Author Topic: en hoekom?  (Read 9394 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
en hoekom?
« on: June 23, 2012, 06:24:44 PM »
en hoekom kyk julle wat nou so lustig hier op die forum baljaar.........hoekom kyk julle nie voetbal nie? is daar dan nie nou 'n toets iewers aan die gebeur nie? ek dink die bokke, springbokke nie boerbokke nie.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: en hoekom?
« Reply #1 on: June 23, 2012, 06:29:53 PM »
as ek sport op TV kyk, kan jy my soen!

Ek sterf eerder as om te sit en sport kyk.

Ek het nogal lekker saam die seuns rugby gespeel op skool en hulle geduik dat hulle so huil ... maar kyk  NEE DANKIE

Pluimbal kon ek ook nie saam die girls speel nie - was te stadig .. en so amper my duim verloor ---- maar ja ...


As ek voor die kassie is - dan moet dit iets wees wat my laat probeer uitwerk wat en waar en hoe nog voordat hulle mens inlig .. soos SiFi of CSI NCIS Boston Legal ... anders - is ek liewers besig met Google, Theo of my honne kinders  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: en hoekom?
« Reply #2 on: June 23, 2012, 06:37:41 PM »
stem saam ek wil ook nie sport kyk nie wil dit liewer doen. maak nie sin om te seg ek hou van sport maar intussen is jy leunstoel sport mens nie, dan moet jy liewer seg ek hou van sport(kyk) en nie doen nie.

sedert die TV die huis aan die brnad gesteek het, het ek 2 keer TV gekyk...by ander mense, daar aangekom en stukkie van die program gekyk wat hulle wou klaar kyk.

moet seg sedert die TV nou net as is het ek nog nie eers die TV gemis nie.

het my kamera meer gemis as TV

so van kamera gepraat sal moet saamneem netnou na pelle toe. gaan rooiwyn drink en snacks eet en iets braai en nog baie rooiwyn drink. Vrou het gaan rugby kyk by iemand en toe vat ek 'n lekker stuk ryp sirlion steak en sny al die vet en senings af en maak paar sosaties. steak, stukkie plat ham, steak, stuk ui, steak, plat ham, steak ens ens ingeryg en jimmys sous oor gegooi en bietjie 1965 port ook.

sal maar proe of dit werk of nie.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #3 on: June 24, 2012, 07:14:22 AM »
Sal sport kyk, maar ook net sommige sportsoorte:
Rugby, as die Bokke voorloop
Rugby, as die Stormers voorloop
Rugby, as die Bokkies speel soos hulle Vrydag-aand gespeel het.
en Rugby as Stormers en VlouVulle speel en Stormers gee hulle op hul hel.
Dan sal ek nog na Fietsry kyk as my skoondogter se sussie en haar boyfriend ry.  Dis nou Maroesjka Matthee en Theuns van der Bank.  Maroesjka doen baie baie goed. Het 6 goues in die laaste SA's in Pietermaritzburg gekry. Sy het ongelukkig met 'n oefensessie geval en haar pelvis gekraak. 
Gimnastiek as die Oosblok lande deelneem.

Ek kyk nie TV.  Ek besit een, maar dit is bo in 'n kas weggepak.
Ek besit ook nie 'n radio - bloot omdat ek genoeg gekry het van radio by die kantoor en my tyd by die huis in stilte wou deurbring.  Die dag was so vinnig en met 'n radio wat heeldag bler, was ek taamlik opgetrek in bondeltjies.
As ek na musiek wil luister, gooi ek 'n CD in die rekenaar, maar die klank is maar treurig.
YouTube bied ook ander vermaak.   Soos toe die kinders gistermiddag kuier, kyk ons Swan Lake op YouTube.  Nou nie die ultimate best nie, maar ons het die ballet-uitvoering deur die meesters van die Bolshoi balletdansers gesien.  Full Screen.  En my rekenaar het 'n groot screen.

Hey,  en as daar groot rugby is en die hele familie is bymekaar vir 'n braaitjie en die rooi voggies vloei, ook anner voggies......  dan is dit lekker.


elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: en hoekom?
« Reply #4 on: June 24, 2012, 08:47:44 AM »
Ons record programme wat ons graag na wil kyk - en kyk dit wanneer ons aand ete eet - 30 min na 'n uur ... dis genoeg kassie vir my ...
Radio luister ek so tussen deur van tyd tot tyd - gewoontlik net as ek bestuur ...

ek kies ook stil oombliks waar ek moeder natuur se simfonie kan hoor.

Die laaste drie jaar is ons huis egter heeltyd gevul met Baby Einstein, Winnie the Pooh, Noddy, Bob The Builder, Handy Many, Land before time, Baby TV ha ha ha
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: en hoekom?
« Reply #5 on: June 26, 2012, 02:45:08 PM »
Mal oor TV en Maller oor rugby. Ek hoop nie julle verban my van die forum af nie maar in my huis daar 4 Tv's!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: en hoekom?
« Reply #6 on: June 26, 2012, 04:32:01 PM »
ha ha jou oe is sekerlik vierkantig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #7 on: June 28, 2012, 06:21:49 AM »
Nee nee Blouetjie.  Ons sal jou nie verban nie.  Ons het ook vier TV's maar ek het nie genoeg tyd om TV te kyk nie.  So nou en dan kyk ek "Crime" as ek in die bed gaan klim, maar meestal raak ek halfpad daaronder aan die slaap.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: en hoekom?
« Reply #8 on: June 28, 2012, 08:15:22 AM »
Ek "kyk" ook baie TV, alhoewel ek nie juis weet wat daar aangaan nie.  Ek hou net van die "lawaai" om my as ek sit en brei of lees.  Ek kyk graag Pasella. Dan sal ek opkyk en my oë op die TV vestig terwyl ek brei.  :icon_biggrin:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: en hoekom?
« Reply #9 on: June 28, 2012, 01:03:11 PM »
dis nogal  snaaks hoe ons almal verskil

ek wil juis vandag van my trollie afklim - want hier is 'n in en uit van kliente - Elmarie se seuntjie het saam gekom en hy kyk TV en THeo is lewendig ... ons het 6 honnekinders en baby sit 4 - een so 5 maande en die ander drietjies 4 weke out - bottelfeeders - darem gaan hulle so 3 uur na hulle eie foster huis toe ....

dit voel ek kan die TV inmekaar slaan en vir almal net se SHUT-UP I need to think ha ha ha

waar ander kan weer nie dink sonder die geluide om hulle nie ...

My beste vriendin het altyd geleer op die maat van Heavy Metal - en dan het sy met 90~% of meer uit die eksamen gestap ...
ek weer kan net leer in absolute stilte ...

ek is bly ons is so anders - nou het ons baie om met mekaar te deel  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #10 on: June 29, 2012, 06:06:00 AM »
Wat die stilte aanbetref sal ons twee goed met mekaar oor die weg kom.  Ek hou van afsolute stilte.  Die voëltjies kan maar raas, die paddas kwaak en die krieke kriek, daar buite in die tuin, dit is mooi, maar ek en 'n lawaai, ons hoort nie in dieselfde huis nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: en hoekom?
« Reply #11 on: June 29, 2012, 08:54:29 AM »
Vandag is die stilte vir my ook hemels. Bedags lewe Cieran in oorgawe in my huis- as hy Wielie Walie sing, doen hy dit met oorgawe, as hy met sy "gun" skiet, pew pew hy in top volume, as hy sy fietse ry, brmmmm hy uit volle bors, as hy lag, doen hy dit uit sy maag en as hy my roep, doen hy dit met alles in hom. 4 uur as sy ma hom kom haal, is ek vodde. Dus vandag sing ek sonder klank - Silence is golden, golden...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #12 on: June 29, 2012, 11:10:30 AM »
Haai oe bloemmie, en voor die naweek om is verlang jy jou hart uit na die lawaaimakertjie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: en hoekom?
« Reply #13 on: June 29, 2012, 11:58:34 AM »
Dis waar. Ek mis hom hier styf onder my blad as ek werk. Hy kom sit kort kort by my vir bietjie aandag voor hy verder dwarrel.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: en hoekom?
« Reply #14 on: June 29, 2012, 02:00:26 PM »
ek laaik ook stilte, maar natuurlike geluide soos voëls en diere ens is nie geluide wat stilte verbreek nie.

ek het al baie keer in die kombuis gesit en lees of werk of niksdoen en dis stil om my.........tot die yskas afskakel, dan besef ek die ding het my eintlik gehinder al het ek dit nie besef nie.

waneer ek in die stoor met ysters werk is dit goed dat ek raas maar dit iritee rmy vreeslik waneer ek in 'n werkswinkel is en iemand anders raas met ysters soos om met hamer te kap. slef kap hinder nie.

toe ek jonger was ( lw nie jonk nie want ek is steeds jonk)  wou ek ook altyd musiek in my ore gehad het....deesdae soek ek stilte, seker oorlat ek half doof is.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #15 on: June 29, 2012, 08:25:22 PM »
AB, eerstens is ek bly dat jy weer deel van ons is.  Ek verstaan daardie "onttrekking-simptome" waaraan jy gely het, want ek is nou daar!
Ek verstaan so mooi wat jy bedoel by:  tot die yskas afskakel  ek verstaan iets hinder maar jy kan nie jou vinger daarop lê nie, tot die yskas afskakel.   :icon_biggrin:
Asseblief, ek het stilte om my nodig.  Hierdie laaste paar dae was vir my hel. 
'n Span van 10 swart werknemers wat heen en weer vir mekaar skreeu soos maer varke vir drie dae aanmekaar...! Dankie Vader, dit is naweek en hulle werk nie naweke nie.  Ten minste raas modder nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: en hoekom?
« Reply #16 on: June 29, 2012, 08:50:38 PM »
hoe maak mens so iets skoon? voel seker soos toe ek moes huis skoonmaak na die brnad, weet nie waar om te begin nie en wat om met die goed te doen nie. dlak is modder erger, ons sin was weg, julle sien die skade waar ons net as en dooie kole gesien het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #17 on: June 29, 2012, 09:34:42 PM »
Nee my matertjie, ek dink nie daar is 'n verskil nie. 
My hart het in duisend stukkies gebreek toe ek gesien het hoeveel skade julle gely het. 
Die reuk van "verbrand" het swaar in die lug gehang.  Hier het die "vrot" van "nat" ons asems vandag weggeslaan.   Die nat matte wat verwyder is en in die tuin "gedump" is, is ongelooflik onaangenaam.  Die groot probleem is, die mense wie se probleem dit is, (versekering) het nie 'n saak nie.  Hulle is maar net werknemers en dit is beslis nie hulle probleem nie. 
Vandat die ramp ons getref het, het Hannes R2,000.00 se krag gekoop en dit is opgebruik.
Hy moes so pas weer gaan aanvul.  Ek ys as ek dink wat ons water-rekening gaan wees.  Sowat van water gebruik het jy nog nooit beleef nie!
Weet jy, die skade wat deur die watervloed veroorsaak is, is net 50% van die skade wat die skoonmakers aangerig het.  Die water is dalk op plekke 'n meter deur ons huis, maar die skoonmakers het tot en met twee meter bokant die watervlak alles bemors.  My duur skilderye is van die waterspatsels oortrek.  My orrel is so nat dat ek nie glo die arme ding se lewe sal ooit weer gered kan word nie.  Ons Ouma- en Oupastaanhorlosies is moer toe.  Een of ander van die tien swape het die gewigte opgetrek totdat dit vasgesteek het en ek glo nie dit kan ooit weer werk nie! My verlede is uitgewis!
Ag, wat praat ek tog, julle weet mos!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: en hoekom?
« Reply #18 on: June 29, 2012, 10:54:10 PM »
PM klink my die versekering het beter "kwaliteit" skoonmakers vir ons gestuur. hulle het werklik met sorg ons goed toegedraai en verpak. ons het nou die dag gaan kyk in die kaap en ons makelaar het saam gegaan. hy was al met heelwat brnad en water skade eise doening. na ons daar by die stoor plek was en huistoe ry seg hy: nou het ek iets gesien en geleer. ek vra hoe so? dink jy die werk is nie reg gedoen nie? seg hy, nee ek het al heelwat skoonmaak werke gesien en hierdie een stel beslis 'n hoë standaard vir die ander. hulle kan hier kom leer, ek het nie geweet dit kan so goed gedoen word nie. Ons is baie dankbaar dat hulle vir "firefox" na ons gestuur het. dis net vrouens wat daar werk, 3 blankes en res kleurlinge en hulle doen goeie werk. kan sien die eienares vat nie nonsens nie. so klein vroutjie.

hulle het die meubels skoon gemaak en sommige reg gemaak en baie goed lyk beter na die brnad as voor die brand....skoner. hulle het nie skade van voor die brand reggemaak nie. die potrette en skilderye en fotos het hulle almal oopgemaak en van die roet skoon gemaak en met osoon behandel om die roet reuk uit te kry, so ook die klere.



klink my julle het 'n minder goeie span gekry wat niks omgee nie en nie kundig is nie.

ek sal nog fotos wys van hoe hulle ons goed toegdraai het.

sjoe ja jy gaan ook nou 'n vreeslike moeilike tyd deur, die eerste week en maand was erg gewees, gelukkig het ek my baie besig gehou met pars maar my kop was in nutraal, kon nie nugter dink en ordentlik belsuite neem nie. dlka goed dat ek uitstel gekry het tydens die estyd. nou na die oes het ons die dinge anders aangepak as wat dit in toestand van skok sou wees.


sterkte





Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #19 on: June 30, 2012, 07:06:08 AM »
As ek net 'n kundige kon kry om vir my raad te gee.  Die versekering loop draaie om ons. Toe ons die eis oor die foon aangemeld het is daar al gesê ons is nie vir dit en vir dat verseker nie, of net tot 'n maksimum van bv. vyf duisend rand om die tuin te herstel.  Ek weet nog nie of dit die besproeiing insluit nie, want dit alleen het ons bykans twintig duisend rand gekos.
Ons is geregtig op ander huisvesting tot die huis weer herstel is.
Gelukkig is daar die kontrakteur, wie se nalatigheid die ramp veroorsaak het, se versekering wat ook moet inskop.  Op hierdie stadium is dit die onsekerheid wat 'n mens opvreet.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: en hoekom?
« Reply #20 on: October 18, 2021, 05:00:19 PM »
Nee nee Blouetjie.  Ons sal jou nie verban nie.  Ons het ook vier TV's maar ek het nie genoeg tyd om TV te kyk nie.  So nou en dan kyk ek "Crime" as ek in die bed gaan klim, maar meestal raak ek halfpad daaronder aan die slaap.   :icon_biggrin:
As ek in die bed klim gebeur crime...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #21 on: October 18, 2021, 07:02:17 PM »
Oupa was toe reg toe hy gese het Oom Naas drink onder die kombers.
(hy het vir my verduidelik dit beteken om skelm te drink)

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #22 on: October 18, 2021, 08:01:42 PM »
Ja, al die skade wat ons gehad het, het ook 'n botteltjie onder die kombers ingesmokkel.  Dit was al hoe ons die groot gemors kon hanteer het.  Dit is nou seker amper 10 jaar later, maar ons voel nog steeds die inpak.  Ek het steeds 'n hele geveg met die versekering.  Ons het net vandag besluit dat ons maar onsself sal verseker.  Dit is een helse probleem. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #23 on: October 18, 2021, 08:08:46 PM »
Ek weet ons adverteer nie op forum nie maar het julle al vir Outsurance probeer. Ek het nog nooit enige probleme met hulle gehad nie en hul premies is baie billik. Jy het ook nie 'n makelaar wat tussenin geld gryp nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #24 on: October 19, 2021, 01:51:54 AM »
Ai Assie, ek weet darem nie so mooi nie.  Het jy al ge-eis?  Jy weet dit dalk nie, maar die persoon wat jou polis kom skryf en die ouens wat jou moet uitbetaal gehoort aan twee firmas. 
Ek het drie eise die laaste drie jaar gehad, warmwatersisteme wat gegroet het, en nou moet ek R2500 bybetaal as ek iets wil eis.  Ek is nou 'n "multi-eiser"! Eish! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #25 on: October 19, 2021, 01:58:07 AM »
Multi is net goed as dit voor miljoener gebruik word en bietjie beterder voor biljoener.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: en hoekom?
« Reply #26 on: October 19, 2021, 02:00:11 AM »
Ek hoor wat jy sê, maar in my geval sal ek nog baie lank moet wag.   :triplets:
Om te weet is om te verstaan.