Author Topic: skryfkursusse  (Read 6969 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
skryfkursusse
« on: June 22, 2012, 03:33:23 PM »
ek wou dit by 'skryftegnieke' vra, maar kan nie daar inkom nie.   :crybaby2: 

weet een van julle hoe hierdie kursusse daar uitsien, is dit die geld werd?   :dontknow: 

http://www.skryfgeheime.co.za/

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: skryfkursusse
« Reply #1 on: June 22, 2012, 06:22:15 PM »
Daar pop nou oral kurusse op wat aangebied word ...

ek dink mens moet twee goed vir seker kan antwoord voordat jy dit eers oorweeg :

1.  Waar is hulle ge-akriteer?  (Spelling)

2.  As ek klaar is met die kursus - wat het ek dan??  Certifikaat/Diploma en wat kan ek daarmee doen?  Of is dit bloot net verryking.

En dan vandaar neem mens dit verder ...

ek ken ongelukkig nie die dame nie ... dalk weet iemand anders.


Ek sal wil weet of iemand hier weet by watter plekke skryfkursse ge-akriteer moet wees of dit vir loopbaan doeleindes te kan gebruik ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skryfkursusse
« Reply #2 on: June 23, 2012, 12:54:42 PM »
Ek het gekyk na die webtuiste en die spookstorie wat daarop is gelees.  Dit is 'n pragtige storie.
Dit is vir my vreemd dat daar soveel sinne is wat met voegwoorde begin.  Ek persoonlik hou niks van 'n Engelse woord in 'n Afrikaanse werk nie, tensy dit werklik funksioneel is.  Die stuk is geplaas voordat die finale proeflees gedoen is, dus verskoon ek die enkele ander foutjies wat daarin is.
Die woord "cool" (direk vertaal as "koel") het net die teenoorgestelde betekenis in Afrikaans, dus kan ek nog "cool" aanvaar, maar ek dink dit is 'n ideale geleentheid vir 'n skrywer om 'n mooi Afrikaanse woord te skep.
Dalk is die aanbieding meer gerig op skryfgeheime as taalwerk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: skryfkursusse
« Reply #3 on: June 30, 2012, 06:55:56 AM »
akkrediteer?
ek het per epos antwoorde gekry by iemand wat ook deel is van Perske Wang se kort-kortstories op FB en hy is baie beindruk met Janie se kursus, en ja, dis seker net vir kennis en oefening want dit is nie 'n kollege of universiteit nie. maar sy weet van skryf en leer alles van hoe om te begin tot titels en die slot ens ens.
ek moet egter wag tot later ... eendag ... dalk volgende jaar ... ai ... die woordgogga is die ergste pootlose wese wat my nog ooit aangeval het 
   :love7:   

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skryfkursusse
« Reply #4 on: June 30, 2012, 07:14:45 AM »
As 'n mens in ag neem dat sy jou werkstukke nagaan en terugvoering gee, dink ek nie dit is duur nie.  'n Mens het opleiding nodig in enigiets wat jy aanpak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: skryfkursusse
« Reply #5 on: July 03, 2012, 02:48:55 PM »
Ek stem - ek wil ook graag meer skryf kursusse doen

dalk kan ons 'n forum pakket gereel kry en sy in die forum kom klas gee :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w