Author Topic: Hou op om gif namens ander te drink  (Read 7601 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Hou op om gif namens ander te drink
« on: June 21, 2012, 08:48:26 AM »
Hou op om gif namens ander te drink


Party motoriste jaag deesdae soos maniakke op die snelweë. Ander probeer weer soos ‘n wafferse “Mad Max” kyk oor hoeveel stopstrate hulle op ‘n dag kan jaag. Blykbaar dink hulle dat hulle in die Britse Geheime diens werk waar elke 007 “a licence to kill” het, of so iets. Waag jy dit om vir sulke bestuurders toeter te blaas, dan praat hulle lelike vingertaal met jou. Of hulle swaai gebalde vuiste in jou rigting.
Te veel mense is propvol woede. Almal is vir almal kwaad. Almal voel verontreg, ingedoen of verkul. Niemand word genoeg betaal of waardeer nie. Almal is verkeerd — vanaf die kerk tot die werk. Die dilemma is dat woede net mooi niks hieraan verander nie. Woede is wanneer ander droogmaak en jy drink die gif namens hulle. God sê dat straf Hom alleen toekom, nie ons nie. Net Hy het al die regte feite tot sy beskikking, nie jy of ek nie. Los gerus maar daardie jaag-brigades uit. Moenie jouself gedurig opwerk oor al wat ‘n wetsoortreder is nie. Of oor elke korrupte waarvan jy hoor of lees nie. Doen jy net wat reg is voor God. Woon en werk rustig voort soos wat Psalm 37 sê.

geskryf deur stefan joubert

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #1 on: June 21, 2012, 08:56:06 AM »
ek stem 100% saam met Stefan Joubert ...

ST Francis of Assisi was net slim: "Preach the gospel every day, and if needed; use some words!" 

ons optredes teenoor wetoortredes kan ook 'n groot verskil maak ... nie net ons woorde wat ons hulle toe snou nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #2 on: June 21, 2012, 08:58:54 AM »
Dankie vir die plasing AB.  Dit beskryf die rottemallemeule so mooi.  Rotren graf toe.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #3 on: June 21, 2012, 01:19:21 PM »
AB, vanoggend was ek kwaad.
Ek wou vir die ou wat my afleggingsbrief onderteken het, 'n e-pos stuur.
Ek wou hom vra hoeveel keer die afgelope paar weke hy gedink het, gewonder het hoe dit met die eks-personeel gaan wat deur hom afgele is.
Ek wou hom vra of hy weet dat om 'n toevoeging tot Statistiek SA se Unemployment syfers geensins jubelend lekker is nie.
Om die waarheid te se, dit is vernederend sleg.
Weet hy dat in die eerste drie maande van hierdie jaar....???

En ek tik my e-pos aan hom in my kop uit.  Dit bevat soveel gif, dat ek eers 'n ruk moes gaan diep asemhaal buite.
Net toe kom 'n jong man met spoed die trappe af gehardloop en skuur teen my verby...  ek wou hom iets toesnou.  Dit het my 'n tyd geneem om weer af te koel.

Gif in jou gestel en in jou dag beroof jou van die goed en lekker van die lewe.
Ek moet dit nog net my motto maak.  Sal seker 'n tyd neem.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #4 on: June 21, 2012, 01:59:11 PM »
The thing or one you don't forgive and free board in your mind, body and soul .... let it/them go!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #5 on: June 21, 2012, 05:09:43 PM »
angelieka

ja dis nie so maklik nie en makliker vir ons wat op die kantlyn staan om te seg jy moet vergeef en vergeet maar op di eou end is dit die regte en beste om te doen.

ek het dit geplaas oor ek ook daarmee sukkel


sterkte en seen vir jou.


Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #6 on: June 21, 2012, 08:35:59 PM »
mmm ek het al besef n mens wat vinnig kwaad word is gewoonlik met homself gefrustreerd...
dis soms baie maklik om daai eie "terleurstelling " of bitter en of jaloers op ander uit te haal om self bietjie beter te kan voel

probleem daarmee is net n mens voel juis nie veel beter nie....

ek sit soms maar met dieselle probleem

ek het al uitgewerk dat n mens eers so n goeie kalm gedagte moet begin kweek voor die aktiwiteit inskop  :coffee2:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #7 on: June 21, 2012, 09:17:05 PM »
ek het ook al gesien ( soms ondervind as ek baie diep dink) dat mens(e) kwaad word vir iets in iemand anders wat in hulle slef ook verkeerd is.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #8 on: June 22, 2012, 05:27:44 AM »
Dankie AB.

Ek is uit my sone geruk deur iemand (in meervoud) wat geen gevoel vir die volgende persoon/wese het nie.
My koers is drasties !! verander deur hierdie mense.  Op hierdie stadium is dit nie vir die beste nie, nie vir my liggaam/siel/emosies.... nie.
Dit sal my weer jare neem om te kom waar ek was.
Op my ouderdom?  Is daar nog tyd oor?  Hoe doen ek hierdie ding alleen? Het ek vorentoe die krag en fondse om weer onafhanklik te funksioneer?
Ek is kwaad en sal nog lank kwaad wees.  Statistiek toon 'n afwaartse neiging en die tendens is om te steel en hul eie sakke voller te prop.  Opbou van die land is nie in hul agenda nie.
Die prentjie is donker.
But don't let my anger disturb you.  Ek gaan voort. :angel8:
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #9 on: June 22, 2012, 06:45:57 AM »
Angelica - eers het ek gedink dit gaan oor die company se finansies dat hulle moes verminder .. maar hoe meer ek jou lyne raak lees, hoe meer word ek beindruk dat jy voel dit was onnodig en dat jy opsetlik benadeel is ...

Jy kan nou een van twee aksies he ... of dit net los en toelaat om in jou te borrel tot oorlopenstyd toe ... en dis 'n gevaarlike eina opsie ... maar 'n opsie.

Die ander een is om feite bymekaar te kry oor die stap wat teen jou geneem is.  Is dit nie opsetlik nie, maar noodgedwinge ... dan het jy weer twee keuses.

a) top en broei tot jou hele menswees dood bloei
b) of gaan deur die stappe ... geskok, kwaad, deny, besef dis realiteit, reason, verander wat jy kan en aanvaar wat jy nie kan verander nie.

Is jy opsetlik benadeel - dan het jy ook weer twee keuses :

a)  slat neer op die grond en gooi 'n duidelike vloermoer totdat niks in jou meer roer nie.
b)  haal asem, rustig, neem die regte legal stappe en neem jou reg terug in eie hande deur die regte legal kanale.


Net jy weet waar jy in hierdie proses is en wat nou eintlik gebeur.  Ek en die forumfamilie lees hier tussen die lyne deur.

Kom se vir ons waar jy presies is en hoe ons jou kan bystaan -  ek is defbeslis hier vir jou.

Ek dink aan jou en ek weet die son gaan weer helder vir jou ook skyn.

liefdetjies
Willa
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #10 on: June 22, 2012, 02:27:24 PM »
Jip dis baie ware woorde wat hier geuiter is.

Die spreekwoord seg dat : Om haat of wraakgedagtes te koester is soos om gif te drink en te wag dat die ander persoon doodgaan.

Hiermee bedoel ek nie draai die heeltyd die ander wang en laat ander op jou trap nie. Geensins nie. Doen wat binne jou vermoee is om die situasie te beredder maar as jy niks verder kan doen nie, laat dit gaan op daardie punt anders gaan die prys wat betaal vir jou bitterheid te hoog wees.

Ek weet ja. Woorde is maklik maar dikwels steek daar soveel waarheid in......

Sterkte vir jou


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #11 on: June 22, 2012, 03:24:33 PM »
Ek het altyd gese : God het gese draai die ander wang, maar nie dat jy 'n jellyfish moet wees nie

'n paar maande terug het ek geleer dat 'n Jellyfish eintlik baie backbone het ... so ek moet iets anders kry wat nie backbone het nie ...

maar ja .. God verwag nie dat ons vloermatjies hoef te wees nie ... minsaam, maar tog ferm  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #12 on: June 22, 2012, 06:43:31 PM »
Dankie almal wat raad gee en besorg is.
Ek waardeer regtig.
Ek glo nie enigeen gaan ongeskonde deur so 'n traumatiese gebeure gaan nie.  Ek glo dit nie.
Aflegging is net so traumaties as om iemand te verloor, hetsy deur die dood of egskeiding.
Dit is baie baie meer as om net jou inkomste te verloor.  Wat met aflegging en die verloor van inkomste gepaardgaan, is huge.
Skielik kom baie dinge tot stilstand, deure slaan toe, ook kollega's en vriende raak of weg of word min. 
Jou wereld word baie kleiner.
'n Plek wat wel in my wereldjie ingeval het, is die Dept of Labour, Bellville.  You don't want to visit.  Regtig.

Geniet julle naweek.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #13 on: June 22, 2012, 07:02:58 PM »
Ek sal glo dis dramaties - want dis nie soos om self te bedank of af te tree nie -

dis ook nie asof mens dit sien kom nie ... dis net skielik hoe dit is ... of jy wil of nie...

en dis sekerlik maklik vir ons om die kant van die screen te staan en tik oor wysheid wat eintlik nie so wys is as wat ons (ek) dink nie

wil net weereens vir jou se Engeltjie - ek is hier as jy my nodig het - ek kan ry na waar jy is - jy hoef nie ons 6 honne kinnders te kom wys nie (Yip ons het gister nog een aangeneem - sy is ook 'n hy ... sal later meer vertel)

baie drukkies word jou kant to gestuur
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #14 on: June 23, 2012, 10:19:59 AM »
Ag, weet maar net ek knyp jou styf vas hier onder my vlerk, dig teen my hart.  Wees kwaad, baie kwaad, dit is jou reg!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #15 on: June 23, 2012, 10:38:49 AM »
ek het 'n boek gelees en een afdeling het gegaan oor kwaad word. Toe skryf die man jy moet kwaad word om uiting aan jou emosies te gee.

Moet net nie 'n vark raak waaneer jy kwaad raak nie en behou jou waardigheid.

Hy seg waneer hy kwaad raak, knyp hy 10 na 15 minute af, raak baie kwaad, sommer heeldag se kwaad in daai tydjie en waneer die tyd verby is sit hy dit agter die rug en kyk vorentoe en gaan aan met sy werk, wat verby is het hy dan agter sy rug geplaas en dis verby.
Net so as hy bly is, is hy vir 10 tot 15 minute vreeslik bly in oormaat en dan gaan hy weer aan met sy werk.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #16 on: June 23, 2012, 11:54:50 AM »
Die probleem is, dit wat aan Engeltjie en die ander ouens wat afgelê is, gedoen is, spring elke dag op en dit ontneem 'n mens van jou menswaardigheid.  Dit steek tot diep in die siel.  Soos met enige ander traumatiese ondervinding, neem dit baie tyd om te verwerk.  Sodra die persoon ander werk kry en weer sekuriteit het, sal dit beter gaan, maar daardie seer sal altyd sy littekens oorhou.
Drie van ons kinders is die afgelope jaar en 'n half afgelê. Henk en Jo het terug gekom SA toe en hy het na maande weer 'n goeie werk, op 'n sesmaande kontrak. Die byl hang nog oor hul koppe. 
Een van ons kinders is al in Novembermaand verlede jaar afgelê en soek nog steeds ander werk.  Hy het 'n enorme salaris verdien en dit is nie maklik om weer werk te kry nie.  Hy moes sy mooi kar verkoop, soos enige man weet, is jou kar jou trots.  Om dan 'n vrou en twee kindertjies te hê om te onderhou is nie 'n grappie nie.  Die bank het hom uitstel gegee om die huislening af te betaal.  Daar is soveel ander aspekte wat hulle lewens hel maak.  As jy nie daardeur is nie sal jy dit nie besef nie.  My mooie pragtige kind se selfbeeld is in sy moerdyk in.
Die gevoel van magteloosheid vir my as ma en sy pa is onbeskryflik.
Kwaad?  Word soveel kwaad as wat jy wil.  Dit is maar net jou eie magteloosheid wat deurbreek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #17 on: June 23, 2012, 11:59:15 AM »
AB - dis so waar wat jy nou deel - en die kerk gee mense so baie die indruk dat dit 'n sonde is om kwaad te word.

Maar ons is geskape in God se image - dus ons moet ook sy emosies weerkaats (ek doen 'n workshop op aanvraag : Our emotions in the image of God)
God is liefde - ons moet liefde weerkaarts
God is genade - ons moet genade weerkaarts .. die lys gaan aan

God word ook kwaad - en God haat ook .... dus kan ons ook kwaad word en haat

MAAR God sondig nie in Sy kwaad word of haat nie

God haat die sonde - nie die  sondaar nie

Toe Jesus die mense uit die temple gejaag het, het Hy hulle met 'n sweep geslaan .. beslis nie gesmile of gese asb nie

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hou op om gif namens ander te drink
« Reply #18 on: June 23, 2012, 12:00:51 PM »
Ek het op die kuier stoep links geplaas na werksoek plekkies

maar as ook almal se CV's kan kry - PM se seun, Engeletjie, Fransi en almal wat werk soek wat ons ken ... plaas dit daar by die werk hoekie ..
dan kan ons almal ons ore en oe oop hou en laat weet as ons van iets hoor
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w