Author Topic: en hoekom?  (Read 9366 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #15 on: June 29, 2012, 08:25:22 PM »
AB, eerstens is ek bly dat jy weer deel van ons is.  Ek verstaan daardie "onttrekking-simptome" waaraan jy gely het, want ek is nou daar!
Ek verstaan so mooi wat jy bedoel by:  tot die yskas afskakel  ek verstaan iets hinder maar jy kan nie jou vinger daarop lê nie, tot die yskas afskakel.   :icon_biggrin:
Asseblief, ek het stilte om my nodig.  Hierdie laaste paar dae was vir my hel. 
'n Span van 10 swart werknemers wat heen en weer vir mekaar skreeu soos maer varke vir drie dae aanmekaar...! Dankie Vader, dit is naweek en hulle werk nie naweke nie.  Ten minste raas modder nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: en hoekom?
« Reply #16 on: June 29, 2012, 08:50:38 PM »
hoe maak mens so iets skoon? voel seker soos toe ek moes huis skoonmaak na die brnad, weet nie waar om te begin nie en wat om met die goed te doen nie. dlak is modder erger, ons sin was weg, julle sien die skade waar ons net as en dooie kole gesien het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #17 on: June 29, 2012, 09:34:42 PM »
Nee my matertjie, ek dink nie daar is 'n verskil nie. 
My hart het in duisend stukkies gebreek toe ek gesien het hoeveel skade julle gely het. 
Die reuk van "verbrand" het swaar in die lug gehang.  Hier het die "vrot" van "nat" ons asems vandag weggeslaan.   Die nat matte wat verwyder is en in die tuin "gedump" is, is ongelooflik onaangenaam.  Die groot probleem is, die mense wie se probleem dit is, (versekering) het nie 'n saak nie.  Hulle is maar net werknemers en dit is beslis nie hulle probleem nie. 
Vandat die ramp ons getref het, het Hannes R2,000.00 se krag gekoop en dit is opgebruik.
Hy moes so pas weer gaan aanvul.  Ek ys as ek dink wat ons water-rekening gaan wees.  Sowat van water gebruik het jy nog nooit beleef nie!
Weet jy, die skade wat deur die watervloed veroorsaak is, is net 50% van die skade wat die skoonmakers aangerig het.  Die water is dalk op plekke 'n meter deur ons huis, maar die skoonmakers het tot en met twee meter bokant die watervlak alles bemors.  My duur skilderye is van die waterspatsels oortrek.  My orrel is so nat dat ek nie glo die arme ding se lewe sal ooit weer gered kan word nie.  Ons Ouma- en Oupastaanhorlosies is moer toe.  Een of ander van die tien swape het die gewigte opgetrek totdat dit vasgesteek het en ek glo nie dit kan ooit weer werk nie! My verlede is uitgewis!
Ag, wat praat ek tog, julle weet mos!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: en hoekom?
« Reply #18 on: June 29, 2012, 10:54:10 PM »
PM klink my die versekering het beter "kwaliteit" skoonmakers vir ons gestuur. hulle het werklik met sorg ons goed toegedraai en verpak. ons het nou die dag gaan kyk in die kaap en ons makelaar het saam gegaan. hy was al met heelwat brnad en water skade eise doening. na ons daar by die stoor plek was en huistoe ry seg hy: nou het ek iets gesien en geleer. ek vra hoe so? dink jy die werk is nie reg gedoen nie? seg hy, nee ek het al heelwat skoonmaak werke gesien en hierdie een stel beslis 'n hoë standaard vir die ander. hulle kan hier kom leer, ek het nie geweet dit kan so goed gedoen word nie. Ons is baie dankbaar dat hulle vir "firefox" na ons gestuur het. dis net vrouens wat daar werk, 3 blankes en res kleurlinge en hulle doen goeie werk. kan sien die eienares vat nie nonsens nie. so klein vroutjie.

hulle het die meubels skoon gemaak en sommige reg gemaak en baie goed lyk beter na die brnad as voor die brand....skoner. hulle het nie skade van voor die brand reggemaak nie. die potrette en skilderye en fotos het hulle almal oopgemaak en van die roet skoon gemaak en met osoon behandel om die roet reuk uit te kry, so ook die klere.



klink my julle het 'n minder goeie span gekry wat niks omgee nie en nie kundig is nie.

ek sal nog fotos wys van hoe hulle ons goed toegdraai het.

sjoe ja jy gaan ook nou 'n vreeslike moeilike tyd deur, die eerste week en maand was erg gewees, gelukkig het ek my baie besig gehou met pars maar my kop was in nutraal, kon nie nugter dink en ordentlik belsuite neem nie. dlka goed dat ek uitstel gekry het tydens die estyd. nou na die oes het ons die dinge anders aangepak as wat dit in toestand van skok sou wees.


sterkte





Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #19 on: June 30, 2012, 07:06:08 AM »
As ek net 'n kundige kon kry om vir my raad te gee.  Die versekering loop draaie om ons. Toe ons die eis oor die foon aangemeld het is daar al gesê ons is nie vir dit en vir dat verseker nie, of net tot 'n maksimum van bv. vyf duisend rand om die tuin te herstel.  Ek weet nog nie of dit die besproeiing insluit nie, want dit alleen het ons bykans twintig duisend rand gekos.
Ons is geregtig op ander huisvesting tot die huis weer herstel is.
Gelukkig is daar die kontrakteur, wie se nalatigheid die ramp veroorsaak het, se versekering wat ook moet inskop.  Op hierdie stadium is dit die onsekerheid wat 'n mens opvreet.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: en hoekom?
« Reply #20 on: October 18, 2021, 05:00:19 PM »
Nee nee Blouetjie.  Ons sal jou nie verban nie.  Ons het ook vier TV's maar ek het nie genoeg tyd om TV te kyk nie.  So nou en dan kyk ek "Crime" as ek in die bed gaan klim, maar meestal raak ek halfpad daaronder aan die slaap.   :icon_biggrin:
As ek in die bed klim gebeur crime...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #21 on: October 18, 2021, 07:02:17 PM »
Oupa was toe reg toe hy gese het Oom Naas drink onder die kombers.
(hy het vir my verduidelik dit beteken om skelm te drink)

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #22 on: October 18, 2021, 08:01:42 PM »
Ja, al die skade wat ons gehad het, het ook 'n botteltjie onder die kombers ingesmokkel.  Dit was al hoe ons die groot gemors kon hanteer het.  Dit is nou seker amper 10 jaar later, maar ons voel nog steeds die inpak.  Ek het steeds 'n hele geveg met die versekering.  Ons het net vandag besluit dat ons maar onsself sal verseker.  Dit is een helse probleem. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #23 on: October 18, 2021, 08:08:46 PM »
Ek weet ons adverteer nie op forum nie maar het julle al vir Outsurance probeer. Ek het nog nooit enige probleme met hulle gehad nie en hul premies is baie billik. Jy het ook nie 'n makelaar wat tussenin geld gryp nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #24 on: October 19, 2021, 01:51:54 AM »
Ai Assie, ek weet darem nie so mooi nie.  Het jy al ge-eis?  Jy weet dit dalk nie, maar die persoon wat jou polis kom skryf en die ouens wat jou moet uitbetaal gehoort aan twee firmas. 
Ek het drie eise die laaste drie jaar gehad, warmwatersisteme wat gegroet het, en nou moet ek R2500 bybetaal as ek iets wil eis.  Ek is nou 'n "multi-eiser"! Eish! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #25 on: October 19, 2021, 01:58:07 AM »
Multi is net goed as dit voor miljoener gebruik word en bietjie beterder voor biljoener.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #26 on: October 19, 2021, 02:00:11 AM »
Ek hoor wat jy sê, maar in my geval sal ek nog baie lank moet wag.   :triplets:
Om te weet is om te verstaan.