Die Biblioteek > My gunsteling gedigte van die groot meesters

DF Malherbe

(1/2) > >>

adele:
Middernag

Dis donker, donker middernag:
nader kruip die Zoeloemag,
kruip swart adders om die laer,
opgeblaas al deur die gras;
en geen windjie wek die slapers-
slaap is soet na arbeidslas:
droombeeld laat ’n kindjie lag,
moederarms omhels dit sag.
Rondom, geklem in Kafferhand,
smag duisend assegaaie, want
hulle het al nege lange dae
in somerhitte dors gely.
O, is die Dood ook so innig-bly
as op warm lyf hy lê sy hande?
Aan haar hart druk moeder sag
haar kindjie en slaap – dis middernag!

 :grommit:

AB:
ek het die voorreg gehad om vir oom danie te ken, maar ongelukkig nog te klein gewees om hom te waardeer en uit te vra na die vroeër jare.

Ah Willa:
AB het jy nie foto's van  hom nie :-)

AB:
ek het nie fotos sover ek weet nie maar ek kan in die hande probeer kry.
aan een kant klink dit maklik om te kry want oom Danie was my Ouma se broer maar sy is ook lankal oorlede. Ek dink tussen die paar fotos van hulle kant af wat ons gehad? het kon hy dlak wees, sal eers weet of dit nog bestaan na ons huis gebou het en  ingetrek het en die oorbly goed deurwerk.

Ek kan by my tannie hoor of sy dalk fotos het, ook nie os maklik nie sien haar min tot baie min, dalk by my kleinneef, sy kleinseun en naamgenoot, as ek hom in die hande kan kry. Hy woon iewers in die Kaap, dis nou nie oom Danie nie maar sy kleinseun. As jy dalk meer van oom Danie te hoere wil kom kan ek by kleinneef hoor of jy hom dalk kan besoek en uitvra, hy kan nogal effens van hom onthou.

Ah Willa:
Dit kan net intersant wees .. as hy wil .. sal ek graag gaan vra

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version