Die Biblioteek > Staaltjies uit die ou dae

n-Korte-en-twee-langes-en-n-oproep-uit-die-verlede

(1/3) > >>

adele:
http://www.beeld.com/By/Nuus/n-Korte-en-twee-langes-en-n-oproep-uit-die-verlede-20101126

 :grommit:

PM:
Dit was nou lekker om te lees.  Het sommer baie herinneringe kom wakker maak.  Dankie Adéle.   :love7:

Meraai vannie Baai:
Ons het baie jare gelede die winkeltjie gehad in Schoemanskloof, onder in die vallei, net so paar km na jy Old Joe die standbeeld (as ek reg onthou) verbygegaan het. Deel van die winkel was dan ook die plaaslike sentrale wat ons 'beman' het. Kompleet toegerus met wat hier so kostelik beskryf is. Die ander vroulike sentrale op Machadodorp, was so lief vir Jim Reeves. Nou moet ek eers bieg: Husband no 1 het dwalende oge en ore gehad. As ek ingekom het van die stoorkamer dan snik ou Jim: "Druk jou soetelippies teen die telefoon, in verbeelding is ons tweetjies saam, alleen ...   :sign10:

Soet en bitter was die Korte-en-twee-langes-oproep-uit-die-verlede vir my vanoggend  :`ip2:

JC:
Skuus vir die seer Raaitjie.  Bitter herinneringe uit die verlede het mos maar 'n manier om op die mees onverwagse tye en plekke op te duik.  Hoop jy het dit terug geslaan met 'n plank. 

Meraai vannie Baai:
Ek skuld hom eintlik PM  :toothy4: was dit anders het ek nooit my aardse engel gehad aan my sy. Verruil myse Outop vir niemand!  :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version