Author Topic: Hou op om gif namens ander te drink  (Read 7633 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #15 on: June 23, 2012, 10:38:49 AM »
ek het 'n boek gelees en een afdeling het gegaan oor kwaad word. Toe skryf die man jy moet kwaad word om uiting aan jou emosies te gee.

Moet net nie 'n vark raak waaneer jy kwaad raak nie en behou jou waardigheid.

Hy seg waneer hy kwaad raak, knyp hy 10 na 15 minute af, raak baie kwaad, sommer heeldag se kwaad in daai tydjie en waneer die tyd verby is sit hy dit agter die rug en kyk vorentoe en gaan aan met sy werk, wat verby is het hy dan agter sy rug geplaas en dis verby.
Net so as hy bly is, is hy vir 10 tot 15 minute vreeslik bly in oormaat en dan gaan hy weer aan met sy werk.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #16 on: June 23, 2012, 11:54:50 AM »
Die probleem is, dit wat aan Engeltjie en die ander ouens wat afgelê is, gedoen is, spring elke dag op en dit ontneem 'n mens van jou menswaardigheid.  Dit steek tot diep in die siel.  Soos met enige ander traumatiese ondervinding, neem dit baie tyd om te verwerk.  Sodra die persoon ander werk kry en weer sekuriteit het, sal dit beter gaan, maar daardie seer sal altyd sy littekens oorhou.
Drie van ons kinders is die afgelope jaar en 'n half afgelê. Henk en Jo het terug gekom SA toe en hy het na maande weer 'n goeie werk, op 'n sesmaande kontrak. Die byl hang nog oor hul koppe. 
Een van ons kinders is al in Novembermaand verlede jaar afgelê en soek nog steeds ander werk.  Hy het 'n enorme salaris verdien en dit is nie maklik om weer werk te kry nie.  Hy moes sy mooi kar verkoop, soos enige man weet, is jou kar jou trots.  Om dan 'n vrou en twee kindertjies te hê om te onderhou is nie 'n grappie nie.  Die bank het hom uitstel gegee om die huislening af te betaal.  Daar is soveel ander aspekte wat hulle lewens hel maak.  As jy nie daardeur is nie sal jy dit nie besef nie.  My mooie pragtige kind se selfbeeld is in sy moerdyk in.
Die gevoel van magteloosheid vir my as ma en sy pa is onbeskryflik.
Kwaad?  Word soveel kwaad as wat jy wil.  Dit is maar net jou eie magteloosheid wat deurbreek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #17 on: June 23, 2012, 11:59:15 AM »
AB - dis so waar wat jy nou deel - en die kerk gee mense so baie die indruk dat dit 'n sonde is om kwaad te word.

Maar ons is geskape in God se image - dus ons moet ook sy emosies weerkaats (ek doen 'n workshop op aanvraag : Our emotions in the image of God)
God is liefde - ons moet liefde weerkaarts
God is genade - ons moet genade weerkaarts .. die lys gaan aan

God word ook kwaad - en God haat ook .... dus kan ons ook kwaad word en haat

MAAR God sondig nie in Sy kwaad word of haat nie

God haat die sonde - nie die  sondaar nie

Toe Jesus die mense uit die temple gejaag het, het Hy hulle met 'n sweep geslaan .. beslis nie gesmile of gese asb nie

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #18 on: June 23, 2012, 12:00:51 PM »
Ek het op die kuier stoep links geplaas na werksoek plekkies

maar as ook almal se CV's kan kry - PM se seun, Engeletjie, Fransi en almal wat werk soek wat ons ken ... plaas dit daar by die werk hoekie ..
dan kan ons almal ons ore en oe oop hou en laat weet as ons van iets hoor
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w