Author Topic: Nog 'n grappie  (Read 4782 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Nog 'n grappie
« on: January 18, 2018, 08:08:51 PM »
Koos en sy pel, Jan (wat oorsee studeer by yale) besluit een naweek toe hy kom kuier om te gaan kamp. Hulle het by hulle oord gekom, lekker gebraai, 'n paar doppe gedrink, die tent opgeslaan en toe gaan slaap...


Laat die aand maak Koos vir Jan wakker en vra:
"Hoori Jan, wat sien jy?"
Jan kyk op na die sterre en antwoord:
"Wel, astrologies gesproke sê die sterre vir my dat die duiwel is in Leo.. Teologies sê die sterre vir my dat dit omtrent 3 in die nag is en meteorologies sê die sterre vir my dat more 'n mooi dag gaan wees."

Hy kyk na Koos en vra:
"Nou wat sien jy ou pel?"
Koos: "Wel, prakties gesproke sê die sterre vir my... iemand het ons  tent gesteel!"
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nog 'n grappie
« Reply #1 on: January 19, 2018, 12:22:43 AM »
Amper verstik ek aan my koffie hahahahaha. 

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nog 'n grappie
« Reply #2 on: January 19, 2018, 12:03:50 PM »
My broer het die vakansie na die Kanariese eilande gegaan en hy se hy kon nie een Kanarie daar kry nie. Van daar af is hulle na die Virgin Eilande toe en raai wat...???


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: January 19, 2018, 12:20:22 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nog 'n grappie
« Reply #3 on: January 19, 2018, 12:08:01 PM »
Ek bulder alweer onvroulik  :headbang: :toothy4:

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nog 'n grappie
« Reply #4 on: January 19, 2018, 12:19:53 PM »
Daar is ook nie kanaries op die Virgin eilande nie.  :pottytrain2:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Nog 'n grappie
« Reply #5 on: January 19, 2018, 01:10:37 PM »
 :toothy4:   :toothy4:   ha ha, toe ek wil antwoord, het ek nogal dieselfde gedink .... geeeen kanaries nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n grappie
« Reply #6 on: January 19, 2018, 06:11:02 PM »
Julle is weer heeltemal te slim vir my.  Ek het net mooi meisies gesien.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nog 'n grappie
« Reply #7 on: January 22, 2018, 03:57:13 AM »
Lees ek hierdie ene raak op die gevreetboek:

A man walks into a shoe store and tries on a pair of shoes. "How do they feel?" asks the sales clerk.

"Well they feel a bit tight," replies the man.

The assistant promptly bends down and has a look at the shoes and at the man's feet. "Try pulling the tongue out," the clerk says.

"Well, theyth sthill feelth a bith tighth."

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n grappie
« Reply #8 on: January 22, 2018, 11:46:31 AM »
Kostelik!  'n Mens dink dat dit net Afrikaans is wat so dubbelsinnig kan wees.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Nog 'n grappie
« Reply #9 on: September 11, 2021, 08:31:21 AM »
Die man. Kry die allervreeslikste kopseer.
Dokter se sy gereedskap is te groot, hulle sal helfte moet afsny.
Hy wil nie hiervoor val nie en gaan sien 'n spesialis. Dieselfde diagnose.
Die kopsere raak al erger en hy laat toe maar die operasie doen.
Toe hy uit die hospitaal kom voel hy baie teneergedruk en besluit om homself met nuwe klere te beloon.
Loop daar by die kleremaker in die bokaap in.
Die man gee hom so een kyk op en af en se...
Hmmm. Nommer 44 hemp
Nimmer 10 skoene
102 broek.
Jy is doodreg met die hemp en die skoene maar die broek is nommer 96.
Nee! Nee! Se die kleremaker.
Nommer 96 broek is te klein. Gaan jou gereedskap druk en jou die allervreeslikste kopsere gee.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nog 'n grappie
« Reply #10 on: September 12, 2021, 05:57:08 AM »
O glorie gedorie, as ek nog sneppies kon vassit het ek nou die ene van die apie wat wydsbeen val oor 'n draad en deel van sy manlike anatomie mooi netjies weerskante van die draad in twee skei, gedeel ...

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Nog 'n grappie
« Reply #11 on: September 12, 2021, 07:04:47 AM »
Is g'n woder deesdae se mans dra broeke wat tussen hulle kniege pendulum nie. Oupa se altoos dit lyk of hulle eergister se drolle kerk toe smokkel.
Haai sies... Ga. Wat gaan Ou Dominie se as hy hulle vang?

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n grappie
« Reply #12 on: September 12, 2021, 03:05:36 PM »
Dit laat my aan die nursie dink wat vir die dokter gesê het dat dit 'n vreeslike skande sou wees om die ou se geseendheid af te sny.  Vra sy of hulle nie maar sy bene kon langer maak nie.   :color:
Om te weet is om te verstaan.