Author Topic: Vertaal "rat race"  (Read 34389 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #15 on: June 30, 2012, 11:57:19 AM »
NAV die ratrace....my broer bel my vanoggend en seg hy het sy werk by die bank bedank en 'n pos aanvaar by Unisa wat hom aangebied is. ek is eintlik dankbaar daarvoor want so kon hy nie aangaan nie. soos hy self seg, sy lewe hardloop by hom verby en al wat hy kan wys is geld. die nuwe pos is nie so betalend nie maar hy gaan tyd hê vir homself en sy gesin. 

ek is verbaas dat hy nie reeds in 'n gestig beland het soos hy angegaan het nie. sy nuwe werk is ook net 1 km van sy huis af (Waterkloof), die huidige een is in die middestad van PTA. 


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #16 on: June 30, 2012, 08:09:44 PM »
Dit is wonderlik AB.  Hannes sê hy dink dit is nader aan ses kilometer van Waterkloof af, maar dit is nogtans baie naby en 'n baie beter pad om te ry.  Hier in die stede hang dit ook nie af van hoe ver jy van die werk af is nie, dit is 'n nagmerrie om deur die verkeer te kom.  Hannes ry 10 kilometer werk toe.  Hy moet sesuur ry om seweuur by die werk te wees en as daar 'n ongeluk is kom hy 'n uur laat by die werk aan. 
Die verkeer opsigself is 'n groot stresfaktor vir ons mense.  Soms ry ons vyfuur in die oggend iewers heen, dan is die snelweg al vol motors en dit gebeur twee keer per dag!  :icon_scratch: Rotteren pas uitstekend hier in. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #17 on: June 30, 2012, 11:03:08 PM »
PM klink my sy kantoor is nie by unisa se gebou nie maar op i ander plak die dat hy seg net 1 km van sy huis af.

in elk geval ek is bly ek het nie elke dag daai verkeer nie, dis die dat die mense so rotteresies oorlat hulle in die verkeer opgehou word en as hulle nie jaag nie kry hulle nie daai dag se werk in wat oor is van die dag nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #18 on: June 30, 2012, 11:11:01 PM »
Dit  maak sin AB.  Ek is dankbaar vir hom, want die verkeer is erg.
My skoonseun ry 2 ure elke dag werk toe en twee ure terug.  Die werk wat hy in SA gekry het, het nie lank gehou nie,  toe kry hy ander werk en nou wil hulle nie die twee seuns weer ontwrig nie.  Jo se "gholf-akademie" is ook naby die huis.  Dit is 'n vreeslikheid en dan kan 'n mens verstaan hoekom sommige mense so "kwaad" deur die lewe gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #19 on: July 02, 2012, 06:33:46 AM »
Rottemallemeule, Rotren...
Whatever, ek wil weer deel wees van daardie rat race.
Sit by die huis en wonder wat jy volgende kan lees, drink, doen, straat jy sal afloop?
Dis doelloos en ek wil nie doelloos deur die lewe gaan.  Dan kan ek netsowel sterf.
Ek wil my deel bydra tot die ekonomie, tot my eie onafhanklikheid van mens en staat. 
Ek wil besig wees om 'n verskil te maak.  En dit kan ek nie doen deur kraletjies in 'n draadjie te ryg, nog 'n serpie te brei, nog 'n boek te lees.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #20 on: July 02, 2012, 07:28:44 AM »
Ek  hou van rotrit  :notworthy: Angelica my hart gaan uit na jou liefste mater  :love7:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #21 on: July 02, 2012, 08:32:59 PM »
Verlede week en selfs vandag het ek my skaduwee by my siel sien verby hardloop en so gehoop vir tyd om stil te staan ... dis 'n regte rotren!

Engeletjie - ons het nou 6 K9's - die nuuste een is 'n seuntjie en dogtertjie - so ons moet haar/hom seker twee keer tel - maar jy is altyd welkom om hier in te pop en te kom help maal aan die meuletjie.  Dit nou nie vir Rande nie - maar kan darem 'n koffie en beskuit aanbied :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #22 on: July 03, 2012, 09:01:11 AM »
Hi Willa,
Dankie vir die uitnodiging. 

Verduidelik: 
6 K9's
maal aan die meuletjie.

Ek is nie so vlug van verstand dat ek altyd weet waarvan jy praat.
Onthou, ek het nie 'n motor, so as jy wil he ek moet kom help maal, moet ek taxi vat.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #23 on: July 03, 2012, 12:20:04 PM »
K9 is die afkorting vir hond :-)  Die polisie se K9-unit - die polisie se honde-eenheid
K9-kids - hondekinders :-)  ons het 6 hondekinders ... plus ons baby-sit honde van tyd tot tyd  :hello2:

maal die meuletjie - hier by ons huis is altyd aktiwiteite - dit bring nie noodwendig geld in nie ... maar jy is welkom om daarin te kom deel -
soos om na die honde of katte kinders te kyk ...
of brood bak
of handmaak goedjies

dis nooit doeloos of boring nie ...

maar ek onthou, jy is nie gemaklik met honne kindertjies nie - die dat ek noem hier is 6, sodat hulle jou nie omkant vang nie - maar hulle is baie lief en social
ek kan altyd taxi speel :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #24 on: August 13, 2013, 08:14:39 AM »
Ek wonder waar sal "skarrel" inpas.  'n Geskarrel na wind!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #25 on: October 27, 2021, 02:00:02 AM »
Ek sien 'n prentjie van 'malle geskarrel' as ons praat van rat race  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #26 on: October 27, 2021, 04:34:18 PM »
Ek sien 'n paar rotte voor 'n pampoen ingespan wat resies jaag.  Dit laat my aan Aspoestertjie dink.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertaal "rat race"
« Reply #27 on: October 30, 2021, 12:51:54 PM »
Ai Petronella, jy het 'n verbeelding wat skrik vir niks!   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.