Author Topic: Ek is beswaard  (Read 19543 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #15 on: June 05, 2012, 03:06:21 PM »
ek het aan hom 'n link gegee ... sal hom kans gee en hom dan amptelik nooi

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #16 on: June 05, 2012, 04:18:37 PM »
O SOPBONE! ... ek het Raaitjie en Adele en PM (Petra Smit) in die groep ingetrek en gese dis jammer ek het nie Naas in my Facebook kring nie ...

ek het gedink Eddie Davey het die groep opreg begin .. en ek het dadelik gedink hy kan met julle hulp doen ... maar woordesteel ... oi oi oi hoe het dit gebeur!

Ek sien ook ander goed behalwe woorde pop daar op ... nooi Eddie hierheen - hy dig ook baie mooi ... en dalk kan die groepie dan liefs toe gemaak word en hy hier help skep by skep nuwe woorde en al ons skeppings mooi in die Woordeboek geplaas word deur Raaitjie wat reeds so hard daaraan werk.

skiesie julle - ek het regtig gedink dis nou 'n goeie groep met 'n goeie ding ...

ek wil nooit niks doen om hierdie forumfamilie seer te maak of skade te berokken nie .. skiesie julle!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #17 on: June 05, 2012, 04:56:32 PM »
Ag nee matertjie, ons het dit nie sleg bedoel nie.  Eddy hoef ook nie sy groepie toe te maak nie, ons kan mekaar net aanvul. 
Jy weet nê, Afrikaners het nou juis die motto van "Eendrag maak mag" soos wat Naas sê, maar van die Voortrekkers se tyd af trek elkeen maar in sy eie rigting.  Elkeen wil haankraai op sy eie mishoop.
Hier op ons forum is ons 'n span en ons werk saam. Ek sou graag wou sien dat elkeen wat 'n bydrae het om te maak, dit ook hier doen.  Elkeen behou tog kopiereg op sy werk en kan dit in soveel bronne plaas as wat hy/sy wil.  Hoe meer blootstelling ons kry hoe beter. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #18 on: June 05, 2012, 05:28:37 PM »
 :icon_biggrin:  ons is maar dwars ja ...

maar ek verstaan nie hoe woorde gesteel is nie ..  dis vir my hartseer .. en as Woes die erkening weg geneem het - shame on them!!

As Raaitjie die woorde hier plaas kan ons dalk probeer help onthou wie die outeur was

ek weet julle bedoel dit nie sleg nie PM ... maar my hart is ook seer as woorde net so gevat word en erkening nie gegee word en nou lyk dit of van die erkening erase is ...

jy en Raaitjie het darem hard gewerk aan die nuwe woorde opraap en gaan bere ...  :crybaby2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #19 on: June 05, 2012, 11:45:26 PM »
Willa mater, Eddie het niks te doen met die name wat afgehaal is by die woorde afdeling nie hoor. Enige iemand mag woorde bewaar en dit is kosbaar!! Hy het ook 'n passie waarmee hy dit aanpak, sien maar as daar woorde opduik wat sy hart steel is dit ook reguit na sy lysie toe  :toothy4:

Ek het plasings gesien daar wat ek weet ons ook al gaan bewaar het en was nuuskierig om te sien of dit dieselfde persone was wat dit vir ons ou boekie van woorde geleen het. Dit is hulle eie woorde en kan dit laat opneem waar hulle ook al voel.  Pure agiegeit wat my terug boekie toe gestuur het, en dit is toe ek agterkom maar daar is nie meer name by die woorde vir erkenning nie  :crybaby2:

Vir my kom ons forum en dit wat ons hier wil bewaar eerste, maar ek is SOOOO dankbaar vir elkeen wat nuwe woorde wil skep en bewaar, en ons gesegdes is kosbaar. Is inteendeel baie opgewonde vir Eddie se part en sal graag wil help waar ek kan om ons wonderlike taal op soveel moontlike plekke te 'bewaar'.

« Last Edit: June 05, 2012, 11:47:53 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #20 on: June 06, 2012, 09:47:49 AM »
Adele die name in die woordeboek wat nie meer beskikbaar is by die alfabetiese volgorde nie, het verdwyn weens die feit dat die uiteensetting van die woordeboek se formaat verander is sonder dat ek daarvan bewus was. Daar was spesiale plekke waar ek altyd 'n lyntjie geplaas het met erkenning aan die skrywers vir die leen van die woord. Nou lyk dit so:

Tuis » Woordeboek » A

Aardsplooie
Posted Mei 12th, 2008 by Meraai vannie baai

Aardsplooie - beskrywende woord vir heuwels.

*Juffrou Gawie vra my vandag wat gaan aan op die woesforum? Gaan loer ek, daar is soveel bollie geplaas by die woordbou afdelings, my mond het oopgehang! Die woordeboek en forum is oorval met Engelse advertensies as kommentaar nogals so ewe.  Ek kry skaam om enige iemand soontoe te verwys. Ons trots het 'n vuilgoedblik geword vir 'fake' advertensies.

« Last Edit: June 06, 2012, 09:51:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #21 on: June 06, 2012, 11:43:02 AM »
Raaitjie, ek het min toegang gehad in Bossanna, maar het tog 'n klomp van die gemors verwyder.
Aan die begin van die week het ek weer daar gaan skoonmaak.  Ek gaan sommer nou gou daarheen hol om te gaan skoonmaak.  Dit is die sisteem wat sommer enige tor daar toelaat.  Ongelukkig gaan dit daar om getalle en nie mense nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #22 on: June 06, 2012, 12:44:06 PM »
maar moet ek nou be... dag wees!!  Hulle kan mos nie net elke janrap en sy maat toe laat om op die woordeboek te werk nie ... dankie tog PM jy kan gaan skoonmaak ... maar dalk moet hulle daarna kyk ... ek verstaan die woes forum is nou helemal stil ... ek was twee drie jaar laas daar ... met Theo se geboorte en die eerste 2 en half jaar was rof ... en toe tyd weer vriendelik word het ek hier kom kuier ... en kan nie daar ook kuier nie .. dis vir my hartseer ...

ons moet asb ons forumfamilie op pas ... moenie dat dit 'n woeste woespad stap nie  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #23 on: June 06, 2012, 01:27:15 PM »
Ek stem saam Willa, ons familie hier is kosbaar. Ek voel vanaand minder beswaard  :toothy4: soos jy gesien het, op 'n klomp van ons bydraes afgekom by die ou forum waar ons heerlik gekuier het rondom die skep van woorde. Sommer ook al die kompetisie woorde ook bewaar. Sal weer moet gaan bedel vir toestemming by sommiges  :icon_bigsmurf:

PM duisend dankies dat jy nog steeds betrokke is daar  :notworthy: Ten minste weet ons dat daar nog waaksame ogie gehou sal word die tye wat jy in die beskawing is. Daar is 'n skatkis van woorde/gesegdes. My hart bons nog steeds (so lekker weer deur ons geskerts gegaan met die her-oes van ons skeppings daar  :love7:
« Last Edit: June 06, 2012, 05:56:14 PM by PM »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #24 on: June 06, 2012, 05:17:56 PM »
Dit is die sisteem wat sommer enige tor daar toelaat.  Ongelukkig gaan dit daar om getalle en nie mense nie. 

geld! mens kan nie mammon saam met enige iets anders dien nie. Willem het 'n wonderlike idee begin deur Afrikaans en Afr skrywers blootstelling te gee waar daar 'n paar jaar gelede glad nie iets was nie, maar hy het goed geweet sy paadjie bank toe gaan met goud geplavei word, en nou maak die skrywers en taal glad nie meer vir hom saak nie. as hy nog maar kieskeurig was wat die adverteerders betref het, maar toe die muntstukke note word....

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #25 on: June 06, 2012, 06:11:58 PM »
Dit is jammer dat geld altyd op die voorgrond is. Ek hoor dat die nuwe digkompetisie nie ver agter die vorige een was, wat ontevredenheid aanbetref nie.  Het iemand dalk 'n bietjie meer inligting?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #26 on: June 06, 2012, 06:21:34 PM »
Geld maak nie alles reg wat krom is nie - dit maak dit wat reg is heel stom .... hartseer!

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #27 on: June 06, 2012, 06:34:28 PM »
ek het van lede op FB gehoor dat van die wenners weereens nie gereelde lede van woes is nie, sommige het geen plasing daar gehad nie, weet nie hoe waar dit is nie want ek het hulle nie gaan opsoek nie.

 :grommit: 
« Last Edit: June 06, 2012, 06:36:37 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #28 on: June 06, 2012, 07:02:38 PM »
verlede jaar se weners was ook onbekend .... die kompetisie is wel oop vir almal of jy woes lid is al dan nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek is beswaard
« Reply #29 on: June 06, 2012, 10:01:26 PM »
As jy oor die woeskompetisies dink is dit 'n geval van dejavue (spelling)?  Dieselle ou storie oor en oor. Die girl wat 'n wengedig het, het haarself Maartmaand geban. Ek het nogal heel teen my aard, 'n bitsige koebaai by die skrywe gelos. Later het my gewete gepla en het ek amptelik om verskoning gaan vra. Gaan kyk - haar kommentaar is nog daar. Die skrywe van haar kant af is egter verwyder en nou kraai g'n haan daarna nie.

Vonnie het ons almal so aangepor en gemotiveer om tog deel te neem. Na rede wou sy nie luister as ons haar gewaarsku het nie. Na die kompetisie het sy duidelik haar misnoeë uitgespreek. Sy is oor die vingers getik en toe begin sy die wenbydraers "interview". Iets moes egter weer gebeur het, want gister kry ons 'n e-pos van haar. Gelukkig lees ek dit toe gou met my foon - weer 'n ongerymdheid en ongelukkigheid op die lappe gebring. Sy skryf nogals dat die betrokke skrywe haar seker van woes sal laat verdwyn en so by my kool! Gisteraand is Vonnie weg soos krismis se wyn.

Ek het myself van woesforum verwyder vanmiddag en al my skrywes van Woes. Ek weet dis nog op hul databasis, maar ek gaan dit 'n rukkie so los. Ek voel myself egter nie meer deel van woes nie en ek twyfel of enige woesfunksie vir Gawelina weer sal sien.