Author Topic: Die geelmaan  (Read 6409 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die geelmaan
« Reply #15 on: June 10, 2012, 07:04:41 PM »
Ek is mal oor die nuwe verwerking van jou prag gedig Adele .. ek hoop jy is innie boek - dis 'n pronk stuk hoor
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #16 on: June 20, 2019, 06:28:44 PM »
Ek wag dat die geelmaan
sy kleursel
oor die skurwe water verloor
en luister hoe skemerwinde
deur die dag
se flenters
waai

Laer af
teen die waterkant
speel swartwildebeeste
bok-bok-staan-styf
en verderaan nestel ’n renosterkalf
vir slaapplek teen sy ma se lyf

Bokant die kloof boggom Kees -
diep-waarskuwend
oor rondlopers in die nadernag
en jakkals se kind
vat snuif-snuif die pad 
agter sy nagprooi se spore aan

Ek verwonder my
weer ’n keer
aan die grootse skeppingsharmonie,
wat uur na uur se kringloop
in eeue laat vervloei.

©adéle theron
« Last Edit: June 20, 2019, 06:32:00 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die geelmaan
« Reply #17 on: June 20, 2019, 10:54:24 PM »
Lieffffffff dit. Gou deur al die voorstelle weer gedwaal en jou eindproduk is boektoegehalte mater  :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #18 on: June 21, 2019, 07:23:03 AM »
Dankie liewe lief vriendin  :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die geelmaan
« Reply #19 on: June 28, 2019, 11:44:47 AM »
Weereens 'n pragtige voorbeeld van hoe ons saamspeel in die woordtuin.  Ek is so lus om 'n gedigskool te begin hier in Leeupoort.  Natuurlik ook vir die samesyn.  Dit raak vreeslik eensaam hier. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #20 on: June 28, 2019, 01:15:38 PM »
Wens ek kon Nader gaan bly
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die geelmaan
« Reply #21 on: July 29, 2019, 12:27:51 PM »
Dit sal fantasties wees lief vriendin.  Ek wens al my skrywersvriende kan net hier naby kom woon.  Ek mis julle met oorgawe.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #22 on: July 29, 2019, 12:36:48 PM »
((((((((((((((((( :love7:   :coffee2: :love7:  :coffee2: ))))))))))))))))))))))
adéle  :grommit: