Author Topic: Die geelmaan  (Read 6406 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Die geelmaan
« on: June 06, 2012, 09:11:08 PM »
Ek wag dat die geelmaan
sy kleursel oor die skurwe water verloor
en luister hoe waai stormwinde
die dag se flenters heeltemal uitmekaar.
Skuinsweg af speel
swartwildebeeste bok-bok-staan-styf
terwyl ’n renosterkalf
slaapplek nestel teen ma se lyf.
Bokant die kloof boggom Kees
skemer se waarskuwingsrympie aan
en jakkals se kind vat die pad
na waar sy nagtelike prooi se spore gaan.
Ek verwonder my weer ’n keer
aan die harmonie van die grootse skepping
wat elke uur se minute
met perfekte organisasie laat inskakel.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Die geelmaan
« Reply #1 on: June 06, 2012, 11:00:05 PM »
love die gedig Adele ...
goe gedagte agter die woorde wat n mens trek op nie op te hou nie...

vraag is net kan n mens nie dalk van die sinne afbbreek in kleiner strofes nie?

en dan wat my so bietjie uit gooi is daai laaste "organisasie" woord dit klink so ... wel... georganiseerd in n kunsligende atmosfeer...

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #2 on: June 07, 2012, 05:26:55 AM »
jitte, dankie WW, ek is so bly vir jou woorde. ek het ure gesukkel met daardie laaste woorde...gesoek na die regte woorde, ek probeer die gang van die natuur vasvat, so help asseblief met idees...myne het saam met die son gesak...

ek gaan kyk na strofes... kom later terug

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die geelmaan
« Reply #3 on: June 07, 2012, 06:27:24 AM »
Net 'n voorstel hoor! Adele, dalk moet jy hier en daar leestekens inbring om die leser se oge te laat rus en die pragbeelde wat jou woorde skep, in te kan drink.  Dit is 'n pragtige gedig, voel net of ek nodig het om dit bietjie meer rustig te kan geniet? Dat dit nie voel ons lees 'fast forward' nie.

By organisasie kan jy dalk kringloop of sinoniem van dit gebruik aangesien die leser die beeld kry van tyd wat aanstap dag/nag/seisoene/jare?

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #4 on: June 07, 2012, 06:34:10 AM »
    :icon_scratch:     kringloop kan al werk, gee my 'n idee wat om te soek, dankie Raaitjie, en ek moet strofes skep want die punte is nie genoeg nie...
                                                             :love7:   

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die geelmaan
« Reply #5 on: June 07, 2012, 06:35:49 AM »
Hi Adele,  
Ek het jou stuk geniet!  Seker omdat ek die plek ken en my dit kon voorstel (dit is nou as dit in die park is).
Maar in elk geval, ek het my die hele scenario heerlik geskets.
Ek stem met WW ivm die 'organisasie' alhoewel ek nie my inlaat met uitpluis en regruk van ander se skriwwels nie.
Die 'jakkals se kind vat die pad - na waar sy nagtelike prooi se spore gaan' deel is uitsonderlik, vir my.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die geelmaan
« Reply #6 on: June 07, 2012, 06:43:44 AM »
Ek lief die gedig ...

ek stem met Meraai - ek mis die leesreels .. .. maar ek nie 'n meester soos julle nie - net 'n meester in woording onder julle se vlerke!

Hier's 'n neederige voorstel - maar jy mag dit alles file in file 13 natuurlik


Ek wag dat die geelmaan
sy kleur oor die water verloor.
Ek hoor hoe die stormwinde
die dag uitmekaar waai.

Swartwildebeeste speel
bok-bok-staan-styf.
’n Renosterkalf nestel
slaapplek teen ma se lyf.

Bokant die kloof boggom Kees
skemer se waarskuwingsrympie.
Jakkals se kind vat die pad
agter sy nagprooi se spore gaan.

Ek verwonder my weer hoe
die skepping se harmonie
elke uur se minute
perfek laat inskakel.

© Adéle
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die geelmaan
« Reply #7 on: June 07, 2012, 06:52:18 AM »
Ek lees die strofes ... en dit is nou asof dit net TE styf/geforseerd is vir die beeld wat Adele skep. Vergelyk dit met die plasing wat Angelica nou geplaas het - ons hoort - daar is net soveel inligting aaneen maar tog opgebreek met leestekens. Adele ek hou die erfie dop solank ek nog nie aan't toere is nie. Weet dat jy deur al die geliefde maters se voorstelle gaan sif en jou gedig gaan 'n pronkstuk wees vir iedere oog!!!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die geelmaan
« Reply #8 on: June 07, 2012, 06:56:37 AM »
Ek sien wat jy bedoel Meraai ... nou dat ek dit weer lees - baie formeel en styf .... eintlik klinies en koud - dis seker die nurs in my - waar kan ek my opleiding gaan terug gee?  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #9 on: June 07, 2012, 08:04:34 PM »
Ek wag dat die geelmaan
sy pastel
oor die skurwe water verloor
en luister hoe skemerwinde
deur die dag
se flenters
waai.

Skuinsweg laer af,
teen die waterkant,
speel swartwildebeeste
bok-bok-staan-styf;
daar nestel ’n renosterkalf
vir slaapplek teen sy ma se lyf.

Bokant die kloof boggom Kees;
diep-waarskuwend
verkondig hy die nadernag
en jakkals se kind
vat die pad snuiwend
agter sy nagprooi se spore aan.


Ek verwonder my
weer ’n keer
aan die grootse
skeppingsharmonie,
wat uur na uur se kringloop
in eeue laat vervloei.


 :grommit:
« Last Edit: June 20, 2019, 06:06:30 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Die geelmaan
« Reply #10 on: June 07, 2012, 09:48:07 PM »
"wat uur na uur se kringloop
in eeue laat vervloei.".....

n0oudie is die tipe woorde wat my hare n ligte wortelsontlonting gee... love dit A-dellle



Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die geelmaan
« Reply #11 on: June 08, 2012, 04:37:56 AM »
Toonomkrulplesier mater. Die beelde wat jy geskep het, blywend... tot laaaank na mens ophou lees het  :book1: :icon_salut: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die geelmaan
« Reply #12 on: June 08, 2012, 04:37:53 PM »
Dit is 'n pragtige gedig Adéle.  Ek hou net meer van
Jakkals se kind vat die pad
agter sy nagprooi se spore aan.

Hoe dit jy ookal verkies, dit is pragtig en moet in boek twee wees.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die geelmaan
« Reply #13 on: June 08, 2012, 05:21:26 PM »
dankie julle    :hello:    lieflike mense, dankie WW, jou begin het die deurslag gegee.
sal maar sien, Petra, ek kan nie alles insit nie ...  :toothy4:   

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die geelmaan
« Reply #14 on: June 08, 2012, 05:39:11 PM »
Ag ek weet matertjie, wens ek kon almal se alle werkies insit.  Ons speel gereeld nog 'n nommertjie vir die lotto, wie weet!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.