Author Topic: Morning, morning....  (Read 3426 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Morning, morning....
« on: June 07, 2012, 06:39:48 AM »
More, more..
Ons is bedrywig hier vanoggend.
Mag julle 'n pragdag ingaan en uitgaan.
En maak die woorde bymekaar, ons het 'n Boek 2 om vol te pak. 
Ek is nog lady @ leisure en haat elke oomblik daarvan.  :crybaby2:

Lief julle.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Morning, morning....
« Reply #1 on: June 07, 2012, 06:42:58 AM »
Los ek die woordmandjie eers en kom gee gou vir jou drukkie Angelica  :love7:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Morning, morning....
« Reply #2 on: June 07, 2012, 06:45:03 AM »
<<<<<Meraai>>>>>
Drukkie ook vir jou, Meraai.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Morning, morning....
« Reply #3 on: June 07, 2012, 06:46:15 AM »
Grooot groooot voorreg. Ek het nie meer kleinprinsie om te druk nie so ek missss dit! Gelukkig is jy daar  :love7:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Morning, morning....
« Reply #4 on: June 07, 2012, 06:50:33 AM »
Ek soek ook 'n drukkie ... wag hiers ((((((((((Drukkies)))))))))))))   vir julle twee ook :-)

Ai Angelica - dis 'n benoudheid as mens eers weer moet begin - veral in die dae van vandag ... ek dink aan jou en as ek jou kan help soek - laat my weet!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Morning, morning....
« Reply #5 on: June 07, 2012, 06:52:46 AM »
Dankie Willa.
My CV is besig om reggeruk te word.
Sodra ek dit weer kry, sal ek dit vir jou aanstuur dan kan jy kyk.  Reg so?
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Morning, morning....
« Reply #6 on: June 07, 2012, 06:53:55 AM »
100%  en as die lee oomblike te veel word - laat my weet - ek  :toothy4: net vir JanDink - dan is ek af en gaan ons  :coffee2: drink  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Morning, morning....
« Reply #7 on: June 07, 2012, 07:06:05 AM »
Lee oomblikke op hierdie stadium is nie veel nie, net soggens vroeg as Ouma nog kuier met die kussing.
Maar dan skaaf ek aan skriwwels wat ek in Boek 2 wil plaas, FB, lees koerant online en kuier hier.
Ek neem haar daagliks vir 'n stappie.  Al is dit koud, moet ons loop om die bene en die verstand en die longe en die hart aan die gang te hou. Ek self kry ook so vars lug en oefening.
Ons gaan koop die koerant en vars vrugte en groente en eet die heerlikste muffins (bacon & cheese is ons gunsteling en dan is dit date & nut) by M&B. 
Soms het ons niks nodig nie, maar ons loop. Dis 'n groot lekkerte om in die boekwinkels rond te dwaal op soek na boeke in groter skrif en wat sy sal lees.
En sy lees tjop-tjop.  Boek klaar binne twee dae.  Dan vat ons maar weer die breinaalde op en brei NOG 'n serpie.
Tyd dat ons wol koop vir moffies brei. Dis nou nie muffins in Engels nie, ok? Dis mittens. 
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Morning, morning....
« Reply #8 on: June 07, 2012, 07:09:26 AM »
 :icon_study: is gesond vir die verstand

 :walk: is gesond vir die boude

 :triplets: hier kuier is gesond vir die gemoed 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Morning, morning....
« Reply #9 on: June 07, 2012, 12:05:07 PM »
Ek wil nou nie lelik wees nie...  :icon_biggrin:  maar ek is baie bly dat jy tyd het om saam te kuier en net lekker te ontspan, al hou jy nie daarvan nie,   :icon_biggrin:  van die niksdoen bedoel ek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Morning, morning....
« Reply #10 on: May 01, 2016, 11:22:16 PM »
Gewonder tussen watter lyne/verse gaan my 'oor-die-skouer-lesery' my vanoggend laat belanne  :headbang: So baie intussen verander vandat jy ons hier kom groet het Elle. Hoop julle het 'n lekker vakansiedag daardiekant van die aardbol.  Hou julle bekers... ek skink - gaan my 2de koppie boeretroos aanslaan.



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Morning, morning....
« Reply #11 on: May 04, 2016, 07:37:24 PM »
Moet erg frustrerend wees as almal nog drankies drink en jy moet koffie!  (Speel sommer net.)
Om te weet is om te verstaan.