Author Topic: 'n Groot emosionele probleem  (Read 10232 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Groot emosionele probleem
« on: June 19, 2012, 08:46:43 PM »
Ek was nog nooit 'n voorstander vir "extra marital affairs" nie.  Dit is teen my gebinsels!
Nou het een van my baie spesiale matertjies homself in so 'n situasie begewe.  Hy is verskriklik berouvol.  Het dit nie so beplan nie! Ek het hom so sleg gesê, die see sal hom nooit skoon kry nie.  Maar!  Hy is my daardie spesiale maaitjie wat vroeg, voor die son op is, 'n duik deur die swembad duik, net om mooi wakker te word, om ontbyt voor te sit, net nadat ons die vorige nag tot bykans sonsop gekuier het, nadat hy vir al die aandete gesorg het.  Heerlike beeshaas met groente, gebakte aartappels, slaaie om van te kus en te keur! Tafels keurig gedek!
Ek is so lief vir hom.  Hy is werklik 'n spesiale mens.  Maar!  Ek is net so lief vir sy vroutjie!  Sy is net so 'n spesiale mens. Sy kan vir jou kunsinnige ore aansit.  Haar huis is altyd keurig gemeubileerd en sy kan uithang wat skrik vir niks nie.  Haar tuin is uit die boonste rakke. Sy is ook altyd daar, met 'n helpende hand, net waar jy dit nodig het.  Hoe nou?  Help my!
Ek lief hulle altwee met 'n passie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #1 on: June 20, 2012, 04:03:10 AM »

eerstens, is die affair nou verby? 
nou is Ondersteuning met 'n hoofletter nodig. as jy kan, moet nie kant kies nie.
wees daar vir hom, jy het sleggese' maar kan nie vir hom kies nie. en wat ookal gebeur, die enigste manier hoe so 'n seer verwerk kan word, is deur te vergewe, Vergewe, VERGEWE, sy elke keer as sy daaraan dink en hy wat homself moet vergewe, en geen mens kan dit regkry sonder die Here se genade nie, en daar is emmersvol daarvan, hulle moet net skep.
en lief vriendin, as dit my sou oorkom, sou ek jou so graag naby my wou he'

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #2 on: June 20, 2012, 04:43:10 AM »
Ek is met Adele ...

Geen kant kies nie
Geen sleg se of meer skuldig laat voel nie

jy se self hy het berou - as dit nie die geval was nie - kon mens met hom hard en reguit praat, hom selfs skud - maar hy het berou en hy voel reeds skuldig.

Wees ook lief vir hom soos altyd
Wees ook daar vir haar soos altyd

Spandeer dalk extra tyd met hulle as a couple - nooi uit vir ete en so tussen deur die happies gee liefde en ondersteuning ...

Ons kan almal in die slaggat trap ... dis nie vir enige een om te oordeel nie ...

Ek het weer altyd gese ek sal nooi ooit skei nie en het my wenkbroue gelig as mense ske ... my eerste huwelik het nie eens 2 jaar gehou nie ... Andre se eerste huwelik was darem 7 jaar - amper 7 sake sout .... en met die genade van Bo het ons mekaar gevind en met die genade van Bo gaan ons nou vir jaar 3

Slaggate is oral.
Mens is mens.

Die probleme/sonde is wanneer mens nie berou nie en volhard met die fout wat oorsprongklik begaan is.

Ek bid vir hierdie couple - ek hoop hulle is okay ... die egskeiding syfer het geen hulpstoot nodig nie.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #3 on: June 20, 2012, 07:26:18 AM »
Ons sal kritiseer, klippe gooi, aanhalings uit die Bybel bring, skinder, mooi praat, gaan vir berading...
Mense trou te gou.
Mense skei te gou.
Affairs het meer kante, sye, fasette, gesigte, maniere, redes.... ens.
Dat dit 'n ding is wat seermaak, watookal die verhoudingsvlak van die AL die partye, is nie te betwyfel.
Sommige laat dit toe in hul huwelike, ander sal moord, letterlik, pleeg al word behoeftes nie vervul.
Huweliksmaats is nie altyd ook Sielsmaats.  Ons is almal verskillend en het verskillende behoeftes. Soms kan/wil jou huweliksmaat nie 'n spesifieke behoefte vervul in haar/sy maat nie.
Dis 'n moeilike onderwerp.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #4 on: June 20, 2012, 08:37:08 AM »
Affairs het meer kante, sye, fasette, gesigte, maniere, redes.... ens.
Dit is nie 'n leuen nie Els.

Ek kan nie kant kies nie en ek veroordeel ook nie.  Dit is net dat ek reg in die middel sit en 'n mens het mos al die antwoorde as jy van die kantlyn af inkyk, maar sodra jy emosioneel betrokke raak is dit asof jy skielik blind is. 

Ek hoop van harte dat hulle altwee deur hierdie ding sal kom sonder om ernstige lidtekens oor te hou, en ja, ek sal my bes probeer om daar te wees vir hulle.
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #5 on: June 20, 2012, 10:00:26 AM »
ek kom as leek hierheen ...

en sou eintlik graag wou weet van die "meesters/esse" of mens wel
as victim van so n extra marital affair oor jou sisteem sal kan kry
en indien wel sou daai seer ooit kan weggaan?

is dit op die ou einde die kool sy sous werd?

wonder maar net WW

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #6 on: June 20, 2012, 10:42:35 AM »
ek is nou nie 'n meester met 'n graad agter myse naam nie .. maar experience van pain - in daai afdeling is 'n 'n meester by experience ...

en mens kan enige seer verwerk en agter jou sit ... pain is our gain ...

maar dit is nou nie die sous werd sodat ons almal maar kan val as ons getrip word nie .. mens moet standvastig bly staan in jou verhoudinge ... getroud al dan nie .. party woon jare saam .. dis ook soos getroud wees ...

ek weet net dat almal van ons maar mens is
ek weet ook dat elkeen van ons wel kan val
dat nie een van ons kan oordeel nie
dat nie een van ons kant moet kies as 'n couple wat ons lief het - hier deur gaan nie ...
dat ons elke dag net kan dankie se vir genade as ons nie so 'n eina hoef te face nie ...
van al die einas wat ek al beleef het ... van 'n moord aanskou op 5, gegang rape as kind ... ongebore kind verloor ... oorleef 7.9 aardskudding .. is hierdie 'n eina wat my nog nooit aangedoen is nie ... en ek bid ek hoef dit nooit te face nie ...

mens kan net maar liefde gee en probeer begrip dat die man/vrou gefout het ...

ek verwys nou nie na 'n man / vrou wat dit aanmekaar doen .. van die een afair na die ander draf nie .. dis sommer aspris en lelik ... maar daardie man / vrou wat nooit gedink het ... nooit beplan het en toe hy/sy weer sien ... toe is hy/sy pens en pootjies in die warm romantic pot
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #7 on: June 20, 2012, 10:55:01 AM »
mmmm... net n gedagte hier...

pyn van die een naby jou is soos tien duisend pyne van die weg van jou

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #8 on: June 20, 2012, 11:14:06 AM »
Jy kan 'n kopieregteken agter daai een sit WW.   :icon_cheers:

Wens nog steeds ek het 'n towerstaffie gehad om al die lelik en seer uit die lewe te toor. 

As 'n mens jonk is hoor jy baie dinge, maar dit maak nie werklik 'n indruk op 'n mens nie.  So het my pa van "Dilila" gepraat, 'n buurvrou van jare gelede. Nou weet ek wat het hy bedoel. 

Ek dink 'n mens kan vergewe, maar ek glo nie jy sal ooit vergeet nie.  Die ergste van alles is, is daardie vertrouensverhouding wat, ek glo nie, ooit weer herstel sal word nie.
« Last Edit: June 20, 2012, 11:16:09 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #9 on: June 20, 2012, 11:19:26 AM »
patrys en dit is nou my vraag....

hou mens aan met so n verhouding/huwelik of beweeg n mens weg van die pyn...

is daar n verskil tussen 1 keer of meer... n gesegde wat vir my baie sin maak...

1keer n cheat altyd n cheat....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #10 on: June 20, 2012, 11:28:35 AM »
Ek weet nie WW.  As dit met my moet gebeur sal ek nie so maklik tou opgooi nie.  My goed is mos my goed en ek sal daarvoor baklei tot die bloed loop.

Hierdie twee mense is ook al jare getroud en het nog nooit probleme gehad nie.  Hy is ook nie 'n "gewoonte misdadiger" nie en ek sou graag my lewe daarop wou wed dat dit nooit weer sal gebeur nie.  Ek persoonlik glo ook dat enige mens geregtig is op nog 'n kans voordat jy die baba met die badwater weggooi. 

Wat is liefde?  Dit is mos nie 'n knoppie wat jy kan aan- en afskakel nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #11 on: June 20, 2012, 11:50:52 AM »
PM  ek is so met jou ... liefde is nie 'n knoppie wat mens net af en aan skakel nie .. en 7 sake sout is nie kinder speletjies nie ... ons praat nei van 20gr sakkies nie ... maar van sake sout ... 20kg sake ...

ek so ook die eenmalige misdadiger 'n tweede kans gegun het ... en soos jy sal ek ook baklei dat die bloed loop as dit moet .. maar ek laat nie my liefde so uit die deur uit waai nie ...  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #12 on: June 20, 2012, 02:12:12 PM »
Dit is 'n groot pendoring eina. Miskien is al wat 'n mens kan doen om daar te wees. Oor en skouer vir beide te bied- sonder raad of goedpraat of slegsê.  Sterkte en ek hoop hulle kan deur die seer en skuld werk.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #13 on: June 20, 2012, 02:48:46 PM »
WW - ek dink daar is 'n groot verskil tussen een keer en meer ...

party mense sondig werklik per ongeluk ... eenmalig en leer dan uit die swak moment ...

daar is natuurlik die wat volhard in ongeluk .... maar almal verdien 'n tweede keer ...


PM en WW vertroue is nie iets wat sommer net is nie .. dit word nei net gegee nie - dit word verdien. 
Na so pendoring eina (Om Fransi se mooi uitdrukking te gebruik) is vertroue gebreuk ... en altwee -
nie net die een wat dit gebreek het nie, gaan daaraan moet werk om die vertroue te herstel ...

in God se genade kan alles vergewe en herstel word - vertroue ook .

Mens vergeet nooit nie - mens is nie 'n rekenaar wat skoongevee kan word as te veel skewe date gestore word nie ...
maar mens kan die files so stoor dat dit nie verhoudings in nou verstoor nie ... ook met baie genade ...  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: 'n Groot emosionele probleem
« Reply #14 on: June 20, 2012, 03:41:26 PM »
Ek het so vinnig geloor oor wat almal hier sê. Sommige goed maak sin.

Vir my is dit 'n groot NEE NEE. Ek aanvaar geen, jammer bokkie dit het net gebeur nie. My liefie weet ook. Daar is eending wat nie twee is nie, dan is dit 'n "partner" wat nie sy volle aandag aan die ander een gee nie.

Kyk, ja, dis okay maar gaan huistoe na jou vrou/man toe. Ek het geen jammerte vir so iemand nie.

Dit kos jou om te beplan om die daad te pleeg. Jy moet uit trek. (vang dit jou nog nie) nee jammer ek is seker verkeerd.

Vir my sal dit gaan oor (soos in die geval) gaan die vrou hom terug neem? Indien wel sal ek dit aanvaar en aangaan soos gewoonlik. As nie, is ek jammer (mag nie kant kies nie) ek hoef nie, ek meng nie met seker soort mense nie. Veral nie as jy my vriendin seer gemaak het nie. Klaar.

More voel ek dalk anders, maar dis hoe ek vandag voel.... :dontknow: Glo nie. Dis hoe ek nog altyd gevoel het....seker maar my kinderjare.

 :angel12: