Author Topic: Oulike segoed vir kinders wat stout is :  (Read 23121 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« on: June 19, 2012, 06:26:58 PM »
Julle ek kuier nou daar op Eddey se FB groepie: https://www.facebook.com/groups/450415161637979/

Odette Swanepoel  deel toe die prag juweel :
Jou pakslae draf langs jou!-waarskuwend terwyl jy vir moeilikheid soek


Ek stel dit gewoontlik so vir Theo:  Dis nie 'n slim plan nie, dit gaan boemerang :-)

My musiek onderwyser het altyd vir ons koor gese:  Kinders die duiwel sit agter julle ore, kom ons prys die Here .... en dan begin ons een of ander Psalm sing ... totdat hy dink die koorklas is nou weer mooi soet :-)

Nou watse se goed het julle vir julle kinders gese of nog steeds vir hulle se, as hulle stout is ...
« Last Edit: July 02, 2012, 08:28:18 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
My se Moeder het altyd gesê:  Jou teëspoed is wit in die blom!
Ek het gesê:  Jy soebat vir 'n pak slae nê!
My pa het gesê: Ag liefie, kom sit hier langs my, ek dink jy sal baie veiliger wees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Jou pa sin is baie oulik ...  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
jy speel op AVBOB se stoep
of
jy  speel op die treinspoor.


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
my ma het altyd vir ons gese ons speel of AVBOB se stoepe ja ...

my pa het weer niks gese nie - ons net toegesluit in die tronk op Pekka en in Ficksburg as ons baklei ... of sy oe gerek en oe wee ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
...jou pakslae is nader dan jou volgende bord kos!

Jy soek vir my! Jy gaan vir my kry! ..en ek  belowe jou, jy gaan nie van my hou as jy my gevind het nie!

My ma het altyd begin giggel as sy my moes "vang" ek het altyd vir haar weggehol, dan sal sy vir my in suiwer "Afrikaans" sê Ek lag maar ek is kwaad. Dan kan sy my nie meer slaan nie.  :icon_biggrin: Ek het weer vir myne gesê ek is nie Oma nie, ek mag lag wat julle hol vir my weg, maar ek sal julle "slaan" met 'n smile.  :evil6:

O hel ek klink vreeslik  :evil6:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #6 on: July 03, 2012, 08:50:59 AM »
Nee kyk, weghol kon ek nie. Die eerste keer wat ek dit probeer het het my eie pa, aan my ma se kant my met 'n stomp braaihout agter die kop gegooi. Toe ek by kom brand my gat oorlat ek weggehardloop het.

"Gaan staan en huil solank in die kamer, ek gaan net gou vir moermy haal."



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #7 on: July 03, 2012, 08:56:41 AM »
Pappa het nie juis geslaan nie.  Ek het wel eenkeer 'n paar strepies gekry oor my boudjies toe ek wou saamry en amper onder die bakkie beland het.
Mamma het so baie kindertjies gehad, sy het nie geweet waar om te luister nie.
Nee, ek kan nie onthou of daar ooit 'n vreeslike gedoente was nie.  Die seuns was buite in die veld en bosse en ek het onder die struik gespeel met my poppe.
Miskien hoor ek iets as ek my broer vra om 'n paar staaltjies te vertel. 
Julle leef darem nog almal.. Good.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #8 on: July 04, 2012, 04:13:28 AM »
My ma het nie segoed gehad nie maar sy het 'n KYK gehad wat jou laat wens jy was eerder in die wiskundeklas as by die huis!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #9 on: July 04, 2012, 04:30:34 AM »
Wat 'n mooi uitdrukking Raaitjie.  Boek toe hoor!

My pa het nie geslaan nie, hy het ook daai kyk gehad wat 'n bars kon kyk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #10 on: July 04, 2012, 04:33:13 AM »
Dit is mos die soort wat die ouens beskryf as 'middeldeurkyk'. Sal dit vir jou gaan bewaar in die woordskuur matertjie :book1: :notworthy: wag net dat Willa vir my weer die details aanstuur van my wagwoord ens en lysie van hoe doen ekke wat  :icon_salut:
« Last Edit: July 04, 2012, 04:35:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #11 on: July 04, 2012, 04:40:03 AM »
Willlllaaaaaa!  Kom help matertjie! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #12 on: July 04, 2012, 05:00:33 AM »
Sy het belowe om dit vir my te stuur sodra dinge bietjie makliker gaan in hulle geweste. Ek hou die poskoetsie dop intussen. Neem my gewoonlik 'n rukkie om nuwe dinge baas te raak, so ek moet lysie he van al die hoe's en waar's. Van die os na die jas - Kry ek nou my gereelde gitaarkursus en die opskrif lees: dit is so maklik selfs Homer Simpson sal dit regkry (na tien biere)  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #13 on: July 04, 2012, 10:09:51 AM »
My pragtige 12-snaarkitaar wat ek by WW gekry het, het ok sy 0 gesien.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #14 on: July 05, 2012, 12:18:33 AM »
O neeeeeee  :crybaby2: