Delhi baie vinnig agtergekom het.



die opmerking:

 "Hiermee saam het hulle baie vreemde geloofs- en kultuur gebruike en moet mens dus nie verwag dat jy oral in die land met Westerse en eerste wêrelde standaarde te doen gaan kry nie."

laat my wonder oor die "goeie werk" of opheffings werk wat daar in baie plekke in die wêreld gedoen word....is dit die moeite werd om in sommige plekke 'n klomp geld en tyd en moeite in te pomp as die mense nie wil verander en nie besef daar is 'n kans vir 'n beter lewe maar hulle geloof en kultuur gebruike weerhou hulle daarvan.


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: moenie kyk nie
« Reply #6 on: June 25, 2012, 03:39:15 PM »
Ja dit is die moeite werd - vir elke siel vir wie daar 'n verbetering is ...

dis altyd die moeite werd om te probeer verbeter
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: moenie kyk nie
« Reply #7 on: June 25, 2012, 05:37:21 PM »
ek ken n paar mense wat al indie toe is en hulle ondervinding was heerlik en insigewend...

ekself gaan oor nuwe jaar daarheen so sal julle mooi inlig teen begin vlgende jaar...   :icon_cheers:  :munky2:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: moenie kyk nie
« Reply #8 on: June 25, 2012, 07:11:52 PM »
die beste ondervinding is eie ondervinding ...

ek weet ook daar is SA's wat baie negatiewe dinge te se het oor hul dag of twee in Taiwan - maar ek het vir 10 jaar daar gebly - en weet dat daar baie goed is.

Elke land het sy goed en sleg ... Suid Afrika ook ...

Ons het baie geweld en misdaad in ons land - maar daar is ook baie positief om op te focus ... soos ons mooi natuur en mooi mense  - dis 'n handvol pes wat die geweld aanhits en pleeg ...

WW jy sal jou tyd in Indie geniet - die geheim is om nie met vooropgestel idees en verwagtings te gaan nie - dan kan niks teleur stel nie - dit kan dan net 'n WOW wees
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: moenie kyk nie
« Reply #9 on: June 26, 2012, 02:41:54 PM »
In Indie moet jy jou toergids goed kies.

Verkieslik moet sy naam mnr Seedat wees.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #10 on: June 26, 2012, 06:24:33 PM »

BB, of/en Mr Seedit.   :headbang:
elle

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: moenie kyk nie
« Reply #11 on: June 28, 2012, 10:45:40 AM »
En as hulle daai houtvlot op die rivier stoot en hulle steek hom aan die brand moet tog net nie vra wie dit is nie want dit is seker maar ...Ibraaihim.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #12 on: June 29, 2012, 06:08:45 AM »
Hoe lank was jy in Indië Blouetjie? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: moenie kyk nie
« Reply #13 on: June 29, 2012, 10:44:39 AM »
PMpie

Nee ek was nog nooit daar nie. Dis maar van kyk na daai 4 TV's van my dat ek so slim raak.

Op daai selfde TV het ek gehoor as iemand nie lekker in die kop is nie moet tog net nie vra wie dit is nie want dis seker maar..... ...Ish-MAL.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #14 on: June 29, 2012, 10:58:12 AM »
Ek kon darem so 'n skewe glimlaggie uitkry, so tussendeur die modder en die gemors.  Ibraaihim vat die koek.   :icon_biggrin:
My koppie is ook 'n bietjie plat van al die stressies.  Ek het dit nie dadelik gesnap nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: moenie kyk nie
« Reply #15 on: June 29, 2012, 01:40:06 PM »
Ek jammer om te verneem van die spanning PMpie. As jy wil deel doen dit met vrymoedigheid. 'n Gedeelde sorg is darem ligter om te dra....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #16 on: June 29, 2012, 07:31:40 PM »
Ek deel graag matertjie.  Die reservoir op die berg, net bokant ons huis, se 600mm pype het uitmekaar geskuif omdat die koppeling nie behoorlik gedoen is nie. 
'n 150meter boog water het 'n krater gegrou en ons huis het in die slag gebly.  Die reservoir se inhoud is was, 20 miljoen liter water.  Binne 'n uur en 'n half is 20 miljoen liter water te same met al daardie kleigrond, teen die berg af en het 'n pad gevind deur slegs 6 huise daaronder.  Modderwater.  Die slik op my matte was 10 of 15cm dik.  Daar is nie een vertrek in ons huis gespaar nie.  Die brandweer het gate in ons heining kom kap om van die massa water te laat deur vloei. 
Die ergste van alles is dat ons die laaste 18 maande al die ongerief moes uitstaan, om die hele plek, wat ons April 2011 gekoop het, op te knap.  Hannes het vandag die mense betaal wat ons besproeings-sisteem vervang het, nou lê dit opgefrommel orals in die tuin. 
Wat ons van verlede Dinsdag af ervaar het, kan ek 'n boek oor skryf.  My trane lê vlak!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: moenie kyk nie
« Reply #17 on: June 29, 2012, 08:47:01 PM »
sjoe, wat sal ek seg. toe ons skade gehad het was julle daar naby om ons te kom ondersteun, nou is ons ver, maar weet in die hart indersteun ons julle al is ons nie by julle nie. vuur en water in 'n huis is ewe erg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: moenie kyk nie
« Reply #18 on: June 29, 2012, 09:14:54 PM »
Dankie AB.  Ons was maar net gelukkig dat ons daardie tyd met die begrafnis en die skade wat julle gely het in die omgewing kon wees.  'n Mens kom soms voor "magteloos" te staan.  Net so magteloos as wat ons gevoel het met julle verlies en julle skade. 
Dit is hoekom ek sê, as iemand kan verstaan waardeur ons nou gaan, is dit jy en Antoinette. 
'n Week gelede het ons voor 'n graf gestaan van iemand wat baie dierbaar vir ons was.  Soos julle ook gesê het:  Ons lewe en ons is gesond en ons kan nog lepel lê!  Wat meer het ons nodig?
Ek het my forum-matertjies teenoor wie ek my lot kan bekla! Ek tel my seëninge!
Ons het nou nie gerookte vye nie, maar ons het nog baie botteltjies aarbykonfyt en 'n boks vol Madonna!
Om te weet is om te verstaan.