Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Re: 'n voorstel

(1/6) > >>

Ah Willa:
Kry ek nou 'n blink gedagte - moet die Afrikaanseforum Woordeboek nie eerder die AfrikaanseForum Woordeskuur heet nie - dis mos meer oorspronklik as woordeboek - en woes het 'n woordeboek - dan weet mense mooi ... Woordeskuur hoort aan die AfrikaanseForum  :coffee2:

Meraai vannie Baai:
Dit sal 'n beter beskrywing wees van wat ons daar bewaar Willa. Dit is beslis nie die soort woordeboeke wat oor die algemeen beskikbaar is nie ne. Ons het 'n mengelmoes van alles en nog wat. Jy kan die voorstel gaan plaas dat ons hoor wat PM en die ander maters dink daarvan.

Ah Willa:
Meraai dis nou hier by voorstelle ... PM en forum familie, wat dink julle?

In plaas van 'n Woordeboek - het ons eerder 'n Woordeskuur?

Dis nie werklik net 'n woord en beteknis of verklaaring nie ...
daar is ook mooi sêgoed, dinkgoed, klagoek, andergoed bewaar  :icon_cheers:

Besides het Woes 'n Woes Woordeboek .. wil ons nou soos hulle klink ... GLAD NIE


 :toothy4:

Ah Willa:
Oom Naas het gepost terwyl ek gesplit en skuif het ... so die post het by die ander hoekie agter gebly :

---------------

Naas
Global Moderator
Melkbaard

K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
   
Re: Wie het hulp nodig?

Op my lekkerste gevry in die skuur... 
Woordskuur is pragtige benaming, dan kan ons die woordjies knus toedraai in die hooi. 






 

Meraai vannie Baai:
Soos wat Naas hom geskryf het 'Woordskuur' klink dit perrrfek Willa! Ons wag nou net vir ons forummoedertjie want dit is haar baba wat naam moet kry.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version