Author Topic: blou gesig aap  (Read 8510 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
blou gesig aap
« on: June 06, 2012, 11:24:54 PM »
Blou gesig aap se maat ,     
kind van alleen loop sonder naat.
deur jou oe sien ek die stomme praat.

Prentjies van baie weet
uitgekalf oor jou gesig soos n legkaart,
oopgele vir diesulkes wat belangstel om te lees

spore wat  gelos is
weg gewaai in die stof,
stik dit droog in jou hoes grof ,
soos daai klip waarop jy sit
blaf jy jou woede uit ….. ‘hond se kind’

praat sal jy altyd sonder stilte wat vir jou le en wag
jou tyd is naby ,soos jou stomp vingers praat
en ek luister , want jy,

blou gesig aap se maat
kind van alleen loop sonder naat
ken my beter as myself… Gve ©

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #1 on: June 07, 2012, 05:44:46 AM »
love die uitdrukking : blaf jy jou woede uit …..

waarvoor staan : Gve ©  - die symbol ken ek - Gve?

Dis 'n mooi gedig, tog boei elke sin my nie ... hier en daar dalk 'n bietjie lang sinne ... ek's nie seker nie

of dalk is dit herhaling van dieselfde woorde/klanke ... ek weet nie presies nie - maar iets bulder my volle aandag weg ...

oh - dalk is dit bloot omdat ek niks geslaap het nie ... wag ek kom lees later weer hoe jy die woede uitblaf!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #2 on: June 07, 2012, 06:10:15 AM »
Gie gie Wêrelde Weg, jou gediggie kielie my binneste!

Ek het so bietjie daarmee gespeel en jou woorde geskommel,alhoewel dit nou seker nie bedoel was vir 'n skommel gedig nie.
Hoop jy sal nie vir my kwaad wees nie ...

Dis wat uit die skommel geskud het:

blou gesig aap

Jou gesig n legkaart
van baie weet prentjies;
blootgelê om gelees te word.

Blou gesig aap se maat,     
alleen loop sonder maat;
jou oë verseker praat!

Spore wat gelos is,
gesaai in die stof -
stik droog, uitgedof.

Blaf jy jou woede uit,
soos daai klip
waarop jy sit:

 ….. ‘hond se kind!’

Praat, sal jy altyd.
Jou tyd is naby
en ek luister, want jy,

blou gesig aap se maat,
alleen loop sonder maat;
ken my beter as myself.

WW©

 :icon_flower:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: blou gesig aap
« Reply #3 on: June 07, 2012, 06:55:48 AM »
Miskien kan Meraai hier raad gee, of PM.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #4 on: June 07, 2012, 07:03:43 AM »
As  :munky2: of WW my nie vermorsel oor ek met sy woorde gespeel het nie ... sal ek ook graag Meraai, PM , Naas, Adele en jouse input wil lees ...

onthou net ek het net met sy woorde gespeel omdat dit my binneste gekielie het - dit was nie 'n voorstel vir hoe die gediggie kan verbeter nie ...

dis amper 'n optel gedig vir my of hoe noem jy dit Meraai :-)

my "kamma-gedig" kan ook sekerlik heelwat geskaaf en verbeter word - so skaaf asb .. dis nou as WW/  :munky2: nie aanstoot neem dat ek
sy gedig opgetel het nie - maar dis sy skuld sy woorde is so mooi dat dit my binniste kielie  :headbang:
« Last Edit: June 07, 2012, 07:06:21 AM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: blou gesig aap
« Reply #5 on: June 07, 2012, 07:21:31 AM »
WW hierdie is een van daardie gedigte wat ek kom lees, weggaan en tob oor wat jy geskryf het. Daar is spasies tussen jou woorde en leestekens, wat jy kan wegneem. Kan jy vir ons dalk meer agtergrond kom skets oor die ontstaan van die gedig groot asb mater?

Willa ek sien jy geniet die skommeling van gedigte  :love7: Dit sal nou nogals 'n oogoopmaker wees as WW vir ons kom beduie wat aanleiding tot sy skepping gegee het, en dan dit wat vir jou aangetrokke tot die gedig laat voel - het te vergelyk!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #6 on: June 07, 2012, 07:29:13 AM »
ek het geen idee of verklaaring wat my so aangryp nie ...
dalk omdat woede so lank binne my geknor het en woede iets is wat ek wel verstaan???

maar ja - ek sal graag wil hoor hoe het die gedig ontstaan en hoekom het hy daaraan geboorte gegee
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #7 on: June 07, 2012, 07:34:22 AM »
ek het nog vraagies - gaan dit so met 'n ander kleur tussen jou lyne deur vra WW :

Blou gesig aap se maat ,     
kind van alleen loop sonder naat.  hoekom sonder naat / hoe is die kind sonder naat - kaalstert?
deur jou oe sien ek die stomme praat.

Prentjies van baie weet
uitgekalf oor jou gesig soos n legkaart,
oopgele vir diesulkes wat belangstel om te lees

spore wat  gelos is
weg gewaai in die stof,
stik dit droog in jou hoes grof ,    hoekom hoes die kind grof?  TB?
soos daai klip waarop jy sit
blaf jy jou woede uit ….. ‘hond se kind’

praat sal jy altyd sonder stilte wat vir jou le en wag  hoekom het hy nie vrede nie?
jou tyd is naby ,soos jou stomp vingers praat   is hy sterwend?
en ek luister , want jy,

blou gesig aap se maat
kind van alleen loop sonder naat
ken my beter as myself… Gve ©  is die blou gesig aap sonder maat, die kind wat loop sonder naat, jy, WW,  jouself?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #8 on: June 07, 2012, 07:36:26 AM »
Ek moet ook bieg - ek het die diggie nou al 10 keer of meer gelees .. en elke keer trek dit my dieper in ...

hierdie gedig leef .. dink dis hoekom dit my binniste kielie ...

elke keer spring iets anders uit die lyne uit en gryp my siel vas ....
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: blou gesig aap
« Reply #9 on: June 07, 2012, 10:54:53 AM »
sjoe ok AWILLA
ek is bly jy of 1 geniet die gedig vreeslik
 of 2 die ritme werk nie so lekker met jou sodat hy verander sal moet word

die ou gediggie is weer in die bitter na nag van die aand geskryf en nie bedenk soos geen van my gedigte is nie
so hy kom reguit van sy ma af so ja daar is BAAAAAAAAIE spasie vir koreksie

ek sal natuurlik die hele struktuur verander want die gedig is net n gedagte sover en dink ek kan die woorde baie beter oordra
om die betekenis meer uit te bring... so....

op vraag waar dit vandaan kom...
ek sien soms goed... heheheh ja ek weet daar is nie pille vir dit nie en soms word mense in kussing bedekte "padded" kamers gesit daarvoor
maar gister aand het die blougesig mens/die/aap  in my gesigvekd gekom en net weer so vinnig verdwyn
maar wat hy agter gelaat het was sy gevoel en doel van hkm hy na my gekom het....

soos ek hom gevoel het het ek hom probeer beskryf en op die einde nadat ek die woorde neergesit het
het ek besef dat hy eintlik elke mens/dier binne hom/ons is wat met die mag van wysheid sit en kennis om n beter plek
vir onsself te skep maar soms wil ons nie luister na ons blougesig aap nie en dan maak hy ons gefrustreerd
soos daai advertensie van chicken licken waar die oranje aap grooter en grooter word

so ja dit is basies wat dit is n blou gesig mens met wysheid en krag van jare se ondervinding wat ons diepere dier soms
wakker maak uit passie en kwaad en vrees ons weet soms wat om te doen maar weet net nie hoe om daaruit te kom nie
so naby en tog so ver.....

hoop0 dit maak meer sin nou ek sal nog skaaf aan die een want ek dink sy ware self is nog nie heel mooi nie

ps WHA(willa) Gve is my geboorte name Gerhard van Eck  :toothy4:








Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: blou gesig aap
« Reply #10 on: June 07, 2012, 10:58:41 AM »
So bly ek kry kans om te lees hoe hierdie woorde geboorte gegee het WW! Dit laat mens diep nadink!! Wanneer ons terug is van verlof DV oor twee weke kom ek beslis loer hoe jy geskuur en skaaf het  :headbang:

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: blou gesig aap
« Reply #11 on: June 07, 2012, 11:02:13 AM »
Oja voor ek vergeet

die naat is n figutiewe woord vir vry wees sonder perke so ja naak en ales wat geen reels het pas by naat...
naat is my opgemaakte woord afkomstig van "draad tou " string vashou wat geknip is ...

die rede hoekom hoes daar is om die verstopping van die keel oor te dra en dit te laat voel hoe die woorde net nie wil uit nie...

daar is nie vrede nie want die aap wil praat en sal nooit ophou praat nie sy vingers is stomp gegrou binne die wat dit nie wil uitlaat nie

enb dan natuurlik die mens wat streef na naatloosheid(vryheid) maar tog nie wil luister na die blougesig aap nie

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: blou gesig aap
« Reply #12 on: June 07, 2012, 01:15:17 PM »
Dink nie dis die ritme van jou gedig nie - eerder die inhoud en moontlikhede wat my so kielie - JOU GEDIG LEWE - min gedigte lewe so op hulse eie!
Dis beslis 'n gedig waarin elkeen hom/haarself kan lees ... en dis dalk wat my so opgewonde het.

GvE - dis nou weer die blond wat onder die rooi slim wil speel - ek kan so stadig wees ... ek dink glad nie aan jou as GvE nie maar altyd as WW ... as ek jou op FB raakloop on GvE dan dink altyd - nou wie is die ou - dan loer ek bietjie rond op jou blad en besef ek - dis die man met woorde en creatiewe hande!!

Naat - is mos ook die gedeelte van die kledingstuk waar jy die twee materiale aanmekaar stuk - dis die dat ek dink jy verwys na dit as sonder klere wees - maar soos jy dit verbuidlik buig die jou prag gedig in nog veel meer moontlikhede in.

ek dink nie pille en padded kamers gaan jou help nie - dit word opgesom in een woord : KREATIEF buite die BOX ... okay ek kan nie tel nie - dis 4 woorde  :angel4:

Ek sal graag jou aanpasings wil sien - dink my eerste komment hier was nog deur die slaap van min slaap ... en toe ek reeds 4/5 keer jou prag gedig gelees het, toe woel dit in my om dit op te tel en te speel ....

Daar is wel hier en daar 'n sin wat my nie boei nie  - wat moontlik te lank is ... maar ek is nie seker nie - kan nie werklik my vinger op die pla-dingetjie sit nie ...

Hier is die sinne wat my so plek plek verloor - maar ek weet eerlik nie regtig hoekom nie - dalk is ek te blond :-)

deur jou oe sien ek die stomme praat.

oopgele vir diesulkes wat belangstel om te lees

praat sal jy altyd sonder stilte wat vir jou le en wag
jou tyd is naby ,soos jou stomp vingers praat
en ek luister , want jy,



my oog-kuier hier honger rond om te sien wat gaan volwasse word uit hierdie prag gedig van jou.
« Last Edit: June 07, 2012, 01:20:09 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: blou gesig aap
« Reply #13 on: June 07, 2012, 01:29:41 PM »
Ek wag ook in spanning om te sien hoe en waar jy geskaaf en skuur het WW.
Dit is 'n diep gedig wat beslis afgerond moet word. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: blou gesig aap
« Reply #14 on: June 07, 2012, 01:50:39 PM »
WW,  skaaf en skuur soos met jou beelde.
Jy behoort deesdae vir ons soete liefdesgedigte op te tower.
elle